Charon

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

 

Charon

 

hoe sal mý uitvaart wees

wie se trane sal my begelei

die grond sagmaak en voorberei?

 

my vrymaak van die donkervrees

my vashou en verwarm

’n laaste keer omarm

 

’n laaste aandmaal met my deel

’n schubert cd vir my speel

 

en wie sal nog my verse lees?

 

                                     vuurklip

                                     6 april 2004

                                     “The invasion of the barbarians

1 antwoord op Charon

  1. Jis Oom … pragtig … ek het al ook gewonder oor die ‘vrae’ …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.