Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

2009 se laaste sononder!

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Mag jy ‘n voorspoedige nuwejaar belewe!

Lesse om te leer.

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Lees nou aan een van my Kersgekenke

Sommer vroeg kom ek op die volgende af:

In Galileo’s time, professors of philosophy and theology – the subjects were inseperable – produced grand discourses on the nature of reality, the structure of the universe, and the way the world works, all based on sophisticated metaphysical arguments. Meanwhile, Galileo measured how fast balls roll down inclined planes. How mundane! Galileo’s investigations were clear and precise. The old metaphysics never progressed, while Galileo’s work bore abundant, and at length spectacular fruit. Galileo too cared about the big questions, but he realized that getting genuine answers requires patience and humility before the facts.

That lesson remains valid and relevant today.“

Die sleutel frases hier is “The old metaphysics never progressed” en “humility before the facts”

Dit is lesse wat die aardverwarming-gelowiges en sommige ander gelowiges gerus ter harte kan neem – maar sál hulle?

Kerk en Staat

Desember 30, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend in Die Burger: Christina Landman pleit vir die “saamstap van Kerk en Staat”.

Dit is myns insiens ‘n gevaarlike sentiment – ‘n wens wat jy liewer moet hoop dat dit nie waar word nie. Watter kerk wil sy hê? Sekerlik nie die een wat nog vroue stenig en mense se hande/voete afkap nie.

Nader aan huis het ons geestelikes en politieke leiers (sal nie name noem nie) wat gays nie kan verduur nie.

Nóg nader aan die bors is die kerk wat hom besig hou met voorhuwelikse seks – en of vroue in die bediening mag wees.

Daar is reële gevare wat ons demokrasie bedreig en waarteen kerke hulle lidmate behoort te mobiliseer. Ek moet die professor darem krediet gee dat sy van die kerke vra om sake soos armoede, hospitale, gays, tronke, ens. met die Staat op te neem.

Foto

Climategate V

Desember 29, 2009 in Sonder kategorie

Soos jy teen die tyd al weet, is East Anglia Universiteit ‘n voorste outoriteit mbt Global Warming. (Asook ‘n voorste data manipuleerder!)

Maar kyk bietjie na een van hulle senior navorsers (Dr David Viner) se winterweer voorspelling vir Brittanje. Let op dat hierdie voorspelling uit die jaar 2000 dateer.

Viner sê:

Britain’s winter ends tomorrow with further indications of a striking environmental change: snow is starting to disappear from our lives.

en:

Children just aren’t going to know what snow is

Lees die berig.

Hier is ‘n foto wat sy voorspelling bevestig! Twintig duim aardverwarming het in die Suid-Ooste van Engeland geval.

Meer foto’s.

Lettersmash – die bandwydtevraat

Desember 29, 2009 in Sonder kategorie

Het jy opgemerk hoe besig is die “status bar” onder aan jou browser terwyl Lettersmash laai? Buiten die blog self, maak Smash konneksies na, onder meer:

cdn

google-analytics

double-click

imrworldwide

Bogenoemde is instansies se beskrywing is slegs deel van die teks wat in die “status bar” verskyn – dit flits te vinnig verby om volledig op te vang. Daar is dalk nog meer instansies.

En dit alles ten koste van jóú bandwydte!

Wie moet ons bedank?

Tobie en kroos.

Desember 24, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend raakgeloop tussen Simonstad en Vishoek – Ma en twee kuikens.

Tobies is nie meer skaars hier rond nie, maar vir ons was die kuikens ‘n eerste!

Vreugdevolle feesgety met messe!

Desember 24, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend se voorblad! Feesgety met messe!

Climategate IV

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Uiteindelik!

Die goeie nuus:
Die Burger van 23 Desember 2009 het uitendelik ‘n artikel wat na die Climategate skandaal verwys. Die stuk is deur Marida Fitzpatrick. (Die liewe Burger se werf steek die artikel weg, maar julle kan dit hier in Beeld lees).

Die slegte nuus:
Die artikel is ‘n sprekende voorbeeld van die gebrek aan ondersoekende joernalistiek m.b.t. Klimaat in die algemeen en Climategate in die besonder.

My kritiek:
Dalk het Me. Fitzpatrick die nodige navorsing gedoen en die onthullings behoorlik ondersoek. Maar in die artikel stel sy ‘n aantal akademici en weerburo mense aan die woord – sy laat hulle ongehinderd hulle sê sê sonder om die moeilike en indringende vrae te stel.

Die ou holruggeryde uitsprake word weer aangebied asof daar geen ander interpretasies moontlik is nie. CO2, CO2, CO2, stygende seevlak, gletsers, seeys, ens., ens.

Ek sou wou sien hoe hulle die belangrikste onthullings van Climategate aanspreek:

  • Manipulasie van data om ‘n punt te “bewys”.
  • Verdoeseling van data wat nie hulle gevolgtrekkings ondersteun nie (Middeleeuse Warm Periode, Klein Ystydperk, boomring statistieke).
  • Manipulasie van die “Peer Review” proses om te verseker dat opponerende artikels nie die lig sien nie.
  • Uitwerk van redakteurs wat opponerende atrikels publiseer.
  • Vernietiging van data.
  • Terughouding van data sodat navorsing resultate nie nagegaan of gereproduseer kan word nie.
  • Manipulering van IPCC verslae deur opponerende standpunte uit verslae te verwyder (Ben Santer).
  • Rekenaarprogramme van twyfelagtige gehalte en doelbewuste “fudge factors” om gewenste resultate te lewer.
  • Druk op ‘n tydskrif se redaksie om te verseker dat die gelowiges se standpunt tegelykertyd met opponerende standpunte verskyn en dat hulle die laaste woord mag spreek.
  • En sekerlik die mees berugte insident: “Applying Mike’s nature trick to hide the decline”.

Ek moet beklemtoon dat die outentisiteit van die bron (Eposse en ander data) nie betwis word nie. Die hoof van die betrokke departement van die University of East Anglia het intussen opsy gestaan terwyl ‘n ondersoek onderweg is).

Climategate III

Desember 20, 2009 in Sonder kategorie

Hierdie aflewering gaan nie oor data manupilasie nie, maar oor die beheer wat uitgeoefen word oor publikasie van inligting – spesifiek by Wikipedia.

Dit blyk nou dat ene William Connolley beheer gehad het oor dit wat in Wikipedia verskyn het ten opsigte van klimaat verwante artikels. Connolley is een van die stigters van die web werf Real Climate – ‘n entoesiastiese voorstander van klimaat bangmaakstorie.

Gedurende die tyd wat hy daardie magte by Wikipedia gehad het, het hy meer as 5400 artikels geskep, aangepas of herskryf. As ‘n sogenaamde “website administrator” het hy meer as 500 artikels verwyder. En dis nie al nie. Waar ander skrywers nie sy agenda gevolg het nie, is hulle summier geblokkeer om artikels te plaas. So is meer as 2000 skrywers geblokkeer.

Hy het, onder andere die artikels oor die “Little Ice Age” en die “Middle Ages Warm Period”  verwyder.

Maar, waar skrywers die geloof getrou verkondig het, is hulle met ope arms verwelkom.

Op hierdie wyse is Wikipedia gekaap om die ideologie van AGW (Mensgemaakte Aardverwarming) uit te dra.

Gelukkig is Connolley nou verban – a.g.v. oortredings wat nie met klimaat verband het nie.

Intussen het die stukke oor die “Little Ice Age” en die “Middle Ages Warm Period” weer verskyn.

Hier volg ‘n uittreksel van die artikel waarin Connolley se shenanigans blootgelê word:

Connolley is not only a big shot on Wikipedia, he’s a big shot at Wikipedia — an Administrator with unusual editorial clout. Using that clout, this 40-something scientist of minor relevance gets to tear down scientists of great accomplishment. Because Wikipedia has become the single biggest reference source in the world, and global warming is one of the most sought after subjects, the ability to control information on Wikipedia by taking down authoritative scientists is no trifling matter.

One such scientist is Fred Singer, the First Director of the U.S. National Weather Satellite Service, the recipient of a White House commendation for his early design of space satellites; the recipient of a NASA commendation for research on particle clouds — in short, a scientist with dazzling achievements who is everything Connolley is not. Under Connolley’s supervision, Singer is relentlessly smeared, and has been for years, as a kook who believes in Martians and a hack in the pay of the oil industry. When a smear is inadequate, or when a fair-minded Wikipedian tries to correct a smear, Connolley and his cohorts are there to widen the smear or remove the correction, often rebuking the Wikipedian in the process.

Hier is onse Bob:

Al Gore se Kersgeskenk!

Desember 19, 2009 in Sonder kategorie

Come all ye faithful en sing saam: