Matematikus

Mei 14, 2009 in Sonder kategorie


Matematikus

Die prosaïese, eendimensionele

reguit lyn is net van belang vir ‘n

uitgelese groepie  matematici of

dalk  ‘n  eensame  reisiger  van

punt A na punt B.

Maar die kurwes,

die halfrond,

die volle sirkel,

die parabool,

die hiperbool …

Elkeen vind volmaakte

vorm in jou lyf

as ek met oë
toe,
en honger hande,

die wiskunde bedryf.

                      vuurklip

Skildery: Picasso

http://www.nationalgalleries.org/media/source/pop__group_of_female_nudes.jpg

20 antwoorde op Matematikus

  1. vuurklip het gesê op Mei 14, 2009

    jou KWAAK
    maak SAAK!

    danki

  2. Sanseveria het gesê op Mei 15, 2009

    Vandag het jy die klip gebeitel dat die vonke spat. Wow.

  3. hutton het gesê op Mei 15, 2009

    😉

  4. Pragtig Vuurklip, tien uit tien vir jou!

  5. perskepit het gesê op Mei 15, 2009

    Ek hou daarvan. Uitstekend!

  6. boerseun1 het gesê op Mei 15, 2009

    Stem saam, daar moet darem iets wees om aan te vat. Kurwes is goed maar te groot met golfies is ook nie reg nie. Groete

  7. pasella het gesê op Mei 15, 2009

    Die kurwes, die kurwes! Baie netjies saamgevat!

  8. Poppiekreer het gesê op Mei 16, 2009

    Pragtig! Ek kom nou eers op jou blog af danksy jou kommentaar op myne. Ek dink jy het ‘n baie nice blog hoor!

  9. neirac het gesê op Mei 20, 2009

    I like! Miskien omdat ek al so baie die logiese, wiskundige, engineer tipe gedate het. Wat hulle nie vir jou in woorde kan sê nie, doen hulle met die hande, die lyf, die………..

    Maar dis regtig mooi!

  10. Lulu09 het gesê op Augustus 24, 2009

    LOL. I like it

  11. Dankie, Carien – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  12. 🙂

  13. Dankie, Pops – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  14. Dankie, LM – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  15. Netso! Lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  16. Dankie, Pitjie – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  17. Dankie, 2ling – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  18. :-))

  19. Toemaar ek het kommentare gehad wat ver terug dateer!

  20. Stunning, Vuurklip. En dan se mense kuns en wetenskap het niks in gemeen nie… 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.