Argo

November 19, 2008 in Sonder kategorie




Argo

Ons is op ‘n eensame vaart

‘n Skip met seile, hoë maste

En ‘n wye dek,

Op reis na ‘n verre strand.

Niks kan ons reis vertraag,

Steeds bly ons voor die wind,

Die stuurman aan die roer

Hou koers met vaste hand.

Die roete word bepaal

Met kaart, kompas en sekstant,

Met die Son en die Maan

En die Suiderkruis se stand.

Die eindpunt reeds vasgestel

By die lê van die kiel

En die sny van die eerste plank.

vuurklip

19 Nov 2008

1 antwoord op Argo

  1. Ceara het gesê op November 26, 2008

    Vuurklip ek is so bly om jou terug te sien.. ek hoop jy blog weer meer gereeld, ons het jou gemis.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.