restant

Augustus 27, 2008 in Sonder kategorie

restant
 
woorde het swaar gelê
toe
tussen ons op die strand
 
nuwe golwe breek
nou
oor ander spore op die strand
 
ek voel nog die warmte
van jou hand
die streling van jou lippe
 
maar met die wakkerskrik
is daar net die nanagkilte
en in my skoene
‘n bietjie sand.
             Joop Dullaart

Hennie Aucamp :
   wat bly oor van soene?
 
Bertholdt Brecht : 
   Wo sind die Tränen von gestern Abend,
   Wo ist der Schnee vom vergangenen Jahr?
      (Nanna’s Lied)

1 antwoord op restant

  1. Mooi gesê.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.