Grafskrif

Augustus 21, 2008 in Sonder kategorie

was

die kers se was
verteer totaal
tot waterdamp
en koolsuurgas

en na die tyd
weet niemand meer
dat eens ‘n kers
met lig hier was 

          Joop Dullaart

          26 desember 1994
          tweedekersdag 
 

Foto:
http://www.flickr.com/search/?q=candle

2 antwoorde op Grafskrif

  1. Vuurklip: dankie vir jou ligte irritasies. Ek weet presies wat jy bedoel. Ek het self altyd jou kleiner font gebruik, want dit was netjies en my “bloemlesing” was netjieser met dit. Toe skryf iemand eendag vir my dat dit vir hulle oê feitlik ontleesbaar is en vra dat ek groter fonts skryf. Miskien moet ek ‘n meningpeiling doen. Wat dink jy?

  2. sprokie het gesê op Augustus 27, 2008

    Dankie, kan nie onthou wanneer laas ek gedigte gelees het vir plesier nie. Het dit baie geniet!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.