Ligte irritasies

Augustus 20, 2008 in Sonder kategorie

Ek is maar ‘n ongeduldige mens en besig daarby – die dag het net te min ure om by alles uit te kom.

Een van die tydvreters is om blogs te lees – daar is ‘n paar bloggewoontes wat maak dat dit moeilik leesbaar is – en dan skiep ek dit maar.

Hier is my lys van irritasies:

  1. Groot fonts (enige iets groter as normal is te groot) – dit neem langer om te lees.
  2. Dubbel spasies tussen lyne – waar ek met een opslag kon lees moet nou rol en rol en rol en … 
  3. Oormatige gebruik van kleure – maak my oë moeg
  4. Teks wat regs van die bladsy af skroll – dan moet ek heen en weer en heen en weer en …
  5. Alles in bold of hoofletters of selfs albei!

Sugggg

4 antwoorde op Ligte irritasies

  1. abrham het gesê op Augustus 20, 2008

    dalk sal jy belangstel om van jou werk ook op die forum te plaas

    http://leeskring.lefora.com/forum/

  2. Irritasies maar ons kan ook nie ophou lees nie, of hoe?

    Ek het lekker by jou gekuier.

  3. Zeelia het gesê op Augustus 21, 2008

    Sugggg….. wat moet ons oumense maak wat nie meer die ‘kleinskrif’ kan lees nie vuurklip?? Sal vorentoe probeer kleiner font gebruik en die groter brille dra… 🙂

  4. Ek kan net nie die kleiner skrif lees nie.
    My oge traan.
    Stem saam met daai teks wat van die bladsy af skroll!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.