Kerberos

Julie 31, 2008 in Sonder kategorie


Kerberos

die swart hond snuif
koppig aan my skene
die blink van sy oë
weerkaats in my ruite

op hoë honger bene
en asem
wat na ou vleis stink
hou hy wag daarbuite

wag hy dat ek uit moet kom
en uitkom is ‘n moet
want ek sal netnou voor moet gaan
in eie lanferstoet.

        Joop Dullaart 20 Des 2004

2 antwoorde op Kerberos

  1. abrham het gesê op Augustus 1, 2008

    stunning,gelukkig kan ons hom aan die saap sus

  2. ezile het gesê op Augustus 1, 2008

    Dankie dat jy by my kom inloer het. Kerberos was nog altyd een van my gunsteling mitologiese karakters (diere?). Ek hou baie van jou gedig en ander skrywes. Die foto/prent wat jy hier gebruik is darem maar lekker onheilspellend. Ek sal beslis weer kom lees – ek is so bly nog ‘n digter het sy intrek hier in Blogland geneem. Welkom!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.