Herinnering

Julie 30, 2008 in Sonder kategorie

 
Geologie

Uit die oervuur van Prometeus
kristalliseer kontinente,
verrys berge,
verdiep valleie.
Hooglande verweer
om in nuwe seë
as sedimente te hergroepeer
wat laag op laag versteen
en so herinnering
vir ewig preserveer.

        Joop Dullaart 20 Des 2007

3 antwoorde op Herinnering

  1. anskrige het gesê op Julie 30, 2008

    welkom eersten in blogland.
    Geologie: lieflike gedig oor wonderbare skeppinge. My middelseun (my second born, tradisioneel gesproke) was van die ouederdom van 3 gefassineer daarmee. Vir sy 4de verjaarsdag het hy ‘n hamer, plastiekbrille en ‘n bak met sunlight bestel (o ja, en staalwol). Want hy wou klippe breek en was sodat hy kon sien hoe hulle binne lyk…
    Hou van wat jy praat: wys vir vroulief my baba!

  2. vuurklip het gesê op Julie 30, 2008

    Liz: Dankie vir die verwelkoming en die kompliment.

    Maar o, NEE, ons het genoeg kinners, honde, katte, marmotte en hamsters grootgemaak.

    Genôg is genôg!

  3. Ceara het gesê op Julie 31, 2008

    Goeie gedig, ek hou baie hiervan, Dis omtrent die enigste manier waarop herhinnering inderdaad vir ewig preserveer word.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.