Wie is stupit?

Julie 26, 2008 in Sonder kategorie

Wie is stupit – net ek of die wêreld?

Vanaand (Saterdag 26 Julie 2008) se 8-uur movie op e.tv:

The league of Extraordinary Gentlemen

Hoe kan ‘n suksesvolle akteur soos Sean Connery homself met sulke nonsens inlaat? Hy kan tog nie nóg dommer as ek wees nie? En selfs ek kan insien watter bog hier opgedis word as “vermaak”.

Ongelukkig kan ek nie die hele verhaal hier opsom nie – het net die eerste paar minute gesien.

Die verhaal begin in 1899 (ja, toe die Ingelse Oorlog hier uitgebreek het!). Connery is Alan Quatermain (Rider draai in sy graf om) en hy word saam met Captain Nemo (Jules spin ook) asook die Invisible Man (HG dolwe seker ook die grond om – die begraafplaas lyk seker soos ‘n bouperseel) gewerf om ‘n dreigende oorlog teen die Duitsers te voorkom.

Nou waar de hel was die spul net ‘n paar jaar later in 1914?

Swak Piketberg!

2 antwoorde op Wie is stupit?

  1. ‘n Briljante Engelse prent wat ek onlangs gesien het was Freebird…dem goed…

  2. Vetjan het gesê op Julie 27, 2008

    Vuurklip, gaan kyk die nuwe Batman fliek. Heath Ledger is briljant as Joker..selfs beter as Nicholson. Jammer die ou het gaan staan en OD op pille en goed.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.