Profile photo of VozSola

by

Laagmenslikheid

Augustus 13, 2014 in Uncategorized

Ongelooflik hoe die mensdom in sy emosionele en intelektuele status as die koning op aarde, so uiters laagmenslik kan optree!

As daar wel sin in hierdie waansinnige lewe van ons is, is ons werklik te onintellegent om dit ooit raak te sien en te beleef. Indien alles in hierdie lewe wel rede het…is ons tè mens om dit te waardeer. Indien alles wat is, reeds was en niks regtig nuut is nie, is ons regtig te dom om te leer? Of lewe ons met ‘n afwesige sin van werklikheid…dat ons nou-net vergeet het wat ons sopas geleer het? Ervaar het? Geweet het? Selfs om te vergeet wie ons is?

Wysheid, insig en kennis is net mooi woorde op papier. Dis al.

Ons vergeet onmiddelik dat sulke dinge wel diep binne ons bestaan…want ons het vergeet om te onthou dat alles in werklikheid wel ‘n antwoord het…en dat alle vrae al lank reeds gevra is…en die antwoord reeds gegee is…

Met vastrap plek soek in die afdraende wêreld van spoed…het ons vergeet dat tyd soms kan stilstaan solank as jy wil hê dit moet… maar tyd kan nie gejaag word nie.

Maar tyd kan stilstaan…as jy wil onthou.

Is dit nie ironies dat “justice for one” glad nie meer “justice for all” is nie. Een se moord, nie meer dieselfde is as ‘n ander se dood nie? Hoekom is dit so? Want…

…lees maar weer my eerste sin…

Dis al.

En al dus.

7 antwoorde op Laagmenslikheid

  1. tina10 het gesê op Augustus 13, 2014

    Mense se waardestelsel het verander… of het dit?… ek weet ook nie

  2. Die mens se instinktiewe drang om voortbestaan ten alle koste,steek gereeld kop uit en veroorsaak juis sulke gedrag.Dis hartseer.Goeie skrywe!

  3. tlr het gesê op Augustus 14, 2014

    Dankie, jy laat my altyd dink.
    “sin in hierdie waansinnige lewe” Interessante woordspeling!

    Ek glo nogals sommige mense is te “dom om te leer”. Ek kan met “cope” met iemand wat sukkel met logika, maar ek kan nie “cope” met iemand wat nieteenstaande verskei riglyne, keer na keer, steeds nie wil leer nie, hulle sien hulle druk die verkeerde knoppies maar gaan voort… Dis net sommer om “domastrant” te wees, hardkoppig, “entitled”. Ons doen want ons kan. Ek dink persoonlik “entitlement” is die siekte van die dag, wel…een van die siektes. Ons parkeer waar ons wil, want ons kan. Ons lewer kak comments orals, sonder om te dink, want ons kan… “we’re entitled” to it. Ek haat eintlik facebook, dit werp soms ‘n lig op die “laagmenslikheid” waarvan jy praat. Ek dink hierdie nuwe wereld van sogenaamde “sosiale media”…sosiale drek… leer ons om “menslik” te wees op ‘n afstand, “we care because we can like'”‘ …met die illusie van anonimiteit in die agterkop. Entitlement …selfgesentreerdheid, daars nie ruimte om te sien iemand sukkel nie, net solank as wat ons die “like” en die “share” druk, dan was ons mos “sosiaal”?
    (Ek raak bietjie wyd met topics in my eie kak comment hier, maar ons sal hierdie moet deurtrap oor koffie 😉 …long time overdue! Kan nie wag vir die volgende MOB met ‘n britse besoeker nie, kan ons!)

    • @lines

      Haai dis amper asof jy issues het – so amper asof jy probeer het om ‘n vark te leer sing, en hy wou nie…

      “It is a futile task to attempt to teach a pig to sing – it is doomed to failure, and it irritates the pig!”

      *grin*

    • VozSola het gesê op Augustus 27, 2014

      Hi boet,
      Ja-nee…ekke het jou lekker laat dink.
      en jy is reg…
      en…ek dink ons moet in Kenya gaan koffie…hier is te min koffie vir hierdie soort van debate oor hierdie soort van onderwerpe…
      (wanneer kom die wannabee brit weer brille wys?)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.