Profile photo of VozSola

by

Die Skurweberg het een helse draai…

Julie 17, 2014 in Uncategorized

 

… ongeag of jy dit verwag of nie… jy staan ‘n tien uit tien kans om een of ander tyd nie daardie draai te maak nie…en ploeter jy en jouself julle in jul moer in… afgrond af… af… en dit kan jare duur voor iemand die onderdraai omry en opkyk om te sien waar jou siel ten gronde geloop het.

So loop almal die gevaar om ook om ‘n draai skielik van die pad te loop. Min gee om. Niemand stop meer om hulp aan te bied nie. Dit is te gevaarlik – want jy word emosioneel bloodgestel… en niemand het meer die krag en tyd en stamina om ander te help nie. Sulke soort van charity begins at home…and ends at home…sommige het moerse groot huise en neem hulle ‘n leeftyd en langer om hul-self te help. Om emosioneel alles te bemeester in hierdie oerwoud van ‘n fok-omgee…vir jou, en jou, en julle en sommer vir myself ook, aan ons bied.

Hoe doen ons dit? Hoe gee ons bloot nie om nie? Is dit moonlik? Is dit regtig moonlik om nie deur gebeure in onse wêreld geraak te word nie? Loop ons maar almal stroomop in ‘daai-nyl’ rivier? Wat het ons so absoluut gehard gemaak? Waar lê die crux van hierdie soort van afgestompte mentaliteit? Het ons ‘n fout in die najaag van ons eie evolusie gemaak? Het ons die skakel gemis? Het ons dalk inderdaad die werklikheid van die lewe gemis?

Nes Dr Frankl ook in die mees onwerklike omstandighede die werklikheid begin bevraagteken het…wonder ek of hy regtig by ‘n regte antwoord uitgekom het… Net soos Jonker ook in haar eie onwerklikheid eerder besluit het om haar werklikheid na te jaag…en diegene wat dit dalk kon verstaan en hoe om die totale onwerklikheid te kon aanvaar… is totaal onwerklik uit die lewe geneem…en dit het vir ons hul werklikheid geword. Dit is al wat hulle agtergelaat het.

Soms kom jaag gedagtes jou in jou drome, meestal sonder antwoorde… soms steek jy vas by ‘n sin wat jy êrens in ‘n boek raakgelees het, net soos ek vroeër die week gelees het… “There is nothing in this world smaller than a closed mind” Dit het my in my drome kom jaag… die rakke van my kreukelkamers deursoek en uitgegooi…net soos daai ou se brein in “The dreamcatcher” Is dit nie ironies dat dit gewoonlik die random dinge is wat die grootste impak op ‘n mens los nie?

Dit is om soos vroeër vanaand skielik die eerste krieke te hoor in maande? Dit gooi mens se gedagtes skeilik uit ritme… dit is koud buite..en die krieke sing… Wat het ek gemis? Is somer dan om die draai? Of is daar ‘n vreemde natuur verskynsel oppad? ‘n Ramp? Of het Meneer Gore se warm-maak-teorie dalk werklik ‘n mussie gekry? Of is die bloot die onwerklikheid van krieke se sang in die middel van winter wat te duidelik en te onverwags ‘n werklikheid geword het?

Dit is duidelik dat my waarheid en my werklikheid vir ander ‘n totale onverstaanbare onwerklikheid is, en steeds bevraagteken hulle my sanity binne my werklikheid. En ek staan hul nie teen nie…want hul ongeloof in my waarheid is vir my ook ‘n onwerklikheid wat soos kakiebos in my hart groei en oorgroei en verdruk…soos my gees en siel se waarheid vir hulle soos ‘n spook wandel deur die gange van hulle ongeloof…

Het Eugene ook nie juis die onwerklikheid van die siel van die mier in ‘n ander soort van werklikheid aan ons probeer verklaar nie…en toe sy siel self in morfien vir ons begrawe.

Het die geskiedenis van onse eie land se leiers ons nie deur die dekades hul onwerklike werklikheid op aan afgedwing nie? Doen ons se huidige leiers dit steeds nie? Nie net in SA nie, maar wêreldwyd! Of jy nou dink dit is daadwerklik die werk van geheime agente of dalk steeds net die ooms om die ronde tafel agter die skarlanken-ingebloeide gordyn soos elk hul hande afvee voor hul aan daardie tafel gaan sit…of dalk die oom my sy skarlaken oorpak…en ‘boots’ sodat hy nie sy tone teen die menige klein klippies kan stamp nie…

Wie weet? Wie sal regtig weet?

Is dit omdat dit so totaal onwerklik is dat iemand so belangrik op ‘n onwerklike brutale wyse moes sterf, om my waarheid ‘n vrye werklikheid te maak. Net soos joune?

And then another plane went down… en iemand anders het sopas daai draai gemis…. en ‘n  ander een het sy mind gesluit…

Groetnis

Sue

(Ja, daar is regte ‘n helse draai op daardie bergpas…die mooi pad tussen Machadodorp en Badplaas – die wat weet, slaak gewoonlik van verligting en kan nie help om na die onderdraai op te kyk en te sien watter ysterlyke daar begrawe lê nie)

6 antwoorde op Die Skurweberg het een helse draai…

  1. tina10 het gesê op Julie 18, 2014

    Elke mens het op die einde ‘n verantwoordelikheid

    • tlr het gesê op Julie 24, 2014

      Loutere snert wat glad nie iets met die inskrywing te doen het nie.
      Het ons die selfde stuk gelees @tina10?
      Eish…
      In elk geval. Ons word vry gebore en gaan vry dood, tussenin skep ons ons eie verantwoordelikhede en plaas ander sekere “verantwoordelikhede” op ons (Dankie Sue ;)). Tot by watter “einde” het ons ‘n verantwoordelikheid? Einde van die pad, lewe, huwelik, vakansie, belastingjaar? Wat as iemand nie ‘n huwelik het nie, het hy dan nie “‘n verantwoordelikheid” nie.
      Is die “verantwoordelikheid” in enkelvoud per se, of is daar “verantwoordelikhede” ook?
      Verantwoordelikhede is blotes “keuses” uit ‘n suiwer filosofiese oogpunt, moenie “verantwoordelikheid” altyd met die persepsie van noodsaaklike aksies verwar nie.

  2. tlr het gesê op Julie 24, 2014

    Sue, soos ek netnou gese het, hierdie griffel is inderdaad ‘n mondvol. Maar ek dink ek het Phillip se koffie nodig om ‘n meer sinvolle bydra tot hierdie te kan lewer 😉 Hoe klink dit? Ons het darem nog nie die “draai gemis nie” ne!
    Uitstekende skrywe. het dit al ‘n paar kaar gelees, elke keer sien ek nog ietsie!

    • VozSola het gesê op Julie 24, 2014

      Hi Jy,
      Dankie!
      Jip, die hele wêreld kan doen met Phillip se koffie….anytime!
      Dankie vir die kompliment oor die skrwye…waardeer dit opreg.
      Soos jy hierbo aan Tina geantwoord het…ek dink jy lees baie raak…en tussen in ook.
      Daar is altyd ‘n werklikheid en onwerklikheid vir ieder en elk van ons…verantwoordelikheid
      is nie ‘n werklikheid of onwerklikheid nie… dit is inderdaad ‘n keuse wat jy gebruik
      om vir jouself ‘n vals werklikheid te skep…en die res van die wêreld staar hulself blind
      in die juiste geregtigheid bloot vir die sin vir ‘verantwoordlikheid’ hoewel dit eintlik
      oor die werklikheid (of nie) gaan.
      Mooi bly en hou my koffie warm.

  3. Deesdae se werklikheid is soms moielik om te onderskei.Daar is soveel waninformasie dat dit moeilik is om die kaf van die koring te skei.Goeie skrywe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.