Profile photo of VozSola

by

August 1990

April 21, 2014 in Uncategorized

Susann_Grobler

En hier kom ek vandag op my matriek rekord eksamen se Afrikaanse Essay inskrywing af. Ek het altyd die gewoonte gehad om ‘n rowwe draft te skrywe en dan ordenklik in lesende handskrif oor te skryf.

Hieronder het ek dit sommer getik vir die wat nie my oorspronklike kan lees nie.

Wie sou dink dat sulke woorde 24 jaar later, steeds in my are bruis…

ps. Hallo aan almal wat gedink het ek is verlore vir die blog-wêreld…ek is nie. Ek is steeds hier, soos Skadu’s teen die muur.

Susann Grobler                 Standard 10A                                     Augustus 1990

Essay:    Ek, die Mens

Ek is ‘n mens in volle reg, die reg om te bestaan, die reg om lief te hê, die reg om myself te wees.

As ek, die mens sou seerkry, dan laat dit ‘n letsel op my. Tyd genees, maar tog nie te volle.

My lewensverloop is soos die groei van ‘n boom. Van kleins af word ek gevoed met kosbare lewenswater – liefde. Namate ek groter geword het, is ek gesnoei deur harde lewensondervindinge – wat ook letsels nagelaat het. Hoe ouer ek geword het, begin op my eie voete staan – hoe minder van die liefde het ek gekry en nou was dit my beurt om liefde te gee. Dit wat ek ontvang het weer aan ander uit te deel.

Ek, die mens het die reg om gevoelens te openbaar, my emosies. Ek mag soms ongelukkig wees, ek mag vol vreugde en blydskap wees. Maar hoe dra mense emosies van een mens na ‘n ander oor? Hoe kan een mens ‘n ander gelukkig of ongelukkig maak sonder woorde?

Die mens is die mees komplekse wese op aander. Hy was van die begin af so geskape. Tog kan een mens nie ‘n ander te volle verstaan of ken nie.

Ek, die mens is uniek. Niemand kan hulle met my vereenseldig nie. Ek het dalk meer lewensletsels, meer ondervinding, meer hartseer, meer verdriet as die persoon naaste aan my.

Maar ek, die mens het nie die reg om ander van hul geluk te beroof nie. Alles wat hulle gelukkig maak. Ek het ook nie die reg om aan die Skepping te verander nie. Of dit nou aan die natuur of myself is. Ek mag nie, want die mens is ook ‘n belangrike wese in die skepping.

Alhoewel ons in ons uniekheid die gawe besit om te kan redeneer en verstaan, mag ons nie sommer doen wat ons wil om ons lewe meer leefbaar te maak nie. Dan oortree ons tog om ander wesens in die natuur se geluk weg te neem.

Verstaan, dat ek die mens, is ‘n wese in eie reg. Met gevoelens en verstand. Ek, die mens is ‘n unieke wese.

5 antwoorde op August 1990

  1. Jy het baie insig gehad op so ‘n jong ouderdom!

  2. tina10 het gesê op April 21, 2014

    Pragtig … maar @loudavisi sou jou darem omgeklits het oor die paragrawe/sinne wat met voegwoorde begin!

    Welkom terug !

  3. vega het gesê op April 21, 2014

    Sjoe, die wysheid van die jeug. Mens dink jy weet, maar eintlik weet jy nie. Hoe gaan dit? Regtig?

  4. Lekker om jou weer hier raak te loop.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.