Profile photo of VozSola

by

stilte

November 5, 2012 in Uncategorized

Dis ons

 

Weet jy van eensaamheid?

Die stille moord van jouself

opgesluk in ’n wêreld waar

jy vir niemand bestaan nie…

Die ek, die jy  – wat

onvoorwaarlik tot ons versmelt

selfs dan is ons alleen in ’n

wêreld waar niemand bestaan nie…

 

 

Weet jy van alleen wees?

Die ongesiende geboorte

van iets binne jouself wat

nie vir ’n ander bestaan nie…

Die ek, die jy – wat

onteenseglik gelate hangend

verlate binne homself wag…

 

SueEè – Nov 2012

 

8 antwoorde op stilte

  1. ‘n voël draai bowe in eensame vlug…

  2. Mooi gestel, ek hou daarvan

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.