Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Waar’s ekke?

Oktober 25, 2012 in Uncategorized

 Ekke het myself intussen verloor… Nee, nie myse blog nie, maar myself. Die eie ekke.

 Ekke skryf nie meer nie. Ek gesels nie meer nie. Ekke lees nie meer blogs nie…(askies julle) Ekke wil nie meer koerant lees of tv kyk nie.

Ek is vasgevang in hierdie void van werk, huistoe, mosaiek, lees of daai ewige tafeldoek klaarmaak. Ek luister nie meer musiek nie.

Maar tussen alles deur, probeer ek nie meer dink nie. Dit is tot dusver die moeilikste ding wat ek nog moes doen…

Soms is te veel dink, net so ‘n distaster soos te min dink. Niemand weet wanneer genoeg dink, genoeg is nie.

 Toe, probeer ‘n dag sonder dink deurmaak…en kyk of jy ook jouself kan verloor. Die essensie van eie ek…tot niks verklaar.

 Maar om nie te dink nie, is juis om te dink om nie te dink nie.

Strange lewe hierdie.

Issues word kleiner soos ander groter word. Die ewige evolusie van die eie ek…dis nie wat jy weet wat tel nie, maar hoe jy dit toepas. Sonder toepassing is kennis, insig en selfs wysheid, ook maar net ‘n geleende emosie wat die ilussie van self-worth befonkfaai het.

Amazing nè?

Dis al.