Profile photo of VozSola

by

Another one bites the dust…

Mei 28, 2012 in Sonder kategorie

Nog ‘n selfmoord. Alleen. Enkelbed en tweeplaat stofie. ‘n Koffie beker. Dis al wat van hom oorgebly het. Sy legacy hang in die gang…

Hierdie keer gaan ek nie wonder nie. Hierdie keer gaan ek nie oordeel nie. Hierdie keer gaan ek nie sad wees nie.

Want hierdie keer kan ek actually dit verstaan.

Want sommige mense skree soveel om hulp, dan mense dit later uitdoof. Sommige mense vra maar word nooit regtig aan die hand gelei nie. Sommie huil trane van mismoedigheid en niemand gee ‘n tweede kyk. Sommige mense kla soveel dat stilte soms welkom vir ander is.

Maar dit is hierdie mense wat nooit iets sê nie. Dit is hierdie mense wat nooit huil nie. Dit is hierdie nooit wat nooit kla of skree nie. Dit is hierdie mense wat net die guts gehad het om een keer te vra…en nie ‘n antwoord gekry het nie. Dit is hulle wat in die stille nanag die laaste sê gehad het…

RIP j.

Luister na die stilte in die mense om jou. Kyk na die krake in die maskers wat hul dra. Gee gehoor aan daardie een keer se vraag…en steek jou hand uit.

Moenie dat hulle stilte soos ‘n kerkklok eendag te hard in jou ore kom huil nie. Dit is ‘n klank wat jou middeldeur kan skeur.

Vir elke selfmoord te na aan my, lui hulle klokke onbedaarlik vir lank daarna…en selfs na jare, as dit lank reeds opgehou het…bly die eggo altyd daar.

6 antwoorde op Another one bites the dust…

  1. loudavisi het gesê op Mei 28, 2012

    Jy toor met woorde, Voz!

  2. avega het gesê op Mei 28, 2012

    Jy praat met ons almal.

  3. Jy’s doodreg.

  4. zephur het gesê op Mei 29, 2012

    In stilte kom sit hul woorde
    binne die ongeleesde boek

  5. pienkvolla het gesê op Mei 29, 2012

    Skuldig voel almal. Want ons bly tog sooo onbetrokke! Goeie pos.

  6. HeavyHenry het gesê op Mei 29, 2012

    Ag hel.

    Sterkte daar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.