Profile photo of VozSola

by

Middernag laundry

Mei 20, 2012 in Sonder kategorie

Vandat ek kan onthou word ek elke oggend tussen 2 en 3 uur wakker. Toe ek nog tiener was, het ek gewoonlik dan koffie gemaak en gelees tot opstaan tyd. Toe ek pas Ma geword het, het ek gewens ek kon net omdraai en slaap…helaas, dit het nooit gebeur nie…Deesdae is dit weer dieselfde. Word wakker en dan lees ek maar vroegoggend nuus op myse foon…en half uur later raak ek maar weer aan die slaap.

Ek kon nog nooit uitvind hoekoem hierdie vroegoggend ure so belangrik is om my so wakker te maak nie, ek is volgens my ma eers na vier in die oggend gebore. Sal steeds eendag wil weet hoekom dit so is.

Toe ek 16 jaar oud was, het ek weereens soos gewoonlik wakker geskrik. Ek het koud gekry en so al langs die bed op die grond gevoel vir my beddegoed. Niks. Toe ek dit lig aansit en sien ekself het nie eers meer my pajamas aan nie, en al die beddegoed is weg, het ek begin paniekerig raak. Ek het onder my bed gekyk. Binne my kaste, bo-op my hangkas en kon niks kry nie. Met ‘n short en t-hemp aangetrek het ek oral begin soek. My ma wakker gemaak en gevra om my te help.

In die eetkamer, agter die yskas het ek al my goed gekry. My pajamas was so perfek en klein opgevou, sonder ‘n kreukel.

My beddegoed was meer amazing. Die twee lakens, was so klein en plat gepress dat dit onmoonlik was om dit eers so te srtyk. So ook die duvet cover…en die duvet inner kan g’n winkel so plat vou sonder ‘n vacuum pack nie.

Die enigste pofferigeheid was die kussings, wat gewoonlik pannekoekplat was, is so opgepof en uitgedons dat ek te bang was ek versmoor as ek weer daarop gaan slaap.

Ek en ma het maar weer die bed opgemaak. Ek het nooit weer daardie pajamas aangetrek nie. My ma sê sy het soos gewoonlik my hoor wakker word…die lig onder die deur gesien en gedink ek gaan koffie maak en lees.

Maar ek het nie daardie aand koffie gemaak nie.

Na al die jare wonder ek steeds wat daardie oggend gebeur het…

Maar na al die jare van wakker word tussen 2 en 3 in die oggend, het net twee dinge verander…ek word wakker van ‘n deur wat toeslaan, soms so hard as ‘n geweerskoot…ander kere ‘n glas wat breek… maar ek voel altyd eerste of ek nog by jamies aan het en waar my beddegoed is.

Na die jare is manlief al gewoond daaraan dat ek paniekgevange hom wakker maak en hy het al talle oggende ‘n stukkende venster gaan soek… deesdae sug hy net en snork verder.

Snaaks hoe sulke goed wat jy as normaal beskou sommer net in ‘n oomblik jou laat wonder of dit wel is…

Gebeur sulke goed met julle ook?

15 antwoorde op Middernag laundry

  1. loudavisi het gesê op Mei 20, 2012

    As ek half tien gaan slaap, dan word en half drie wakker..altyd presies 5 ure. Soms gaan lê ek in die bad, soms lê ek net.

    Ek loop nie in die nag rond nie. Kan ook nie daai tyd fokus om te lees nie.

  2. Rook jy?
    Rokers word gejaag deur hul verslawings…

  3. VozSola het gesê op Mei 20, 2012

    yl jy, of kan jy bloot nie lees nie?
    waar kry jy nou ‘n kind van 5,6,8 ens. wat rook? behalwe op Oudtshoorn of by Knysa se berge?

  4. avega het gesê op Mei 20, 2012

    Nee.

  5. My wakkerword tyd is teen 03h30….

  6. tigresscap het gesê op Mei 21, 2012

    Dit klink verskriklik. Ek het die afgelope week die gewoonte om daai tyd wakker te word. En dan is ek die oggend doodmoeg.

  7. TS het gesê op Mei 21, 2012

    Vreemd… nee ek is vroeg wakker maar ek doen nie ‘vreemde’ goed nie

  8. HeavyHenry het gesê op Mei 21, 2012

    Jis dis ‘n weird storie die uittrek en wegpak een – en alles aan die slaap!

    🙂

  9. palamino het gesê op Mei 21, 2012

    Dis rerig baie interessant! Mens se psige is amazing. Ek het ook al agter die yskas wakker geword.

    My ouma het altyd vertel dat my pa en sy ouer broer sulke sinchronised drome gehad het, as seuntjies. Hy sou sy duim so aflek en so deur die komberse “blaai” en dan so ‘n gibberish “eksamenvraag” vir sy broer gevra het, wat die dan terstond geantwoord het…

    Ek word ook elke nag 3 uur wakker. Dan gloei my lewer. Baie seer. (Ek is nou op n sinkaanvulling, nou is dit beter)

    Anyway, ek is n vreeslike prater in my slaap (en as ek wakker is, come to think of it 🙂

  10. palamino het gesê op Mei 21, 2012

    Dis net verstommend dat mens ‘n antwoord op blerriewil als kan he.

  11. palamino het gesê op Mei 21, 2012

    Ek le ook net. Dis lekker vir my. ek luister na die night jars wat soos baba hondjies om die huis huil. En ek luister na die avokados wat val. en na die kinders wat roer

    Soms sit ek die roepradio aan en luister hoe die buurtwag kroeks vang

  12. bloukaap het gesê op Mei 22, 2012

    hey jy van staal en durf, hoe lyk die toekoms?

  13. frandr het gesê op Mei 22, 2012

    Drie-uur in die oggend is sekerlik in ons kollektiewe bewussyn ingeprent. Dis die donkerste, koudste deel van die nag en hanekraai is nog baie ver… Maar ja, tee en lees is goeie medisyne!

  14. Modigliani het gesê op Mei 23, 2012

    As kind het ek baie in my slaap geloop. Nou praat ek net…

  15. endlich het gesê op Mei 28, 2012

    nie met my nie, mar die ander ene het ‘n vriend wat snags mense red. Spring op beddens, van beddens af, op wasgoedmandjies. Klou verwoed en skree bevele van hoe gemaak moet word…dis defnitief ‘n slaapstoornis. MAar hy en sy vroutjielief leef maar daarmee saam. En dit gebeur meer gereeld as hy onder druk is

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.