by

vanuit my papierlose agrief…

Mei 15, 2012 in Sonder kategorie

Dooie Vers
2010-09-09

Op die plein van
verkrompelde stilte
het die nageboorte
van woord-gedagtes
onbewustelik uitgegly
‘n stemlose gil
het in die lug vasgesuig
‘n ongekende pyn
het in die oë bly sit
weerkaatsing
uit die diepste poele
het vlak skadu’s in die
krake daarlangs gegooi
tot die donder
weer oortrek
met halwe mistastings
tot verkragte gedagtes
alle voorgeboorte
orgasmiese plesier
jou neem tot
op die plein van
verkrompelde stilte

…soekened na die swerwesgat
vir woordverlange… ©

9 antwoorde op vanuit my papierlose agrief…

  1. TS het gesê op Mei 15, 2012

    Wroegtend…

  2. johanpienaar het gesê op Mei 15, 2012

    Pleks die vers maar eerder dood gebly het. Dit sou beter gewees het.

  3. VozSola het gesê op Mei 15, 2012

    jouse tit for tat comments werk nie hier nie.

  4. VozSola het gesê op Mei 15, 2012

    ??
    😉

  5. VozSola het gesê op Mei 15, 2012

    met opregte dank…
    ek waardeer dit..
    😉

  6. Neander het gesê op Mei 15, 2012

    Sjoe, dit klink diep, hoop nie jy is ontsteld nie.

  7. avega het gesê op Mei 15, 2012

    Woorde goed deurdink

  8. VozSola het gesê op Mei 15, 2012

    😉
    nee, darem nie…

  9. VozSola het gesê op Mei 15, 2012

    Dankie…en vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.