Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

by VozSola

Grys met kakao…

Maart 6, 2012 in Sonder kategorie

        

Grys weer soos die vandag in Pretoria laat my verlang na potjie-koffie, dubbel-laag-donker-sjokolade-koek en sielsgesprekke…

…enige maatjie vir ‘’n praatjie?

by VozSola

Veertig trosse Jakaranda’s in die vroeë herfs

Maart 5, 2012 in Sonder kategorie

Vroegaand met die lae geel son blink teen die horizon ry ek salig huis toe. Ag, sommer so deur Hatfield vir ‘n verandering. Die lang-sit-verkeerslig vang my op die hoek van Hilda en Arcadia straat ontkant…daar’s ‘n wind wat waai en twee bome langs my venster juig al ritselend saam. Ek kyk op…en toe sien ek dit raak. Daar staan sy, groot, trots, groen van blaar en pers van blom!

So geheel buite seisoen kom gooi sy haar pers flikkers vir almal om te sien. So gewoon soos enige een gedurende Oktober…maar so buitengewoon pragtig so alleen.

Laat my dink of mense ook soms so kan wees…so doodgewoon tussen ander…maar so buitengewoon op hul eie?

Wonder of mense ook soms so buite seisoen eers tot hulle volle prag kom blom… of dalk is juis die oorweldigende saam drom en blom the freakshow of nature en nie anders om nie…

Ek sal nie weet nie…miskien moet ek nog eers my eie saadjie vind voor ek ook kan blom…net soos vele ander wat ek ken…en vir die ander, hulle blomme val soms nog voor die oop is…

Mmmm….