by

Skrikbewind

Maart 26, 2012 in Sonder kategorie

Myse moermeter van vroeër is nou met soveel sadness vervang na wat ek vandag gehoor het…ek weet nie wat ek kan doen nie. Ek weet mens kry wreede mense, not such nice people en dan totally weird mense maar die wat die seerste maak is diegene wat naaste aan mens staan. Hulle is diegene wat ‘n lewe kan hel maak. Alhoewel dit meestal onverstaanbaar is, is hulle aksies byna altyd onaanvaarbaar brutal. Sielsieke mense wat seker immers êrens ook maar net probeer om hulle as normaal te wil laat voorkom…en tussen liefde en greed is die afgrond van interne haat…aangevuur deur einste selfde bloed wat deur elk se are vloei…

Sien…Sy het haar seun in sy tienerjare verloor. Selfmoord. Nie lank daarna, haar man en skoonseun in een ongeluk. Haar dogter het haar man en pa verloor. Nie lank daarna, brand haar huis af.

Haar dogter is intussen weer getroud. Haar klein kinders amper mondig.

Sy bly in die bediendekamer agter die erf. Die een sonder badkamer of toilet. Die een sonder bed…net ‘n bank sonder ‘n kussing. ‘n ou sideboard vir persoonlike dinge en bokse as ‘n klerekas.

Sy kook en maak huis-skoon sonder enige vergoeding…en geldjies van weldoeners en familie word weggeneem vir ‘onbetaalde huur’. Sy word fisies deur haar dogter en die kleinkinders aangerand, geskop en geslaan…

Dis net te veel om in te neem… en my hart is baie seer…en ek wens ek het die ‘means’ gehad om haar te help…maar ek het nie. Die ander wat haar ken, kan ook nie…want dit is ingewikkeld…maar die liewe Here weet ek moet eerder daaruit bly, bloot om myself uit die tronk te hou!

 

Weereens, soos met soveel ander gevalle, hoekom is dit juis diegene naaste aan mens wat jou die seerste maak? Wat gee hulle daardie reg? Bloot omdat bloed dikker as water is? Bloot omdat hulle weet daar is niks wat mens kan doen nie, want dit is familie en dinge wat dan gebeur, traak niemand anders in die samelewing nie? Bloot omdat hulle aangetroude regte het? Bloot omdat hulle daardie ekstra talent van manupilasie en emosionele afprersing gekry het? Bloot omdat hulle weet dat hulle die upperhand van situasies het…en weet dat die ‘target’ (victim) nooit sonder hulle kan oorleef nie, hetsy finasieel of emosioneel?

Daar is baie sulke voorbeelde waarvan ek hoor en self van weet…nie net kinders aan ouers nie, maar ook die ou-ou storie van wat ouers aan hulle se eie kinders doen. Emosionele torture… is een van die mees cruellest maniere om kinders respek te leer…om twee ou dogtertjies op ‘n bed te laat sit en te kyk hoe’n pa ‘n ma se kop verbrysel teen ‘n muur… en as sy stem bulder…die kinders huilend na die donker onder die kombers smag…

Hierdie soort van skrikbewind is onmenslik en net ‘n walglike half-baked mens kan sulke dinge doen…en die res van ons staan nie ‘n kans nie!

En nou sit ek hier, platgeslaan, nie net oor die wete dat ek bg. vrou nie kan help nie, maar soos altyd en weereens, net niks aan sulke situasies kan doen nie. Die blote wete dat sy swaarkry elke dag maak my sad… Die blote wete dat ek ‘n coward is en nie guts het om iets te sê of te doen nie, maak nog seerder… Soos altyd, sal ek weereens die een moet wees wat die vrede moet bewaar…maar die Here weet dit raak net moeiliker…en die dinge druk swaar op my., net soos dinge van my eie ook soms doen…en dit is dan wanneer ek wonder ‘hoekom?’ …maar ek weet die antwoord lê êrens diep opgesluit en die slot en grendel is steeds sonder sleutel.

…en ek bid, vir al die ander en ook vir my.

Dalk is selfs dit ook verkeerd.

11 antwoorde op Skrikbewind

  1. loudavisi het gesê op Maart 26, 2012

    Gebede bring vertroosting.
    Niemand het ooit gese dat hemel op aarde is nie! Ek wens ek kon help..

  2. erikavz het gesê op Maart 26, 2012

    Ag mens, is daar regtig niks wat gedoen kan word nie, wat van die welsyn. Jammer ek weet nie wat die situasie is nie, maar voel so verskriklik jammer vir haar en vir jou.

    Mens kan nie glo dat families so wreed kan wees nie, wonder wat maak hulle so.

    Sterkte

  3. pienkvolla het gesê op Maart 27, 2012

    Woordeloos…

    (((drukkie)))

  4. avega het gesê op Maart 27, 2012

    Daar is te veel swaarkry in die lewe vir die mens om self te dra.

  5. HeavyHenry het gesê op Maart 27, 2012

    Eish – kry die welsyn in…

  6. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    eish…complicated…

  7. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    is dit nie maar meestal die geval nie?

  8. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    baie dankie!

  9. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    dis te complicated en die welsyn het sy goeie en minder goeie uitwerkings…

    dankie

  10. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    Jy’s reg Lou, niemand het so gesê nie…
    ons is deur-gebid..maar gaan nie ophou nie…glo my.

  11. HeavyHenry het gesê op Maart 28, 2012

    Jip!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.