by

Toe kinders nog kinders was…

Maart 25, 2012 in Sonder kategorie

…was dinge heelwat anders as vandag…of was dit?

Ek was gisteraand by my suster se dogter se Sweet Sixteen verjaardag party. Die tema was die 80’s! Die musiek was amper onregverdig briljant!!! (teenoor vandag s’n)

Die kinders however was groot. Letterlik en figuurlik gesproke. Dit was amazing om saam met die kinders te party.

Die ouers en sussie se vriende (meeste in hul laat dertigs en vroeë veertigs) het verdwaal tussen die kinders…later kon ek nie eers meer onderskeid tref tussen kinders en volwassenes nie.

Alhoewel die kinders hulle eie venue gehad het…moes ons darem nou en dan ‘n ogie gooi…maar toe die kinders huis toe is, en die pelle ook hulle jeug op die dansvloer gaan probeer inhaal het…het ek besef…

Die kind hierbinne is nooit regtig te ver nie…selfs nou kan ouer mense ook nog kinders wees…

 

 

Since ekke nog op skool was in die 80’s het ek kleinding mooi gevra of hy nie te skaam sal wees om sy ou moeder se skool-date te wees nie… wel, ek hoop nie hy was nie!!!

17 antwoorde op Toe kinders nog kinders was…

  1. avega het gesê op Maart 25, 2012

    Dit lyk na fun! As ek aan skoolklere dink, trek my keel toe. Ons het nog gims gedra.

  2. TS het gesê op Maart 25, 2012

    Klink na pret!

  3. Jy lyk jonk en mooi genoeg om ‘n skool date te wees!

  4. erikavz het gesê op Maart 25, 2012

    Die tyd van groot hare, en groot skouers. Ons het sulke maroon jurke gehad!!!

  5. loudavisi het gesê op Maart 25, 2012

    Jy lyk soos ‘n dogtertjie!

    Pragtig..
    xx

  6. lyk heel ingenome met die chick aan sy sy

  7. HeavyHenry het gesê op Maart 26, 2012

    🙂

  8. DallaSePa het gesê op Maart 26, 2012

    Nice!

  9. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    ;-))

  10. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    ;-)))

  11. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    😉

  12. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    ek sal so hoop,,,dit het my duur gekos!!!(sakgeld)

  13. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    XXX

  14. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    oei, gelukkig het ek dit gemis…ons het shorts en North-star tekkies gehad…maar ook ski-pants en oorgroot t-shirts…(en Lady Di hairstyles)

  15. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    (Bloos-bloos)
    Dankie

  16. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    Vet pret gewees…tot drie-uur inni oggend…(okay, nou nie sooo lank geparty nie,…maar lekker family kuier ook gehad)

  17. VozSola het gesê op Maart 27, 2012

    oei, klink na torture…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.