by

Die vet weet sommige dae…

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

…hoort nie in ‘n gewone week nie…en sommige weke nie in ‘n gewone maand nie.

Kyk, nes ek gedink het Februarie is uiteindelik verby…soos die voorbereiding vir jaar-einde, stock-takes (en glo my, jy’t geen idée hoeveel goeters daar te tel is in net een hotel kamer nie, nevermind in die 140 wat ek vinger alleen moes tel…en dan die stoorkamers ens…omdat die Housekeeper in die hospitaal was) ten spyt van die Debtors rekeninge en myse eie werk (front desk accounting, management, en besprekings control, en group bookings, en duty management en bemarkings navorsing, yield management en die volgende twee jaar se estimated rate sheets finaliseer) ten spyt van vier weke se instaan vir die Maintenance Manager ook nog….

Sug…ekke dink ek’s bietjie moeg.

Gister en vandag was die eerste keer wat ek weer ‘n blog en chat tydjie gehad het…

Maar dis okay, it’s all in a day’s work.

Wat my onderkry is mense. Mense wat die naaste aan my staan. Daardie mense met wie jy nie wil, kan of mag argumenteer nie…al skree jou binneste hoe hard om tog net ‘iets’ te wil sê! Maar al wat ek kan doen is om stil te bly. Swyg.,,

Miskien eendag as ek groot is, sal ek ook leer ‘to speak my mind’ soos ek met almal anders doen…behalwe diegene na aan my. Mmm… iets van ‘rather the devil you know than the unknown angels…’ is ook maar seker waar…

Ek dink ek sal nogal baie te sê hê, veral na laat vanmiddag en vroeër vanaand. Die lewe suig soms soos ‘n oorsoet sucker wat jou op tandpyn, of hoofpyn, of albei gelyk gee.

Ek’s is regtig moer dom…

Genuine.

Ps. Vanoggend om 05h30 was die maan besonders mooi agter ‘n eensame wolkie…groot, vet, rond, laag en oranje!! Sorry, kon slegs ‘n kiekie met my memory neem want die dom donkie agter my het toeter geblaas toe ek wou kliek.

Ps.2. Jammer oor die nuttelose brabbel, maar iemand het al die mooi woorde-woordeboek uit myse gemoed gejack…

17 antwoorde op Die vet weet sommige dae…

  1. TS het gesê op Maart 8, 2012

    Jy moet dadelik ‘n verhoging kry!

  2. avega het gesê op Maart 8, 2012

    Stem, en meer verlof 🙂

  3. het ook vanaand die maan wou afneem: so groot net langs Simonsberg. was op pad terug Seepunt toe na lekker dag by die Woordfees. So ek het vandag ‘n paar woorde gehoor wat my inspireer het. Ek hoop jy hoef nie weer te wroeg en handewring nie, en dat more argeloos sal wees!

  4. loudavisi het gesê op Maart 9, 2012

    Ek ken van stilbly en swyg ter wille van vrede, maar die bom bars so af en toe en dan sit hierdie ouma haar voet neer.

    Ek sekondeer Tina se voorstel.
    xxx

  5. Modigliani het gesê op Maart 9, 2012

    Jou “nuttelose brabbel” is alles behalwe nutteloos 🙂

  6. HeavyHenry het gesê op Maart 9, 2012

    Noenie vergeet om asem te haal nie – diep asem…

  7. DallaSePa het gesê op Maart 9, 2012

    lekker om jou raak te lees S.

  8. bloukaap het gesê op Maart 11, 2012

    jy is regtig nie moer dom nie
    ps
    glo my

  9. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    oooh, sal dit nie lekker wees nie!

  10. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    ag, kan jy dit dalk op skrif stel, dankie!
    😉

  11. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    sjoe…wens hier was ook ‘n berg saam met die maan,…
    dankie vir die mooi wens!

  12. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    lol!!! Ek wee mos…!!

  13. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    Sjoe,dankie Jeanne, dit is nice van jou!!!

  14. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    uuughhh..ek’s al pers inni gesig…mag ek nou al asem uit, s’blief?!
    😉

  15. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    hallo daar oom J.
    Stille waters of hoe?

  16. VozSola het gesê op Maart 12, 2012

    :-))
    Dankie…

  17. HeavyHenry het gesê op Maart 12, 2012

    Jip!

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.