Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gister se vandag

Maart 31, 2012 in Sonder kategorie

Donker stik

‘wyl die sekelmaan

al die sterre oes

‘wyl ‘n kind se snik

die ander een vermaan

‘bly net stil en koes’

 

====================

 

Ogies groot

‘n lewe het haar uit

die pram gestoot

wêreld vol mense groot

die rivier vloei net suid

vaar alleen met siel en boot

 

=====================

Soms as memories so diep begrawe word… word die werklikheid in drome verklaar.

Maar dit is wanneer slegs woorde dit kan openbaar.

Soms dink jy, soms skryf jy.

Net woorde alleen maak dit weer waar.

Dis al.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Enige maatjie vir ‘n praatjie?

Maart 30, 2012 in Sonder kategorie

Ek’s seker nie die enigste een wat oppi net rondwandel oppe Vrydag aand nie?

of…het my vorige post julle van praat afgesit?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ek is way beyond gatvol geluister! (18L)

Maart 29, 2012 in Sonder kategorie

*Hy, sy, hom, haar, hulle en Ek* is skuilname om die betrokke persoon/persone te beskerm.

Letters of lettergrepe of simbole moet vanselfsprekend as relevante vloekwoorde gelees word.

 

Die volgende is grepies vanuit my hoorbare week tot dusver. (baie minder as gewoonlik)

 

*Sy is net ‘n f-ing b-ch. F- haar.

*Hierdie p-likke mense p-s my af. Hulle moet net f-off.

*Hey, sy moet haar vet –ss verder vet voer dat haar p- aan die stoel vasgroei, want sy doen nooit iets nie.

*o “J” tog, sy’s ‘n f- dom f- tert.

Dis maar wat ek so terloops van een oor ‘n ander gesê het gehoor het…

 

Maar dan moes ek ook direkte aanmerkings van een na ‘n ander aanhoor…

 

*You are nothing.

*You know f- nothing.

*You are so f- stupid.

*f you!

*f-off.

*Keep f- quiet, you know nothing. You will never know coz you are so f- stupid.

*you are a f- nuisance.

*you are the worst f- idiot ever alive.

*just f-off – you are spoiling everything.

*go and f- sleep you are irritating everyone.

*you are an utterly and totally useless f- piece of s-t.

*you will f- be anything but f- nothing.

 

En so gaan dit aan, vanuit verskeie oorde. Dag in en nag uit.

 

Nou vra ek…hoeveel meer wil mense vir mekaar sê en van mekaar sê, voor hulle ooit kan besef wat die uitwerking van woorde op ‘n ander het?

Misbruik van woorde (ongeag die taal in gebruik) is net so groot sonde soos moordpleeg, in my opinie. Kom ek doop dit “Woord-moord” is net goed soos die sneller trek…maar die bullet en skrapnel is a slow killer…en sielsverkragtend…maar die everlasting uitwerking daarvan is – wel ‘lewens’dood.

 

Maar wie de f- is ekke nou om iets te sê… want ekke mag nie.

 

Al wat ek vra, luister bietjie na gesprekke om jou. Luister bietjie hoe mense van ander praat. Luister hoe mense van en met jou praat…en as dit skielik op ‘n dag ‘n ander persoon neem om dit aan jou uit te wys, omdat jy lankal dalk nie eers meer hoor nie…is jy lankal lewensdood…

 

Maar as jy op ‘n dag actually ‘n goeie woord of ‘n mooi woord aan jou en van jou HOOR – wees gerus…dan is daar nog hoop…somewhere amongst the lines…where no-one else will read.

Use your words with care…(letterlik!)

 

Ns. Mens raak nie meer doof deur die jare nie…mens hoor net harder.

Profile photo of VozSola

by VozSola

altyd so gedink….

Maart 27, 2012 in Sonder kategorie

maar nou weet ek.

hier’s regtig super nice mense inni blog-huis.

Ek het ‘n moeder of twee hier,

en ‘n Pa al is hy Flenters

hiers ‘n paar boeties,

‘n paar pelle,

‘n luistenaar of drie.

‘n stief-sussie (hallo Anha…tel jy ook al die daggies af vir daaaaiii grooot uitblaas?)

‘n kennis of ses…

en koffie vrinne…

en die met ‘n halwe oor…

en die ander met ‘n mondvol woorde…

en die ander altyd reg met ‘n skouer of twee…

en diegene wat net stil-stil verbyloop en dalk net knik…

of wat dalk eerder kopskud.

Thanks julle.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Skrikbewind

Maart 26, 2012 in Sonder kategorie

Myse moermeter van vroeër is nou met soveel sadness vervang na wat ek vandag gehoor het…ek weet nie wat ek kan doen nie. Ek weet mens kry wreede mense, not such nice people en dan totally weird mense maar die wat die seerste maak is diegene wat naaste aan mens staan. Hulle is diegene wat ‘n lewe kan hel maak. Alhoewel dit meestal onverstaanbaar is, is hulle aksies byna altyd onaanvaarbaar brutal. Sielsieke mense wat seker immers êrens ook maar net probeer om hulle as normaal te wil laat voorkom…en tussen liefde en greed is die afgrond van interne haat…aangevuur deur einste selfde bloed wat deur elk se are vloei…

Sien…Sy het haar seun in sy tienerjare verloor. Selfmoord. Nie lank daarna, haar man en skoonseun in een ongeluk. Haar dogter het haar man en pa verloor. Nie lank daarna, brand haar huis af.

Haar dogter is intussen weer getroud. Haar klein kinders amper mondig.

Sy bly in die bediendekamer agter die erf. Die een sonder badkamer of toilet. Die een sonder bed…net ‘n bank sonder ‘n kussing. ‘n ou sideboard vir persoonlike dinge en bokse as ‘n klerekas.

Sy kook en maak huis-skoon sonder enige vergoeding…en geldjies van weldoeners en familie word weggeneem vir ‘onbetaalde huur’. Sy word fisies deur haar dogter en die kleinkinders aangerand, geskop en geslaan…

Dis net te veel om in te neem… en my hart is baie seer…en ek wens ek het die ‘means’ gehad om haar te help…maar ek het nie. Die ander wat haar ken, kan ook nie…want dit is ingewikkeld…maar die liewe Here weet ek moet eerder daaruit bly, bloot om myself uit die tronk te hou!

 

Weereens, soos met soveel ander gevalle, hoekom is dit juis diegene naaste aan mens wat jou die seerste maak? Wat gee hulle daardie reg? Bloot omdat bloed dikker as water is? Bloot omdat hulle weet daar is niks wat mens kan doen nie, want dit is familie en dinge wat dan gebeur, traak niemand anders in die samelewing nie? Bloot omdat hulle aangetroude regte het? Bloot omdat hulle daardie ekstra talent van manupilasie en emosionele afprersing gekry het? Bloot omdat hulle weet dat hulle die upperhand van situasies het…en weet dat die ‘target’ (victim) nooit sonder hulle kan oorleef nie, hetsy finasieel of emosioneel?

Daar is baie sulke voorbeelde waarvan ek hoor en self van weet…nie net kinders aan ouers nie, maar ook die ou-ou storie van wat ouers aan hulle se eie kinders doen. Emosionele torture… is een van die mees cruellest maniere om kinders respek te leer…om twee ou dogtertjies op ‘n bed te laat sit en te kyk hoe’n pa ‘n ma se kop verbrysel teen ‘n muur… en as sy stem bulder…die kinders huilend na die donker onder die kombers smag…

Hierdie soort van skrikbewind is onmenslik en net ‘n walglike half-baked mens kan sulke dinge doen…en die res van ons staan nie ‘n kans nie!

En nou sit ek hier, platgeslaan, nie net oor die wete dat ek bg. vrou nie kan help nie, maar soos altyd en weereens, net niks aan sulke situasies kan doen nie. Die blote wete dat sy swaarkry elke dag maak my sad… Die blote wete dat ek ‘n coward is en nie guts het om iets te sê of te doen nie, maak nog seerder… Soos altyd, sal ek weereens die een moet wees wat die vrede moet bewaar…maar die Here weet dit raak net moeiliker…en die dinge druk swaar op my., net soos dinge van my eie ook soms doen…en dit is dan wanneer ek wonder ‘hoekom?’ …maar ek weet die antwoord lê êrens diep opgesluit en die slot en grendel is steeds sonder sleutel.

…en ek bid, vir al die ander en ook vir my.

Dalk is selfs dit ook verkeerd.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Toe kinders nog kinders was…

Maart 25, 2012 in Sonder kategorie

…was dinge heelwat anders as vandag…of was dit?

Ek was gisteraand by my suster se dogter se Sweet Sixteen verjaardag party. Die tema was die 80’s! Die musiek was amper onregverdig briljant!!! (teenoor vandag s’n)

Die kinders however was groot. Letterlik en figuurlik gesproke. Dit was amazing om saam met die kinders te party.

Die ouers en sussie se vriende (meeste in hul laat dertigs en vroeë veertigs) het verdwaal tussen die kinders…later kon ek nie eers meer onderskeid tref tussen kinders en volwassenes nie.

Alhoewel die kinders hulle eie venue gehad het…moes ons darem nou en dan ‘n ogie gooi…maar toe die kinders huis toe is, en die pelle ook hulle jeug op die dansvloer gaan probeer inhaal het…het ek besef…

Die kind hierbinne is nooit regtig te ver nie…selfs nou kan ouer mense ook nog kinders wees…

 

 

Since ekke nog op skool was in die 80’s het ek kleinding mooi gevra of hy nie te skaam sal wees om sy ou moeder se skool-date te wees nie… wel, ek hoop nie hy was nie!!!

Profile photo of VozSola

by VozSola

The mortality rate of morality

Maart 22, 2012 in Sonder kategorie

 

 

…buitensporig hoog.

 

Die lewensvatbaarheid van bogenoemde is skaars ‘’n baksteenhoogte groot voor dit met die loop van omstandighede ‘’n ongenaakbare en pynlike uitgemergelde en wroegende dood sterf.

 

Daardie soort van dood waar mense uit die samelewing tot ‘’n wegsteek hoekie agter die moederskamer versteek word, tog te bang dat die gemeente sal aansteek.

 

Sodra jy die siekte van moraliteit het, word jy tot afsondering verdoem tot jy genees is om in ‘’n perfekte korrupte en moreelose lewe kan funksioneer of totdat jy ‘’n volslae sameleweings banneling word, wat slegs of tweedehandse afval gewetes van die rykmans-tafel mag eet – en dan so doen in alle nederigheid, eerbied en onvoorwaarlike dankbaarheid – sonder skuld of gewete.

 

Klink of Oom Darwin se selection theory hierook kan kers vashou…maar ek wonder of die morele evolusie nie eerder deesdae in reverse loop nie…en almal tog maar elders veertig jaar lank deur die woestyn van goedkoop vreudge loop terwyl ander plotselings navolg met ‘’n gekners van tande en smalende vals agendas net om ook vir ‘’n wyle weer uit die morele ballingskap te mag ontsnap…

 

Party sê; dis maklik, just change your mind….

 

Ek sê: I will never change my thinking.

Profile photo of VozSola

by VozSola

‘’n Lekker lekker

Maart 20, 2012 in Sonder kategorie

is wanneer jy wakker word…en op jou klokkie loer en sien dat jy sowaar nog drie ure kan slaap voor opstaan tyd…die kussings op-pof en die duvet hoog optrek…en sug van verligting…

…nog lekkerder is wanneer jou drome jou klok gejaag het en met tien minute gewen het! En jy weet jy het nog ‘’n snooze knoppie gekry…

…maar die suig van die lekker is wanneer jy êrens in jouse lekkerte die klokkie verkeerd gesnooze het…en jy ‘’n bietjie meer as ‘’n uur en tien minute laat is…

Maar die lekkerste gaan wees vir elke een wat gelukkig genoeg is om môre oor hulle se heritage en toekoms te mag droom….sonder daaaiiii damn klokkie all together!

Lekker laat slaap môre!!!

Profile photo of VozSola

by VozSola

In diepte…

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Wat maak jou wie jy is?

In my beskeie opinie, ondervinding en verwysingsraamwerk kan ek die volgende sê;

80% is wat society, vriende, familie, kollegas en dies meer van jou verwag om te wees.

15% is die innerlike baklei teen die bogenoemde.

5% is dit wat jy wil, kan, sou, wou, en moes wees.

Wat dink jy?

Of is jy ook soms soos ek nie eers soms meer seker wat en wie jy is nie?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die vet weet sommige dae…

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

…hoort nie in ‘n gewone week nie…en sommige weke nie in ‘n gewone maand nie.

Kyk, nes ek gedink het Februarie is uiteindelik verby…soos die voorbereiding vir jaar-einde, stock-takes (en glo my, jy’t geen idée hoeveel goeters daar te tel is in net een hotel kamer nie, nevermind in die 140 wat ek vinger alleen moes tel…en dan die stoorkamers ens…omdat die Housekeeper in die hospitaal was) ten spyt van die Debtors rekeninge en myse eie werk (front desk accounting, management, en besprekings control, en group bookings, en duty management en bemarkings navorsing, yield management en die volgende twee jaar se estimated rate sheets finaliseer) ten spyt van vier weke se instaan vir die Maintenance Manager ook nog….

Sug…ekke dink ek’s bietjie moeg.

Gister en vandag was die eerste keer wat ek weer ‘n blog en chat tydjie gehad het…

Maar dis okay, it’s all in a day’s work.

Wat my onderkry is mense. Mense wat die naaste aan my staan. Daardie mense met wie jy nie wil, kan of mag argumenteer nie…al skree jou binneste hoe hard om tog net ‘iets’ te wil sê! Maar al wat ek kan doen is om stil te bly. Swyg.,,

Miskien eendag as ek groot is, sal ek ook leer ‘to speak my mind’ soos ek met almal anders doen…behalwe diegene na aan my. Mmm… iets van ‘rather the devil you know than the unknown angels…’ is ook maar seker waar…

Ek dink ek sal nogal baie te sê hê, veral na laat vanmiddag en vroeër vanaand. Die lewe suig soms soos ‘n oorsoet sucker wat jou op tandpyn, of hoofpyn, of albei gelyk gee.

Ek’s is regtig moer dom…

Genuine.

Ps. Vanoggend om 05h30 was die maan besonders mooi agter ‘n eensame wolkie…groot, vet, rond, laag en oranje!! Sorry, kon slegs ‘n kiekie met my memory neem want die dom donkie agter my het toeter geblaas toe ek wou kliek.

Ps.2. Jammer oor die nuttelose brabbel, maar iemand het al die mooi woorde-woordeboek uit myse gemoed gejack…