Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Halwe leegtes

Februarie 13, 2012 in Sonder kategorie

…is om leemtes te vul waar

‘n ander sy hart verdrink

‘n dorsland trek van gewetes

na vergifnis na te spoor

terwyl die draaiende wiel

om-en-om die as soms

dieper in die sluimersand wegsink

‘n ander se kaal spoor tussen

kreukelmodderlae

sonder stampe verby sleep

selfs dan word dié se spore deur

leemtes van ‘n nou-nou vervul

soos hierdie pen

opgevul met ink

tussen woorde ook maar

ander leemtes agterlaat.

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

Brabbelbek gedagtes

Februarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Volmaan weerverskynsels is altyd vreemd. Vanoggend ry ek Kerkstraat af stad toe. In my kant spieëltjie bloei die son oranje-rooi in die haziness van tissuepapier wolke. Dit was eerie net soos my droom gisteraand, wat oor en oor deur die dag voor my bly afspeel. Ek voel angstig. Ek het ‘n hol kol op my maag…soos in afwagting vir iets…my hoofpyn is skreiend en paniek versteur helder denke wat ek regtig vandag nodig gehad het…

Mense en hul dinge hou soms my gedagtes besig. Hoekom mense is soos hulle is. Hoekom hulle doen wat hulle doen…Hoekom hulle optree soos hulle doen…Hoekom hulle altyd dinge sê wat hulle soms nie bedoel nie, meestal wel, maar nooit jammer sê nie…

Soms verlang ek na dinge wat nie bestaan nie. Soms verlang ek na dinge wat ek nie eers ken nie. Soms verlang ek na dinge wat nog nooit was nie. En soms verlang ek na dinge wat ek vergeet het.

Amazing hoe mens se breinkrag soms sommer so op ‘n dag afgeskakel word om deur ‘n volmaan in ‘n ander lig-verskynsel van jouself te mag sien….soms met gesonde vlerke…soms geskroei…maar altyd reg vir vlieg.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Nagtegaal

Februarie 5, 2012 in Sonder kategorie

Stil besing die koor vrede, tot die vrees verdwyn.

Soms as die stilte die waarheid trek en siels- dinge soos herfsblare van jou lyf afstroop sodat jy winternaak in die koue van die lewe staan, slegs dan voel jy die son op jou lyf. Die fyn strale van geluk deur ‘n gesifte hart skyn. Maar ook die koue wind wat soos sand in ‘n storm jou vel van lewe stroop.

Wanneer blote bestaan deur blote menslikheid gevul word ervaar jy alles anders. Ander se seer word vir jou ‘n bebloede sweer wat jy eerder skaam-skaam onder jou vel verbloem te bang om ander jou swak aansteeklik te wys…en ander se blydskap soos ‘n grin op jou gesig vasplak soos donker make-up op ‘n stage in ‘n play waarvan jy nooit deel sal hê anders as die stomme wat agter inni hoek bly staan, glimlag en staar.

En skielik besef ek, ek is ook maar tussen hier en daar…

Dit het my sommer so stil-stil bekruip…

Of miskien was dit maar net nog altyd daar…waar ek glimlaggend ander se seer besweer…

Dalk ‘n besending in my eie reg? Wie weet, dalk doen ek dit eendag reg.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ag Jammer…

Februarie 1, 2012 in Sonder kategorie

…dat nie almal kan hoor wat ek deesdae fluister nie!

😉