Profile photo of VozSola

by

Mmm…ja-nee.

Desember 22, 2011 in Sonder kategorie

Daai Doom Donkiese inskrywing het my bietjie aan die dink gesit…

Daardie eenvoudige ‘gawe’ wat elke mens besit (wat in sommige van ons ooraktief is – en in ander heeltemal afgestomp is) – daardie gawe noem ons dan empatie…(asb net nie ooit daarna as simpatie verwys nie!)

Wat is dit tog in ons as mens om regtig vir ‘n ander om te gee en te wil help, al is dit net om te luister? Wat is dit tog in ons as mens, om dan soms weer absoluut niks te voel vir ‘n ander nie?

Hoekom is dit ook soms so bitter moeilik om te kan onderskei tussen jou eie gevoel en om regtig ‘n ander afvlerk mens se gevoel te voel…?

Is dit nie vreemd hoe sekere soort van mense altyd hulle weg na jou gebaan sal kry nie…of amazing genoeg dalk jou pad na hul gebaan kry nie?

Ek wonder dikwels hoekom sekere mense my pad op ‘n spesifieke tyd kruis…heel dikwels mense wat net ‘n wyle vertoef…en dan weer aanbeweeg…maar die impak en rede vir hul korte besoek is soms onverklaarbaar powerful. Soms kom hulle verskuil as ‘n kennis van ‘n kennis. Soms ‘n ou skool vriendin, soms ‘n kollega, soms in ‘n professionele kapasiteit, soms as ‘n vêrlangse familielid, soms as ‘n blogger of twee…soms kom dit verskuil in ‘n boek, ‘n sin, ‘n woord of ‘n foto of dalk ‘n song…

Amazing is dit wel.

Met dankbaarheid word dit vergesel.

Ek wens vir almal ‘n padkaart in die sterre na daardie plek tussen niks en nêrens waar jy weer jouself kan vind.

5 antwoorde op Mmm…ja-nee.

  1. TS het gesê op Desember 23, 2011

    Hoop dit gaan darem met jou beter?

  2. Tja, gròòt verskil tussen simpatie en emapatie.

  3. ek like jou baie. nice geskryf

  4. VozSola het gesê op Desember 23, 2011

    :-))
    Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.