Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

Profile photo of VozSola

by VozSola

2011

Desember 31, 2011 in Sonder kategorie

Een onderstebo jaar…

gaan nou-nou sy gat sien!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Hey daar.

Desember 27, 2011 in Sonder kategorie

… xmas is verby…

Nuwe jaar kom nog…

En ek weet van minder wat wag…

Want die lewe is soms fair…

En ander kere so damn unfair…

As die engele ander kom moet kom haal…

Die bush babies kuier steeds elke aand op die stoep…en vroeg oggend net voor vyf uur ook…

Die boek se bladsye raak minder…en nog een lê en wag…

Net soos die grootoog drome wat laatnag soos sterre deur die plafon verskiet…

…en steeds net die blanko gedagtes wat soos wind deur my lippe fluit…

…tot ek eendag groot is…en kan woorde vorm…

…moet ek steeds fluit-fluit sit en luister.

Profile photo of VozSola

by VozSola

As gewoon net gewoon min word.

Desember 23, 2011 in Sonder kategorie

Niks gewoon gebeur ooit in myse valley nie. Dit is eintlik heel ongewoon as iets gewoon gebeur…

Bv. Eendag werk my man in die tuin, hardloop die huis binne en gil oor ‘n %^%T*&%* rock in his eye! Wel, heel besorgsaam probeer ekke en kleinding die rock sien, maar sien niks. Hy raak histeries en ons jaag hospitaal toe…daar hardloop hy binne en gil oor die massive, huge *^&%$# rock in his eye…en ek en kleinding kruip van die lag (shame, ons moes dit seker nie gedoen het nie, want die mense wagtend in emergency om die dokter te sien het nie gedink dit is snaaks nie!) Twintig minute later verskyn hy met ‘n oorpluise uitgestrek voor hom, soos ‘n Oscar beeldjie en maak sy bedankings speech…”I told you there was a rock in my eye!” Nodeloos om te sê dat niemand die rock op die oorpluisie kon sien nie, het ons giggelend huistoe gery…

Vanmiddag was dit weer sulke tyd…*&()*_*(*() nail!!! Storm hy die huis binne…Come look… Mmm…ja, okay…mmm, ek sien… en sê hom om saam met my clinic toe te ry…Hy moan en groan, nie oor die eina in sy voet nie, maar die pad wat ek clinic toe ry, vermaan my oor die kar voor my, en om nie voor die ander in te draai nie, moan oor waar ek park…en loop heel normaal die clinic binne. Ek en kleinding drentel maar agterna. Daai spyker het toe wel diep in gedruk en hy het meer skade aangerig om dit heel skeef uit te trek…maar nou ja, skoon gemaak, en toe geplak…en ‘n lekker tetanus inspuiting later is ons huis toe.

Nou wonder ek…my vinger is styf en seer en die ander bewe…en hulle stuur my vir EEG’s en MRI en kom met die vreeslikste goeters en bang maak woorde voor die dag…en duh? My *(^&^& vinger is seer…maar hulle sien dit nie?

Ander mense word gebel en gevra…ekskuus tog, het u nie dalk vergeet om so en so se rekening te betaal nie? Nee, hulle bel ons op ‘n Vrydag middag om te sê hulle stuur ‘n trok 9uur Maandag oggend om huisraad op te laai, vir auction om genoegsame fondse te kry om daardie skuld te delg…sonder om eers te weet van watter rekening die persoon praat… (blykbaar my man se dokters rekening van vier jaar gelede wat nie ten volle betaal was nie)

Ander mense kry ‘n oproep of brief om te sê daar het sekere dinge verander met die registrasie van cc.’s sedert my man syne geregistreer het 14 jaar gelede…nee, hulle sluit net sy besigheids bankrekening oornag!

My man laat sit ‘n nuwe voorruit in sy kombi…drie weke later binne in ‘n carwash begin dit te lek…hy hou sy hande uit om die water op te vang en druk die knoppie vir die venster om dit uit te gooi…steeds binne indie high pressure carwash! Dit was skreeu snaaks!!! Om ‘n paar druppel te red is hy vergoed met emmersvol, alles was nat…hy ook…

So kan ek aan en aan gaan oor voorbeelde van dinge wat net nie gewoon is nie… maar grappies op ‘n stokkie…daar is min normaal aan my ook maar…ek kan nie dink soos ander mense nie. Ek kan nie voel soos ander mense nie. Ek kan nie skryf soos ander mense nie. Ek lewe nie soos ander mense nie. Ek kan nie bid soos ander mense nie. Ek glo nie soos ander mense nie. Ek kan nie liefde ervaar soos ander mense nie. Ek kan nie. My praat dinge en skryf dinge verskil soos dag en nag. Dit waaroor ek praat skryf ek nie oor nie, maar dit waaroor ek skryf sal nooit hoorbaar opklink met my eie stem nie.

Soms wens ek, ek kon praat waaroor ek skryf en skrywe waaroor ek praat. Maar dit het nog nooit gebeur nie. Ek is nie wat mense dink ek is nie. Sommiges is reg…en meeste geheel en al verkeerd, veral die mense wat my die langste ken, “ken” my regtig nie. One on one, is ek baie goed met my normaal wees masker…maar dit is wanneer woorde stom is, soos hier, wanneer die masker, make-up en die al die wiele afkom…en steeds maak dit seer om dan so in ‘n spieël vas te kyk, en vir myself te sê; “Girl, you are really, really stupid to do this” (This – is die lewe soos ek dit ervaar en nodeloos moet aanvaar, want daar is nie vir my ‘n goeie keuse gelaat nie, wees maar tevrede met die betere van die swakker keuses)

Soos met meeste dinge, bly die belangrikste maar tussen siel en mond en gees en hart met misprint vingers in stilte vir nog ‘n wyle moet bewaar.

Miskien is ek gewoon, en miskien net min gewoon…maar daar is so baie wat gesê moet word…maar veiligheid lê soms juis opgesluit in die woorde wat stom is…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Mmm…ja-nee.

Desember 22, 2011 in Sonder kategorie

Daai Doom Donkiese inskrywing het my bietjie aan die dink gesit…

Daardie eenvoudige ‘gawe’ wat elke mens besit (wat in sommige van ons ooraktief is – en in ander heeltemal afgestomp is) – daardie gawe noem ons dan empatie…(asb net nie ooit daarna as simpatie verwys nie!)

Wat is dit tog in ons as mens om regtig vir ‘n ander om te gee en te wil help, al is dit net om te luister? Wat is dit tog in ons as mens, om dan soms weer absoluut niks te voel vir ‘n ander nie?

Hoekom is dit ook soms so bitter moeilik om te kan onderskei tussen jou eie gevoel en om regtig ‘n ander afvlerk mens se gevoel te voel…?

Is dit nie vreemd hoe sekere soort van mense altyd hulle weg na jou gebaan sal kry nie…of amazing genoeg dalk jou pad na hul gebaan kry nie?

Ek wonder dikwels hoekom sekere mense my pad op ‘n spesifieke tyd kruis…heel dikwels mense wat net ‘n wyle vertoef…en dan weer aanbeweeg…maar die impak en rede vir hul korte besoek is soms onverklaarbaar powerful. Soms kom hulle verskuil as ‘n kennis van ‘n kennis. Soms ‘n ou skool vriendin, soms ‘n kollega, soms in ‘n professionele kapasiteit, soms as ‘n vêrlangse familielid, soms as ‘n blogger of twee…soms kom dit verskuil in ‘n boek, ‘n sin, ‘n woord of ‘n foto of dalk ‘n song…

Amazing is dit wel.

Met dankbaarheid word dit vergesel.

Ek wens vir almal ‘n padkaart in die sterre na daardie plek tussen niks en nêrens waar jy weer jouself kan vind.

Profile photo of VozSola

by VozSola

As Kersfees jou verby gaan…(Waarskuwing – a Xmas mood-swing)

Desember 21, 2011 in Sonder kategorie

…is dit dalk tyd vir ophou wonder. Miskien nie.

Ek haat die skynheiligheid wat agter kersfees skuil…tussen die til-slaan mammas en die voorbarigheid van ‘n merry-merry van die karwag. Die xmas carols in shops wat meer as net jou 14% VAT steel. Die skielike God Bless van elke Jan Rap en sy maat. Ek haat die skuldgevoel wat dit meebring as jy ewe skynheilig ‘n merry-merry sonder die merry terug antwoord. Ek haat die bling-bling aan ‘n plastic tree en singing xmas lights wat net Eskom kan bly maak.

Ek haat die geskenke ten duurste gekoop ‘n uur of wat voor toemaak tyd…en drie dae later teen halfprys op dieselfde rak pryk…so half uit lekker kry… Ek haat die idée dat almal vir xmas lunch op restaurant toesak…en kersaand self, mense van garage na garage ry op soek na ‘n take-away of ‘n pie…want almal is toe…vir die verkeerde redes.

Ek haat dit wat die wêreldse dinge aan xmas gedoen het. Ek haat die feit dat selfs ongelowiges voordeel uit onse xmas moet trek…

Kortom, hierdie jaar is een xmas (materialisties) wat maar met spoed van ‘n Santa-sleë, maar vinnig by my kan verby gaan.

Hier’s geen xmas boom by ons nie. Hier gaan geen geskenke wees nie. Hier gaan met bietjie spaargeld benodighede vir ‘n braai gekoop word. Laataand se buite sit en sterre kyk. Dit gaan onse xmas wees. Sonder die oordadige merry-merry. Sonder die bling-bling. Sonder die klingende kleingeld in die sak, gaan xmas wees soos elke ander dag. Skoolklere en mediese rekeninge het slegs die gat vir die boom agtergelaat.

Ja, ek voel skuldig omdat ons nie hierdie kan bekostig om vir my ouers te gaan kuier nie. Ek besef al te goed, nes my suster, dat dit dalk my pa se laaste xmas gaan wees. Maar ek wil nie so daaraan dink om te gaan moet kuier net om te gaan ‘groet’ nie. Ek kan mentally nooit so iets doen nie. Ek wil dan liewer herinneringe behou van ons laaste kuier saam. Natuurlik sonder verwagtinge en verskuilde agendas.

Hierdie is ‘n kersfees wat net moet verby waai, soos die donderwolke van vroegmiddag. Dit bekruip jou met ‘n groot geraas…dan waai die wind in ‘n ander rigting…en skielik skyn die son weer. Dis hoe ek kersfees wil ervaar.

Dit was ‘n bitter jaar. Dit was ‘n swaar jaar. Dit was ‘n sad jaar. Die einde is nog nie in sig nie. Die son het nog nie kom skyn nie…

Maar ek het vanaand iets gedoen wat ek graag as kind gedoen het…in die donker onder ‘n boom op die gras gaan lê, met die mooiste musiek vanuit my earphones…en opgekyk. Dit is soooo ‘n amazing view en so amazing om die ware essensie van perspektief te kan ervaar. Ons loop onder deur bome. Ons sit onder bome…maar selde ooit dat ons opkyk. Dit wat jy so ervaar, in die donker- tussen bas en blare, sterre en wolke is sowaar fantasties!!! En ek het iets binne my ervaar wat ek nie in woorde kan uitdruk nie…ek het opgelig en gesweef…en afgekyk…na waar ek steeds daar lê…en dit wat ek gesien het…was so donders sad… (diegene wat weet, sal weet hoekom )

Ek gaan ou-kersaand vir my ‘n grasbed onder daai boom maak. Ek gaan bid en ek gaan myself in stilte oorgee aan dit wat nodig is om te doen, te dink, te verstaan, te wonder, te vra en te ervaar…te skree, te sing, te lag, en miskien te huil…

Wie weet, miskien verander dit oornag ook die perspektief wat die spieël so graag elke dag met my wil deel…en wie weet, dalk verklap die spieël van binne ook ‘n waarheid of twee…

Mag jy ook kersaand die sterre tussen die blare sien…en dalk ook iets van ‘n waarheid sien wat skielik alles in jou lewe kan verander.

Dit was skielik

En dan

Miskie in daar meer

En miskien

Is

Dit

Al

Profile photo of VozSola

by VozSola

Spesiaal net vir Lou…

Desember 14, 2011 in Sonder kategorie

Lou,

hierdie een is vir jou.

Want dit is al wat ek het om vir jou te sê; “ek verstaan”

xxx

Ours

I sadly shared with her our dying day,
alive she smiled, yet teary-eyed she died.
‘twas sad, but it was my life’s dying play
and she was praying low and I replied…

“The valley of fulfilment lays ahead,
the mountain in your life will still be strong
in me. My dying thoughts are left unsaid
for you’ve found me the place where I belong”

They buried her, but only me instead,
I screamed, I shouted, in the end I cried.
My heart would ache; it must be here that’s dead.
Rejoice, awaken me, for they have lied!

“The valley of forgiveness lies ahead;
the mountain in my life will still belong
to you. Your living words are left unsaid
for I’ve found you the place where you’d be strong”

 

© SueEè

Profile photo of VozSola

by VozSola

sommer al weer…

Desember 14, 2011 in Sonder kategorie

Ai toggie, dis so cute…

Sorry, as ek julle verveel met die kiekies…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Always go back to basics

Desember 13, 2011 in Sonder kategorie

Na gisteroggend se 6 buisies bloed trek…en nog ‘n EEG kry ek vanmiddag ‘n oproep van die neuroloog. EEG normaal. Elke liewe bloedtoets van a-z ingelsuit koper, kalium en ander…plus elke ander vitamien vlak, thyroid, suiker en ander onuitspreekbare name en goeters wat nog getoets is…is alles perfek en normaal…

…dankbaar gee ek ‘n sug van verligting.

Maar uit blote desperaatheid en ‘n dik, stywe en nou al ‘n baie seer vinger wat glad nie meer buig nie, en vinger se maatjie wat Big Ben se sekonde wyser soos ‘n baby laat tik, stap ek vanmiddag my seun se dokter se spreekamer binne.

“ Hierdie vinger is styf vir solank. Hierdie vinger ruk vir solank. Hierdie vinger volg daardie een.”

“Wat is fout?”

Hy vat my hand. Druk op ‘n plek op my vinger wat sooooo seer is, ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Huil sommer net uit frustrasie ook. “Dit is rheumatic arthritis met bietjie baie inflammation in hierdie vinger…moes al ‘n hele ruk so gewees het en die senuwees van hierdie en daardie is connected wat die ander se senuwees irreteer.”

Hier ‘n pilletjie vir die inflammation, en ‘n ander om die ergste bewerigheid te verminder.

Da, net so. Alles in tien minute.

Nou wonder ek… waar het alles deurmekaar geraak tussen my GP, die psigiater wat my paniek versteuring se medikasie dosis moes uitsorteer, na ‘n neuroloog, ‘n EEG, ‘n MRI, valse alarms, tweede neuroloog, nog EEG en honderd bloedtoetse…terug tot by ‘n gewone GP vir ‘n pilletjie vir inflammation?

Ok oor die rheumatic arthiritis sal ek later oor kommer…want my ma se hele familie het dit…so ek sal op my eie tyd hierdeur gaan.

Vir eers wee ek nie of ek moet bly wees of huil nie?

Maar nou wonder ek weer, kan dit dan regtig so eenvoudig wees…en indien wel…hoe kan ander dokters dit nie opgetel het nie. Ja, die 2de neuroloog se hoofpyn verklaring en medikasie werk. Die inner tremors is bloot angs en stress en maak blykbaar deel uit van die paniek versteurings…

En bewerige (Baie-baie bewerige) onbeheheerde vingers is bloot uit senuwee meegevoel vir hulle se middelste maatjie wat bietjie baie eina is?

Indien wel, is dit flippen amazing!

Indien nie, wat dan?

En wat van al die stress, die worry, die rondskarrel, die valse alarms ens. En ironies genoeg toe ek die dokter na die tyd vertel waardeur ek alles is om tot op hierdie punt te kom…vra hy of enige dokter ooit na my hand self gekyk het? NEE, hulle het nie! Hulle het net gestaar en alles direk kop toe gevat. (no pun intended)

Groot les wat ek geleer het. As jou vinger seer is, moenie na ‘n dokter/s luister wat ‘n pleister op jou kop wil plak nie. Die probleem is die vinger! Stick to the problem. As hulle nie die ooglopende kan sien nie, soek een wat kan. Ek kon nege duisend rand gespaar het!

Hierdie ondervinding het ongelooflik baie emosionele skade en onnodige trauma aangerig en natuurlik intussen net die paniek aanvalle vererger.

Miskien moes ek na my suster luister. Sy sê, “Moer strip twee keer ‘n dag is ‘n moet”

Profile photo of VozSola

by VozSola

Inni mirrel vanni stad…

Desember 12, 2011 in Sonder kategorie

Is daar ‘n bossie hier en dalk baby daar…

Vir die derde aand in ‘n ry is ek vanaand bevoorreg genoeg om die hele familie van sewe te kon sien…op onse eie voorstoep…en ‘n paar skelm kiekies te kon neem…

Nou wil ons graag weet, hoe algemeen kom hulle in die voorstede van die stad voor?

Profile photo of VozSola

by VozSola

D-day…

Desember 7, 2011 in Sonder kategorie

Het toe vir my gekom en gegaan…

Moet nog ‘n elle lange lys bloedtoetse laat doen…

En nog ‘n EEG…vir twee ander redes…

Hoofpyn pille wat nie botsellende belange met die ander medikasie het nie…

Met bg. uitslae sal die nuwe neuroloog (een wat actually praat en dinge verduidelik en omgee en actually wil help) die lang proses begin om ‘n lysie van ja, en nee af te tik…tot die regte probleem uiteindlik duidelik word.

Ek het nie krag vir nog toetse en nog wag nie…ook nie hierdie tyd van die ‘medical’ jaar enige fondse beskikbaar vir nog out of pocket toeste nie.

Meer as my medical savings en bank limit, dink ek, ekke het vanaand my eie emotional limit tot in sy moer oorskry…en my emotional support limit by myse mense naaste aan my, het blykbaar my automatic overdraft in cases of emergencies, ge-cancel.

Ek is nou null and void sommer op my eie kontrak ook verklaar.