Jy blaai in die argief vir 2011 November.

by VozSola

‘both sides now’

November 12, 2011 in Sonder kategorie

Dis al wat ek wou sê…

…en selfs dit is reeds te veel…

‘coz they just don’t make the clouds the same anymore…

Joni Mitchell – Video – Kliek om te kyk.

Bows and flows of angel hair and ice cream castles in the air
And feather canyons everywhere, i’ve looked at cloud that way.
But now they only block the sun, they rain and snow on everyone.
So many things i would have done but clouds got in my way.

I’ve looked at clouds from both sides now,
From up and down, and still somehow
It’s cloud illusions i recall.
I really don’t know clouds at all.

Moons and junes and ferris wheels, the dizzy dancing way you feel
As every fairy tale comes real; i’ve looked at love that way.
But now it’s just another show. you leave ’em laughing when you go
And if you care, don’t let them know, don’t give yourself away.

I’ve looked at love from both sides now,
From give and take, and still somehow
It’s love’s illusions i recall.
I really don’t know love at all.

Tears and fears and feeling proud to say “i love you” right out loud,
Dreams and schemes and circus crowds, i’ve looked at life that way.
But now old friends are acting strange, they shake their heads, they say
I’ve changed.
Something’s lost but something’s gained in living every day.

I’ve looked at life from both sides now,
From win and lose, and still somehow
It’s life’s illusions i recall.
I really don’t know life at all.

Joni Mitchell

by VozSola

Sorry, I win!

November 11, 2011 in Sonder kategorie

So het almal op die 11 11 11 wagon gespring…

Soos ek elders gemeld het, kleinding was 11 minute oor 11 in die oggend gebore (ja okay die datum was 17/02)

Maar, 11h11 was nog altyd ‘’n magic tyd en nommer…

Maar my man het vroeër inni ry gestaan en nie net sy pink kaartjie van drome gekry, op die 11/11/11 nie…maar ook op die tyd van 11 uur en 11 minute nie, maar amazingly ook even die 11 sekondes !!!

Check hieronder as julle my nie glo nie!

So, whatever jou 11/11/11 storie…try and beat this one!

\ 

by VozSola

(waarskuwing…net vir mense wat regtig ander wil leer verstaan)

November 10, 2011 in Sonder kategorie

  

So nou en dan kry mens darem een sinvolle artikel op die WWW. raakgelees. Daar is so ‘n oormaat van contradictions oor een onderwerp dat mens soms voel asof jy ekstra gestrem is in die wêreld van geestelike en spiritual paaie, dat mens soms net moet terug gaan na die basics.

Wat is ‘n mens… sonder emosies? Hoekom is daar mense wat emosioneel ‘hard’ geword het?

http://www.mkprojects.com/fa_emotions.html

Kliek op bg. link…dalk, miskien, net miskien lees jy iemand in jou lewe daarin raak. Miskien ‘n vriend, familie of kollega, vyand… en miskien bietjie van jouself. Wie weet? Dalk verstaan jy ook dalk effens beter of dalk meer confused omdat die kompleksiteit van emosies self die verwarring veroorsaak.

(Artikel effens aan die lang kant…maar elke liewe woord werd)

Ek was nogal geskok…want nou verstaan ek ook…

Sad hoe die lewe is…die mooiste plante is giftig en die kleinste roos het die grootste dorings…

Dis soms bitter unfair.

Dis so.

En

Dis nie al nie.

by VozSola

Jislaaik!!!!Yoah!!! Hokaai!!!

November 10, 2011 in Sonder kategorie

Goeie genade…ek’s nou super bang om ’n woord verder hier te sê…

Blogging onder ‘n skuilnaam is scary indeed…

 

 

It’s a sad sad world we live in, Master Blog…

by VozSola

O gaats…Help my!

November 9, 2011 in Sonder kategorie

Liewe bloggers,

My naam is Voz Sola en ek het ‘n probleem. Ek het nooit besef dat ‘dit’ as ‘n ‘probleem’ geidentifiseer kon word nie.

Mens besef mos nie jy’t ‘n issue nie voor iemand ‘van buite’ dit aan jou uitwys nie.

Ek weet ook nie hoe die probleem so groot geword het nie…

Ek wonder of daar ‘n ondersteunings-groep vir mense soos ek is?

(Maar ek is geheel en al onwillig om enige verandering te maak…miskien net bietjie opruim en regpak…maar ek het geen intensie om van hierdie probleem genees te word nie!)

Met bogenoemde feite sal enige ondersteuning verwelkom word.

Bewyse soos hiernaas gelewer.

Agtersitplek van my kar (Boot lyk erger)

Eish…kort spasie…

Geen meer spasie…

Die res lê inni garage….

by VozSola

So maak (word) mens…

November 8, 2011 in Sonder kategorie

Lyfstraf te koop

 

Banneling, jy het
liefdeloos gekleef aan die
ontug van die hart.
jou lyf het die straf verdra
‘n letsel wys hier en daar

‘n Vlees in limbo
tussen kraakvars en stokoud
‘n wintervel met
sout trane te bevogtig
wat ander so laat verdors

Soepel satynsag
tog laat die aand jou benoud
Is dit omdat jy
weet dat die koue sal kom,
dit kruip stadig diep in jou

 

©SueEè

by VozSola

Twinkle-twinkle

November 7, 2011 in Sonder kategorie

Soos die dae ure word in afwagting dat die swanger maan geboorte skenk aan die hemelruim en soos God se hand met sy lig die pad deur die grys nag aanwys, net so is die siklus van denke wat onopboudend groei en saam met die volmaan aan woorde geboorte skenk…en saam met hierdie woorde word daar soms, net soms soos met ‘n blou maan, ‘n insig met waarheid gebore. Wonderwerke gebeur op so ‘n aand. As die nanag se oeruil sy ore en oë uitruil vir ‘n gewone mens om ook daardie gefluister te hoor en ook daardie antwoord in die donker te mag sien.

Vir ander is die swangermaan aande steeds te donker en die sterre steeds te dof…en donker denke verskaf geen insig na waarheid nie. Die oeruil sal ook geen geheime deel nie. Bloot omdat ons ons blind staar teen die verv legte takke van verwyt en verkwiste tyd.

Mag die komende volmaan ook dalk vir jou ‘n antwoord fluister en ‘n ster van hoop aan jou hart kom hang, sonder om ‘n droom te laat verskiet.

Miskien is ons juis verlore omdat ons net afkyk waar ons loop, of om onderlangs na die wêreld om ons te loer…miskien sal ons weer moet leer om so nou en dan weer Op te kyk…

Dan wonder ek of al die sterre nie net dalk blink gesiggies van reeds bevoorregte siele is nie, maar dalk God se elke traan vir diegene wat nog met verlore hoop hier wandel. Dan wonder ek hoeveel trane het God nie reeds oor my gehuil nie?

by VozSola

Ek word daagliks baie dinge genoem…maar ’n doos is ek nie!

November 7, 2011 in Sonder kategorie

Dus as jy my nie ken nie, moenie aantuigings en beledigings rondslinger oor dinge waarvan

jy totaal niks van weet nie…

Van seermaak weet jy te veel en van seerkry gans te min…en dit is nogal sad…

want gemeen sal jy bly!

by VozSola

Sommer maar net…

November 6, 2011 in Sonder kategorie

omdat Maya Angelou soms so mooi kan skryf…

en soms omdat ons nie altyd in stilte kan luister nie…

 

I Know Why The Caged Bird Sings

 

 

The free bird leaps
on the back of the win
and floats downstream
till the current ends
and dips his wings
in the orange sun rays
and dares to claim the sky.

But a bird that stalks
down his narrow cage
can seldom see through
his bars of rage
his wings are clipped and
his feet are tied
so he opens his throat to sing.

The caged bird sings
with fearful trill
of the things unknown
but longed for still
and is tune is heard
on the distant hillfor the caged bird
sings of freedom

The free bird thinks of another breeze
an the trade winds soft through the sighing trees
and the fat worms waiting on a dawn-bright lawn
and he names the sky his own.

But a caged bird stands on the grave of dreams
his shadow shouts on a nightmare scream
his wings are clipped and his feet are tied
so he opens his throat to sing

The caged bird sings
with a fearful trill
of things unknown
but longed for still
and his tune is heard
on the distant hill
for the caged bird
sings of freedom.

Maya Angelou

by VozSola

Skreiend

November 4, 2011 in Sonder kategorie

Woorde wat flymskerp van die tong se swaard afdrup soos ’n kwylende rabies-straatbrak, net om opgedam te word in die slikdam van bejammering. Onverpoos deur die binnekring van ‘’n doolhof van vergifnis te moet ploeter net om herinner te word dat daar geen pit-stop van genade of ’n oase van liefde wag nie. Selfs vrede is slegs ’n mirage op ’n ander se voorstoep en vreugde hangende oor ’n ander se agterdeur. Alles is ’n beliegde belofde van carte blanche op velore hoop…

 

As silwer woorde soos wol oor ander se oë getrek word en die gemoed soos lood na benede daal…en die skaal na die donkerkant oor laat leen – Hoe veel meer goud is nodig om die nat watta balle van onbekeerde denke weer tot pofferende helderheid te herstel?

 

Die res is stof…(soms net tot nadenke)

Al is dit net my eie.

 

web-geleende-kiekie