by

Ek is regtig moedeloos…

November 28, 2011 in Sonder kategorie

(ja ek weet, miskien backfire hierdie personal bewoorde gedagtes op my, want ek praat gewoonlik net tussen die lyne deur…nooit sommer so reguit nie)

Maar ek weet nie meer wat aangaan nie, nog minder wat om verder te doen.

Ek was van my huisdokter na ‘n psigiater, deur die psigiater verwys na ‘n neuroloog. Neuroloog doen EEG en sê alles is ok…en my probleme is ‘tussen normaal en ander waaraan daar niks kan gedoen word nie – Live with it’

Terug huisdokter toe, gesels met neuroloog en verwys my terug na hom vir ‘n MRI. Die MR – Radiologist report wys ‘n hele paar obvious maar skaars probleme uit. Waarvan een (Neurodegenerative disorder with increased brain iron accumulation) in twee gedeeltes van my brein is, (ek’t dit gaan google en is totaal in skok) Neuroloog verskil van opinie en sê weereens dis ok…niks om oor te worry nie.

Huisdokter bitter geskok oor die verslag en skakel met die radioloog…sy bel my met die nuus daar is definitely ‘n paar groterige probleme op die MRI is en skakel onmiddelik ‘n ander neuroloog vir ‘n tweede opinie…eers die 7de December…

(as ‘n desperate poging tot inligting het ‘n buitestander psigiater saamgestem dat daar wel probleme is…en so ook ‘n buitestander neuroloog – off the record) Een van my jare lange dokters vriend het ook op ‘n tweede opinie aangedring.

Hoe kan professionals in die mediese gebied soveel van mekaar verskil? En net een dokter wat met niemand saamstem nie, wat my so onwelkom laat voel het en geen een van my vrae beantwoord behalwe dat dit normaal of niks om oor te worry nie…en na my kyk of ek ‘nie lekker in my kop is nie”

En intussen die gesukkel is al my vingers in my regter hand aangetas…teen die spoed van lig!!! Tesame met ongelooflik increase in die hoofpyne en full body tremors…

Ek is moedeloos verby…en emosionele support blyk deesdae onbekostigbaar duur te wees… Dit is aaklig om alleen van dokter na dokter te gaan…scary toetse alleen te moet deurmaak en dan die wag…

Ek kan baie dinge handle, het al baie meer as dit gehandle…maar ek dink ek is moeg en vir die eerste keer voel ek regtig moedeloos…frustrated en geheel en al sonder konsentrasie vir enige sober denke…en boonop moet ek al die horrible effects van paniekversteuring ook nog handle.

27 antwoorde op Ek is regtig moedeloos…

  1. TS het gesê op November 28, 2011

    *drukkie* Dit kan nie lekker wees nie Wens ek kon saam met jou gaan …
    Gee hulle nie vir jou medikasie in die tussentyd nie?

  2. Kan jy bietjie liefde vang as ek gooi?
    *Gooi*

  3. avega het gesê op November 28, 2011

    Aijaijai S, ek dink dis ‘n aaklige situasie om in te wees en die onsekerheid maak dit seker nog erger. Gaan met jou gut feeling, jy weet iets is fout jy moet net uitvind WAT. Moenie aanneem dis die ergste nie, soms moet mens nie te veel lees nie. Met my ma se beroerte het ek die Jhb hospitaal gebel om te hoor wie’s die beste neuroloog (‘n prof wat ander oplei) Miskien moet jy jou huisdokter (klink na goeie mens) vra om uit te vind wie’s die beste in Pta aangesien jy anyway lank gaan wag. Intussen bid ekke vir jou.

  4. VozSola het gesê op November 28, 2011

    dankie…
    (net die gewone medikasie vir die paniek…)

  5. VozSola het gesê op November 28, 2011

    “vang”
    Baie dankie!

  6. VozSola het gesê op November 28, 2011

    Ai, dis juis die onsekerheid wat my teen die mure uitdrywe… Een van die buitestanders is juis die beste in J’burg (millpark) wat raad gegee het…en is nou na ‘n baie goeie een verwys volgende week…hy kom hoogs aanbeveel…en is volgeboek tot Maart maar ek is ingedruk vir volgende week…so ek is dankbaar vir dit!

  7. avega het gesê op November 28, 2011

    Baie sterkte.

  8. TS het gesê op November 28, 2011

    En die hoofpyn?

    Ek hou van Vega se voorstel?

  9. VozSola het gesê op November 28, 2011

    Baie dankie!

  10. VozSola het gesê op November 28, 2011

    Niks help vir “Ice-Pick” hoofpyne nie…so sê daai dokter.

  11. Liewe Voz – doen jouself asb ‘n guns en gaan sien ‘n bodytalker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Ek gaan jou pm..

  12. Lou, ek het dadelik gedink aan daardie man by wie Hartman daardie een maal was

  13. Wees net dankbaar dat jy nie net by die een vasgehaak het nie.
    om te sê sterkte klink na so cliche maar wil graag vir jou handevol daarvan stuur

  14. VozSola het gesê op November 28, 2011

    Jislaaik, ek voel nou skoon skaam omdat soveel van julle is wat so nice is!
    Baie dankie!

  15. Ag, nee. Dis kak. Dit IS horrible om nie te weet wat’s fout nie. Baie, baie, baie sterkte. Dink aan jou.

  16. bgv het gesê op November 28, 2011

    Hou aan soek tot jy ‘n dokter kry wat jy vertrou en al jou vrae antwoord en vrese besweer. (Ek stuur vir jou ‘n privaat boodskap).

  17. Haal asem…

  18. Ek dink aan jou!

  19. Jinne Voz……ek hoop jy kry iemand wat al die vrae kan beantwoord!!!

    00×00

  20. VozSola het gesê op November 29, 2011

    Baie dankie
    xxOOxx

  21. VozSola het gesê op November 29, 2011

    ;-))
    met ‘n cuppa en twee suikers?
    Dankie.

  22. VozSola het gesê op November 29, 2011

    Ek glo hierdie keer sal ek ‘n antwoord vind…
    Panic disorder is yukkie!!! selfs op ‘n goeie dag… (sterkte vir jou ook)

  23. VozSola het gesê op November 29, 2011

    …ek probeer…

  24. VozSola het gesê op November 29, 2011

    Dankie Anri, en dankie vir jou PM boodskap…ek waardeer dit opreg…ek hou my vinger op jou knoppie…
    xxx

  25. VozSola het gesê op November 29, 2011

    Jis, jy stel dit so mooi…”dis kak” – absoluut!!!
    Baie dankie!

  26. Papie het gesê op November 6, 2013

    het jy al “cellfood” probeer. Ek se nie dit sal werk nie maar google dit en kyk na die testimonials en besluit self. Jy kry dit by dischem.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.