by

Familie is familie

November 27, 2011 in Sonder kategorie

En tog is elkeen se lewe so ver verwyder van die ander sin…dat dit soms amper ongelooflik is dat sommige wel familie kan wees.

Soos die cliché sê; dis ‘n skande dat familie mekaar net by begrafnisse en troues sien. Dis nogal waar…dit is uit my eie beginsels dat ek nie begrafnisse bywoon nie, maar gister se troue was so lekker om meeste van die familie weer te sien. Tannies, (my ma is een van sewe susters) en natuurlik van my nefies en niggie wat nog nie besluit het om die land te verlaat nie…en hulle se kinders.

Na die lekker kuier, skinder, lag en gesels en ook die hartseer vir die wat die troue van Bo moes bygewoon het…

…na middernag vat elk sy pad huistoe…sommige twee ure se ry, sommige skaars ‘n uur en ons sommer 10 minute…

…so naby en tog so ver bly ons steeds van mekaar verwyder…altyd met die belofte dat ons meer moet kuier, meer moet bel, meer mekaar se lewens moet deel…

…en skielik is dit 5, 10 of selfs twintig jaar later…en na ‘n dag se gekuier, maar ons weer en weer dieselfde belofte…

Maar in gedagtes is ons altyd naby genoeg in elk se hart.

Ek dink ek wil vir ‘n rukkie net binne in my hart self bly.

4 antwoorde op Familie is familie

  1. TS het gesê op November 27, 2011

    Klink lekker

  2. Go with the flow of life – as ons bymekaarkom as familie, geniet ons dit ook en groet mekaar met dieselfde woorde en doen nooit weer moeite om bymekaar uit te kom nie.

  3. Dis goed so. Dit hoort so.

  4. Neander het gesê op November 28, 2011

    Alle families maak maar so.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.