by

Ek’s alweer by my wegkruip hoekie…

November 23, 2011 in Sonder kategorie

So moet my nie soek nie…want hier is dit stil en donker. Dankie.

Was heel oggend by die neurologist. My brein ingeplug…twintig bladsye vol bewerige strepies geprint.’n Sonar van are se bloedvloei van hier na daar…staan, spring, kyk, vinger oppi neus toetse. Ens. ens. ens.

Dr sê:

1. Your full body tremors during sleep (irrespective how long and how many) is ‘normal’ caused by stress, anxiety and panic.

 2. Your ice-pick headaches – we (as professionals) still have not found the cause/s for that. You can have one to up to fifty per day. There is no known cause and therefore no real treatment. It is a rare condition that only affects 1% to 2% of the population.

3. Your tremors/twitching of your two finger and general stiffness in the other and loss of strength is very interesting. I have not seen this before (with a clear, nothing to worry about EEG) and don’t know what it is or what causes them.

4. Thank you and have a nice day.

Flip. Net so. Have a nice day! En nou moet ek nog agt honderd rand gaan betaal vir die verwysende dokter om bogenoemde weer aan my dalk in minder as agt woorde te deel …teen ‘n honderd per woord…!!!

En dit het my sopas net oor die twee duisend rand gekos…om te hoor…dis normaal…dis te rare…en ‘nog nooit gesien nie’

Los dit my probleem op? Nee…dit veroorsaak net met stress, anxiety en panic… want intussen sukkel ek om te tik…en selfs om ‘n koppie vas te hou.

Dankie…

Ek gaan nou weer in myse wegkruip hoekie inkruip.

Want hier buite in die oopte van die normale wêreld is die ligte te skerp vir blinde mense!

8 antwoorde op Ek’s alweer by my wegkruip hoekie…

  1. eros01 het gesê op November 23, 2011

    Ek weet my opinie hier is ongevraagd en ek is geen mediese kenner nie. Jou simptome klink baie na wat my ma ervaar het. Hulle het haar skildklier getoets en twee van haar parathyroids verwyder.Die styfheid in haar hande het na ongeveer twee weke verdwyn. Net ‘n klip in die bos.Hoop jy voel gou beter. xR

  2. Ai Voz!
    Ek sou eers ‘n body talker gaan sien het…jammer dat ek nou eers daaraan dink. Ek ken een wat briljant is. EN ek het bewyse dat dit werklik werk (ek is te dom om te verduidelik hoe dit werk)

    Dink aan jou.
    xxx

  3. Neander het gesê op November 24, 2011

    Voorspoed Vozzie.

  4. TS het gesê op November 24, 2011

    *drukkie* jy mag maar bietjie in die hoekie kruip … as ek Lou en Roosmaryn se kommentaar lees is daar vir jou hoop?

  5. zephur het gesê op November 24, 2011

    Ek sou gedink het met so iets sou hulle jou gebruik het as proefkonyn…

  6. Hier is bietjie LIEFDE.
    Net vir jou.

  7. frandr het gesê op November 24, 2011

    Sjoe, so jammer om te hoor dat jy so ‘n stryd stry. Sterkte!

  8. avega het gesê op November 25, 2011

    Bly jou EEG is normaal, obviously ook breingewas uitgeskakel. Twee groot verligtings. Jy weet stres is ‘n bliks… veroorsaak meeste van ons probleme. Hoop jy kry die oplossing. Ek wens die dokters kon mens se geld teruggee as hul nie ‘n diagnose kon maak nie.Sterkte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.