by

Blou Maandag

November 21, 2011 in Sonder kategorie

So…toe reën dit wraggies liters en liters oornag hier inni stad.

Groot poele water wat blyk asof pas skoongemaakte gutters steeds verstop is. Tussen die voordeur en garage sy deur lê ‘n mini swembad wat wag…en so tussen die hier en daar en die balans verloor slaan ek my ‘taxi-driver-sign-language’ vinger in die deur vas…terwyl kleinding water-trap van die lag totdat hy agtergekom het…die geluide wat ek gemaak het nou nie juis as lag kwalifiseer nie!

So ry ek middelvinger inni lug en laai kleinding by die skool af en vat die pad werk toe. Erens naby die Parkeer ingang van daai stasie vind ek myself in die middelbaan agter ‘n 4×4 en ‘n moerse klomp water…en toe…dryf ek vir sowat twee meter kant toe tot my al vier my wieletjies weer teer raakry…en water wat my passanger kant se mat nat gemaak het… Les: Moenie agter ‘n 4×4 deur ‘n moerse poel water ry as jou tjor kleiner is met ‘n bestuurder wat vinger inni lug ry nie…

Ekke het laas nog geskrywe van die die vinger wat ‘n wil van sy eie het…en was baie bekommerd daaroor en dat dit dalk maar net ‘n newe effek van die medikasie was…maar dit was toe nie en is na ‘n neuroloog verwys…afspraak volgende week…maar intussen het nog ‘n vinger die bewerasies begin kry en ‘n ander is styf en seer om te buig…intussen so bietjie krag ook verloor…
Brain-freeze hoofpyne (pardon the pun) en interne vibrasies van kop tot tone (waaroor ek ‘n jaar op wat gelede ook oor geblog het)…so ek is bietjie op ‘n slegte plek wat denke aan betref en tik is ‘n effort wat vol konsentrasie verg, wat ek ook nie te veel van het nie. En al die denke en dinge vereger net die paniek aanvalle…soveel so dat ek nie eers my gebruikte Saterdag mark koffie kon gaan geniet nie. Ook nie geselskap nie. Ook nie lees nie. Ook nie eers blog nie. Ek wil net weet wat aangaan en wat fout is…

Maar soos met alle slegte dinge…kom daar soms ‘n paar dae se delayed en half verlore mms by jou foon uit…en dan smile ek so (okay, fine) sommer moerse groot en moerse trots op myse kleinding wat so lekker glimlag… het skielik oornag ‘n groot seun geword.

Dit maak dit alles net so effens beter.

8 antwoorde op Blou Maandag

  1. Berwick het gesê op November 22, 2011

    Blou Maandag, Swart Dinsdag. So it goes.

  2. o, maar hy is stunning!

    (Ek hoop “hulle” los jou vingerprobleem gou op, Voz!
    Ons het juis gister oor medikasie vir paniek aanvalle gechat…toevallig is iemand anders ook op Ci Lift (spelling?) Dis klink asof dit vir hulle help. (Net ‘n voorstel)

    xxx

  3. Neander het gesê op November 22, 2011

    Camel Man?

  4. TS het gesê op November 22, 2011

    Mooie jonge man…

  5. avega het gesê op November 22, 2011

    Ai die vinger. Hoop hulle kan uitvind wat aangaan. Dis scary solank mens nie weet nie.

  6. VozSola het gesê op November 24, 2011

    Dankie…hy’s my groot trots!

  7. VozSola het gesê op November 24, 2011

    :-))
    Ons werk nog aan die donsies…voor dit sulke tyd is!

  8. VozSola het gesê op November 24, 2011

    Dankie Lou!!

    (moet môre terug gaan vir ‘n MRI)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.