by

My briefie hemel toe…

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Liewe Here,

Ek stuur maar hierdie briefie met die maan, want die skylight vir hierdie gebed het iemand oornag met sement gevul. Ek sal môre iemand kry om dit gou te herstel…

U ken my al vir 39 jaar en ‘n bietjie meer dae… U het my pad stap vir stap met u GPS lankal uitwerk sekerlik nog lank voor ek die lig gesien het. U het elke grondpad, elke voetpad, elke high way uitgewerk. Elke opdraende, en free-wheel afdraende. Elke hobble, elke doring. Here, daarvoor is ek uiters dankbaar. Want waar ek moes leer, het ek geleer. Waar ek moes val, het ek seer geval. Waar ek moes vlieg, het ek hoog gevlieg.

U het my ‘n moeder en vader op hierdie aarde gegee. U het hulle en hul harte geken, net soos u myne ken. U het my ‘n moeder gegee wat my leer het om my plek te ken. Om slegs te praat wanneer nodig…en as ek praat om die woorde die moeite werd te maak, sodat dit vir ewig kan lewe…en nooit dooie woorde te spreek oor dooie dade nie. Dis is soms die beste om die ander wang te draai en dat ‘n oog vir oog beide blind sal laat. Maar liewe Here, selfs as was sy haar lewe lank geduldig, gedwee en goedgelowig…het dit haar nie van eina beskerm nie…

Here, U het aan my ‘n pa gegee wat reeds moeg was vir die lewe. Wat elke dag met die lewe en sy mense, en sy vrou en sy kinders gestoei het. ‘n Pa wat net liefde deur emosionele en verbale mishandeling en manupilasie kon wys – soos net dit wat hy geken het… Wie weet, as my geheue reg is, anderste soort van die verkeerde soort liefde ook. Hoekom Here, kon jy nie sy hart so sag soos my moeder sin gemaak het nie?

Dan Here, het ek alles al gedoen wat van my verwag word…as gehoorsame kind van U huis…en steeds het U aan my deel gemaak van mense en situasies waaroor ek geen beheer oor het nie. Nie oor hul dade aan ander nie, ook nie hul dade teenoor hulself, maar meestal nie oor hulle se dade teenoor my nie…Van uit my ouer huis…reguit na my eie huis. Meestal ongevraagd en meestal onwelkom. Altyd vernederend en verkleinerend. Maar selfs dit is deel van u plan. Ek het by my ma geleer…soos sy by U geleer het…en dit kan tog mos nie verkeerd wees nie, of hoe?

Here, dankie dat dit vanaand 39 jaar geneem het om ‘n stukkie van my suster se siel te ontdek en kon gedeel het…en as dit ook deel was van U plan, dankie vir die woorde vlerke waarmee sy my vanaand vir die eerste keer ooit mee kon omhels het. Ek is U dankbaar daarvoor.

Dankie vir die seerkry en die Boek vol pleisters.

Dankie

Steeds net ‘n kind.

Vir Altyd.

9 antwoorde op My briefie hemel toe…

  1. Alhoewel ek nie in determinisme glo nie, het ek nogtans hierdie skrywe baie geniet en kon ook baie daarmee ‘saamleef’ omdat ek uit ‘n soortgelyke huis kom.

    http://skryfblok.blogspot.com

  2. TS het gesê op November 16, 2011

    *drukkie*

  3. Nog duisende 5 sterretjies, Voz!

  4. *****

  5. Hey…

  6. *****

    Voz.Ek het nie woorde nie. Net wow, sjoe.

  7. Mens moet nooit kontak met die “inner child” verloor nie.

  8. avega het gesê op November 16, 2011

    Flipit, jy maak my sad. Ek was lus vir huil vandag.

  9. Hartseer Mooi!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.