by

Vrees is ‘n scary emosie…

November 14, 2011 in Sonder kategorie

Soms weet jy voor jou siel sommige jou vrese is ongegrond en gewoon stupid. Maar dan neem ‘n sewende sintuig oor…een wat jou vertel dat selfs jou sesde sintuig (that tiny little voice) vir jou lieg. Dan is dit reeds te laat…

Twee weke gelede het een van die valse alarms wel ‘n vrees tot ‘n werklikheid verklaar.Uiteindelik het dit ‘n naam gekry. Dit was ‘n lae hou. Met daardie hou het meer as net vrees voor my voete uitgespil. Dit wat saam met daardie vrees uitgekom het…was niks lekker nie. Seker goed op mens se lewenspad pak mens sommer in daai special rooi suitcase genaamd – denial…ontkenning.

Môre is weer so dag…nog vrese…dalk nog werklikhede…wie weet? Maar hierdie keer is ek banger as wat nog ooit was… Laas Donderdag het ek gesukkel om te tik… (Okay, as dit so raak weet ek dis weer tyd vir die kat-naels om weer bietjie ingetrek en getrim te word.) Maar my ring vinger aan die regter kant het onheerlik begin bewe. Eers gedink dis seker die stutting van my elmboog en toe dalk die stutting van my hand palm wat ‘n senuwee of iets affekteer…maar dit hou toe nie op nie. Sporadies bewe daardie vinger buite beheer…en dit met geen pyn of met enige gevoel nie… Die hele naweek worry ek…die hele dag worry ek…en die vinger bly bewe.

Kom ek hoop dis net ‘n newe effek van die medikasie… Kom ek hoop dat hulle môre eerder daai rooi tassie langs die pad weggooi en nie vir my vra om dit uit te pak en stories oor elke item/gedagte daarin te vertel nie…

Ek’s so bitter moeg van bang wees.

Night.

16 antwoorde op Vrees is ‘n scary emosie…

  1. … moenie wees nie …

  2. TS het gesê op November 14, 2011

    Ek wil dit nie afmaak as onbelangrik nie, maar kan dit nie net ‘n logiese rede hê soos ‘n senuwee wat iewers vasknyp nie. Hulle doen vandag mos sommer wonderlike goed. Gaan dr. toe sou ek sê!

  3. VozSola het gesê op November 14, 2011

    ;-(
    🙂

  4. VozSola het gesê op November 14, 2011

    Dankie…
    ekke gaan môre…

  5. VozSola het gesê op November 14, 2011

    Hi Anha…
    ek en my GP dink dalk dis ‘n newe effek van daai ander soortige medisyne…
    kom ek hoop so…
    thnx
    XXX

  6. Sterkte vir vandag, as jy seker hier lees.

  7. Jis, ek kry ook tye waar vrees my oorweldig!
    Almal sê moenie bang wees nie, maar my lyf/gees/siel het nie ore nie.

    Dink aan jou.
    xx

  8. Baie sterkte vir jou! Ek gaan ook maar vanmiddag my vriend die dokter sien, daar is so paar goetertjies wat pla- ook gisteraand weer net tussen 2h30 en 5h00 geslaap…

  9. vrees is ‘baie’ dinge
    maar dit is nooit ‘stupid’ nie
    vrees kan ook ‘goed’ wees
    maar, moet net nooit ‘vrees’ vrees nie
    JY moet in beheer daarvan staan
    die teenvoeter is kennis en uitwissing/en of beheer van die oorsprong van vrees
    sterkte!

  10. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Hi Mr.B.
    Ek verstaan, veral die vrees vir vrees…
    Dankie.

  11. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Hoeveel uur slaap donasie kan ek maak… My sandsakkie loop deesdae oor!

  12. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Thnx…jy’s reg…ek is juis bang vir daardie beheer verloor deel…

  13. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Dankie Lou!!!
    (was nou verwys na ‘n Neuroloog…)
    eish…

  14. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Hola,
    Dankie!!!

  15. VozSola het gesê op November 15, 2011

    eish…sal meer oor twee weke weet…weer na ‘n ander dr. verwys.

  16. VozSola het gesê op November 15, 2011

    Thnx Anha…maar toe nie elmboog nie…maar wel ‘n verwysing na ‘n Neuroloog…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.