by

Wonder sommer so sonder die gom…

November 13, 2011 in Sonder kategorie

Respek is soms ‘n vreeslike lastige woord, net soveel as wat dit ‘n handige woord in enige debat kan wees…either you have too much of it, or you have a total lack thereof.

Hierdie eindelose haak en plak van oeroue comments wat opgedis word oor gesprekke wat lankal uit konteks getrek word, is teen die tyd effens irritating.

Geen twee mense is dieselfde nie, en geen twee gedagtes is dieseldfde nie, nie eers vanuit dieselfde persoon se denke nie. Dit is waar resprek so bietjie bal moet speel. As jy nie die social skills van hierdie soort van respek het nie, eindig dit presies waar Litnet blogs hul tans bevind.

Dit is nogal net sad…veral toe ek gister ‘n ex-blogger raakgeloop het…Hy’t gevra…gaan dit nog steeds soooo daar serdert hy weg is. (juiste in dieselfde blog omstandighede as tans) My antwoord…”Jy’t die ergste gemis” en “mis steeds niks” …en dit was nogal sad om so die waarheid oor te dra.

Geen amount of wondergom gaan weer hierdie blogs aanmekaar kan plak nie. Die ergste is, niemand weet regtig wat aangaan en hoekom mense baklei nie. Dit is nie eers nodig om so lang uitgerekte stories daarvan te maak en die blogs vir die res onplesierig te maak nie.

Sê net reguit;

Wie moet bly en wie moet gly.

Sodoende sal dit mos heel voor die handliggend wees wie is ‘n blogger en wie is ‘n troll en wie is ‘n drol.

Wat elke naweek begin en eindig in emotional torture vir diegene wat nie na ander se gedurige bekgevegte wil luister nie.

Dis al.

En.

Al.

9 antwoorde op Wonder sommer so sonder die gom…

  1. VozSola het gesê op November 13, 2011

    maybe it’s your wish, but not mine…
    jammer.

  2. sprokie het gesê op November 13, 2011

    haha, ek dog die punt van blogging is om te mis op jou eie hoop, en uit te vee waarvan jy nie hou nie. Dis maar wat jy daarvan maak, ignoreer die miskoeke man!

  3. sprokie het gesê op November 13, 2011

    haha, ek dog die punt van blogging is om te mis op jou eie hoop, en uit te vee waarvan jy nie hou nie. Dis maar wat jy daarvan maak, ignoreer die miskoeke man!

  4. deel jou opinie.

  5. Ek stem, dit raak nou baie vervelig, soveel so dat ek nie eers meer die geswets lees nie.

  6. Ai, Voz…dink jy ons sal ooit weer kan terugkeer na interessante blogs? Al die gawe mense is besig om op te pak, en I don’t blame them.

    sug

    xxx

  7. Dit kan seker nie viesliker wees as nou nie.
    n Paar mense het baie tyd op hul hande.
    Ek dink die Litnetbestuur kan iets hieraan doen maar wil nie.
    Al wat moet gebeur is dat anoniemiteit weggeneem word.
    Die probleem is n paar verbitterde oud bloggers wat nie meer aandag kry nie.

  8. avega het gesê op November 14, 2011

    Stem saam, ek verstaan geensins wat hierdie sg. bloggers motiveer om so knaend en kru op te tree nie. Hulle moet een of ander satisfaksie daaruit kry, maar ek verstaan dit nie. Ek wonder of hulle besef hoe belaglik hulle is. Ek glo ook dat mense hulle van die begin af net moes ignoreer het, maar dis seker nie altyd moontlik nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.