Jy blaai in die argief vir 2011 November.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Valediction

November 29, 2011 in Sonder kategorie

Kom nou net terug van die Grade 7’s valediction service… tussen trots en ‘n tikkie hartseer dink ek hoe vinnig het die afgelope sewe jaar nie verby gevlieg nie. Net nou die dag was dit ‘n verwese kindjie met tassie inni hand op sy eerste ‘groot skool’ dag…en vanaand staan hy lank en trots tussen sy pelle…en ek wonder en wens in die stilligheid dat die volgende vyf jaar net asseblief stadiger sal verby gaan…stadig genoeg om elke oomblik te onthou en nie net halwe flitse van herinnering in die geheue afskets nie. Hierdie keer wil ek elke herinnering soos ‘n vollengte movie onthou…en ek wonder of dit ooit moonlik sal wees?

Môre gaan die Graad 7 klas Sun City toe vir ‘n dag se party…en ons werk se managers gaan lunchtyd die gou-gou-trein Sandton toe neem vir lunch by die Butcher…en die middag daar verwyl tot ons met sonsonder weer die go-go terugneem stad toe…

Volgende week het ons groot staff party by die werk en dan is die jaar se official besigheids geleenthede in sy moer, dan nog twee dokters afsprake en dan is dit uiteindelik tyd vir myse holiday!!!

Ek is vir een baie blymoedig as hierdie jaar uiteindelik sy gat gaan sien…dit was nou nie juis een van die bestes wat ek al ooit gehad het nie, nie op enige gebied in myse lewe nie…

Viva 2012!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ek is regtig moedeloos…

November 28, 2011 in Sonder kategorie

(ja ek weet, miskien backfire hierdie personal bewoorde gedagtes op my, want ek praat gewoonlik net tussen die lyne deur…nooit sommer so reguit nie)

Maar ek weet nie meer wat aangaan nie, nog minder wat om verder te doen.

Ek was van my huisdokter na ‘n psigiater, deur die psigiater verwys na ‘n neuroloog. Neuroloog doen EEG en sê alles is ok…en my probleme is ‘tussen normaal en ander waaraan daar niks kan gedoen word nie – Live with it’

Terug huisdokter toe, gesels met neuroloog en verwys my terug na hom vir ‘n MRI. Die MR – Radiologist report wys ‘n hele paar obvious maar skaars probleme uit. Waarvan een (Neurodegenerative disorder with increased brain iron accumulation) in twee gedeeltes van my brein is, (ek’t dit gaan google en is totaal in skok) Neuroloog verskil van opinie en sê weereens dis ok…niks om oor te worry nie.

Huisdokter bitter geskok oor die verslag en skakel met die radioloog…sy bel my met die nuus daar is definitely ‘n paar groterige probleme op die MRI is en skakel onmiddelik ‘n ander neuroloog vir ‘n tweede opinie…eers die 7de December…

(as ‘n desperate poging tot inligting het ‘n buitestander psigiater saamgestem dat daar wel probleme is…en so ook ‘n buitestander neuroloog – off the record) Een van my jare lange dokters vriend het ook op ‘n tweede opinie aangedring.

Hoe kan professionals in die mediese gebied soveel van mekaar verskil? En net een dokter wat met niemand saamstem nie, wat my so onwelkom laat voel het en geen een van my vrae beantwoord behalwe dat dit normaal of niks om oor te worry nie…en na my kyk of ek ‘nie lekker in my kop is nie”

En intussen die gesukkel is al my vingers in my regter hand aangetas…teen die spoed van lig!!! Tesame met ongelooflik increase in die hoofpyne en full body tremors…

Ek is moedeloos verby…en emosionele support blyk deesdae onbekostigbaar duur te wees… Dit is aaklig om alleen van dokter na dokter te gaan…scary toetse alleen te moet deurmaak en dan die wag…

Ek kan baie dinge handle, het al baie meer as dit gehandle…maar ek dink ek is moeg en vir die eerste keer voel ek regtig moedeloos…frustrated en geheel en al sonder konsentrasie vir enige sober denke…en boonop moet ek al die horrible effects van paniekversteuring ook nog handle.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Familie is familie

November 27, 2011 in Sonder kategorie

En tog is elkeen se lewe so ver verwyder van die ander sin…dat dit soms amper ongelooflik is dat sommige wel familie kan wees.

Soos die cliché sê; dis ‘n skande dat familie mekaar net by begrafnisse en troues sien. Dis nogal waar…dit is uit my eie beginsels dat ek nie begrafnisse bywoon nie, maar gister se troue was so lekker om meeste van die familie weer te sien. Tannies, (my ma is een van sewe susters) en natuurlik van my nefies en niggie wat nog nie besluit het om die land te verlaat nie…en hulle se kinders.

Na die lekker kuier, skinder, lag en gesels en ook die hartseer vir die wat die troue van Bo moes bygewoon het…

…na middernag vat elk sy pad huistoe…sommige twee ure se ry, sommige skaars ‘n uur en ons sommer 10 minute…

…so naby en tog so ver bly ons steeds van mekaar verwyder…altyd met die belofte dat ons meer moet kuier, meer moet bel, meer mekaar se lewens moet deel…

…en skielik is dit 5, 10 of selfs twintig jaar later…en na ‘n dag se gekuier, maar ons weer en weer dieselfde belofte…

Maar in gedagtes is ons altyd naby genoeg in elk se hart.

Ek dink ek wil vir ‘n rukkie net binne in my hart self bly.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ek’s alweer by my wegkruip hoekie…

November 23, 2011 in Sonder kategorie

So moet my nie soek nie…want hier is dit stil en donker. Dankie.

Was heel oggend by die neurologist. My brein ingeplug…twintig bladsye vol bewerige strepies geprint.’n Sonar van are se bloedvloei van hier na daar…staan, spring, kyk, vinger oppi neus toetse. Ens. ens. ens.

Dr sê:

1. Your full body tremors during sleep (irrespective how long and how many) is ‘normal’ caused by stress, anxiety and panic.

 2. Your ice-pick headaches – we (as professionals) still have not found the cause/s for that. You can have one to up to fifty per day. There is no known cause and therefore no real treatment. It is a rare condition that only affects 1% to 2% of the population.

3. Your tremors/twitching of your two finger and general stiffness in the other and loss of strength is very interesting. I have not seen this before (with a clear, nothing to worry about EEG) and don’t know what it is or what causes them.

4. Thank you and have a nice day.

Flip. Net so. Have a nice day! En nou moet ek nog agt honderd rand gaan betaal vir die verwysende dokter om bogenoemde weer aan my dalk in minder as agt woorde te deel …teen ‘n honderd per woord…!!!

En dit het my sopas net oor die twee duisend rand gekos…om te hoor…dis normaal…dis te rare…en ‘nog nooit gesien nie’

Los dit my probleem op? Nee…dit veroorsaak net met stress, anxiety en panic… want intussen sukkel ek om te tik…en selfs om ‘n koppie vas te hou.

Dankie…

Ek gaan nou weer in myse wegkruip hoekie inkruip.

Want hier buite in die oopte van die normale wêreld is die ligte te skerp vir blinde mense!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blou Maandag

November 21, 2011 in Sonder kategorie

So…toe reën dit wraggies liters en liters oornag hier inni stad.

Groot poele water wat blyk asof pas skoongemaakte gutters steeds verstop is. Tussen die voordeur en garage sy deur lê ‘n mini swembad wat wag…en so tussen die hier en daar en die balans verloor slaan ek my ‘taxi-driver-sign-language’ vinger in die deur vas…terwyl kleinding water-trap van die lag totdat hy agtergekom het…die geluide wat ek gemaak het nou nie juis as lag kwalifiseer nie!

So ry ek middelvinger inni lug en laai kleinding by die skool af en vat die pad werk toe. Erens naby die Parkeer ingang van daai stasie vind ek myself in die middelbaan agter ‘n 4×4 en ‘n moerse klomp water…en toe…dryf ek vir sowat twee meter kant toe tot my al vier my wieletjies weer teer raakry…en water wat my passanger kant se mat nat gemaak het… Les: Moenie agter ‘n 4×4 deur ‘n moerse poel water ry as jou tjor kleiner is met ‘n bestuurder wat vinger inni lug ry nie…

Ekke het laas nog geskrywe van die die vinger wat ‘n wil van sy eie het…en was baie bekommerd daaroor en dat dit dalk maar net ‘n newe effek van die medikasie was…maar dit was toe nie en is na ‘n neuroloog verwys…afspraak volgende week…maar intussen het nog ‘n vinger die bewerasies begin kry en ‘n ander is styf en seer om te buig…intussen so bietjie krag ook verloor…
Brain-freeze hoofpyne (pardon the pun) en interne vibrasies van kop tot tone (waaroor ek ‘n jaar op wat gelede ook oor geblog het)…so ek is bietjie op ‘n slegte plek wat denke aan betref en tik is ‘n effort wat vol konsentrasie verg, wat ek ook nie te veel van het nie. En al die denke en dinge vereger net die paniek aanvalle…soveel so dat ek nie eers my gebruikte Saterdag mark koffie kon gaan geniet nie. Ook nie geselskap nie. Ook nie lees nie. Ook nie eers blog nie. Ek wil net weet wat aangaan en wat fout is…

Maar soos met alle slegte dinge…kom daar soms ‘n paar dae se delayed en half verlore mms by jou foon uit…en dan smile ek so (okay, fine) sommer moerse groot en moerse trots op myse kleinding wat so lekker glimlag… het skielik oornag ‘n groot seun geword.

Dit maak dit alles net so effens beter.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Daar is regtig NICE mense oppi blogs.

November 16, 2011 in Sonder kategorie

Dit is daardie mense wat stil-stil lees…en dalk later sal onthou…of daaroor dink…

Dit is daardie mense met die ‘smiley’s’

Dit is daardie mense wat stille denke met jou deel.

Dit is daardie mense wat moed inpraat.

Dit is daardie mense wat saam praat.

Dit is daardie mense wat bloot net verstaan.

En dit is daardie mense wat net vir jou wil sê, ‘Dis okay’

En dit is dalk ook iemand soos jy wat toevalig hierdie inskrywing deur gescan het…

Meestal is dit mense soos julle wat by my vorige inskrywing kom sterre hang het… Dit en elke kommentaar het my weer hoop gegee dat dat regtig nice mense hier oppi blogs kuier.

Ek dink dis nice.

En dis okay.

Dis al.

Profile photo of VozSola

by VozSola

My briefie hemel toe…

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Liewe Here,

Ek stuur maar hierdie briefie met die maan, want die skylight vir hierdie gebed het iemand oornag met sement gevul. Ek sal môre iemand kry om dit gou te herstel…

U ken my al vir 39 jaar en ‘n bietjie meer dae… U het my pad stap vir stap met u GPS lankal uitwerk sekerlik nog lank voor ek die lig gesien het. U het elke grondpad, elke voetpad, elke high way uitgewerk. Elke opdraende, en free-wheel afdraende. Elke hobble, elke doring. Here, daarvoor is ek uiters dankbaar. Want waar ek moes leer, het ek geleer. Waar ek moes val, het ek seer geval. Waar ek moes vlieg, het ek hoog gevlieg.

U het my ‘n moeder en vader op hierdie aarde gegee. U het hulle en hul harte geken, net soos u myne ken. U het my ‘n moeder gegee wat my leer het om my plek te ken. Om slegs te praat wanneer nodig…en as ek praat om die woorde die moeite werd te maak, sodat dit vir ewig kan lewe…en nooit dooie woorde te spreek oor dooie dade nie. Dis is soms die beste om die ander wang te draai en dat ‘n oog vir oog beide blind sal laat. Maar liewe Here, selfs as was sy haar lewe lank geduldig, gedwee en goedgelowig…het dit haar nie van eina beskerm nie…

Here, U het aan my ‘n pa gegee wat reeds moeg was vir die lewe. Wat elke dag met die lewe en sy mense, en sy vrou en sy kinders gestoei het. ‘n Pa wat net liefde deur emosionele en verbale mishandeling en manupilasie kon wys – soos net dit wat hy geken het… Wie weet, as my geheue reg is, anderste soort van die verkeerde soort liefde ook. Hoekom Here, kon jy nie sy hart so sag soos my moeder sin gemaak het nie?

Dan Here, het ek alles al gedoen wat van my verwag word…as gehoorsame kind van U huis…en steeds het U aan my deel gemaak van mense en situasies waaroor ek geen beheer oor het nie. Nie oor hul dade aan ander nie, ook nie hul dade teenoor hulself, maar meestal nie oor hulle se dade teenoor my nie…Van uit my ouer huis…reguit na my eie huis. Meestal ongevraagd en meestal onwelkom. Altyd vernederend en verkleinerend. Maar selfs dit is deel van u plan. Ek het by my ma geleer…soos sy by U geleer het…en dit kan tog mos nie verkeerd wees nie, of hoe?

Here, dankie dat dit vanaand 39 jaar geneem het om ‘n stukkie van my suster se siel te ontdek en kon gedeel het…en as dit ook deel was van U plan, dankie vir die woorde vlerke waarmee sy my vanaand vir die eerste keer ooit mee kon omhels het. Ek is U dankbaar daarvoor.

Dankie vir die seerkry en die Boek vol pleisters.

Dankie

Steeds net ‘n kind.

Vir Altyd.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ag okaai, hier’s myse lysie ôk maar…

November 15, 2011 in Sonder kategorie

Drie dinge waaroor jy mal is op die oomblik:

          Stilte (huismense nog nie tuis nie!)

          ‘n uur en half telefoon gesprek met my sus (met wie ek maande gelede regtig gesels het)

          Koffie inni bed.

Noem 3 dinge wat jy vir jou 20 jarige self sou wou sê as jy kon terugreis in tyd:

          Believe in yourself.

          Trust in yourself.

          Be kind to yourself.

Wat is die 3 dinge wat jy voor jou siel weet jy eintlik behoort aan te werk wat jouself aanbetref:

          To believe in myself.

          To trust myself

          To be kind to myself.

Waarvoor is jy bang?

          Me

          Myself

          And I

Wat maak jou kinderlik opgewonde:

          Chocolate mousse cake

          ‘n Nuwe boek

          My kind se Kalahari droë sin vir humor

Noem 3 goeie gewoontes:

          Respekvol

          Pligsgetrou

          Loyal.

Noem 3 van jou slegste gewoontes:

          Te veel koffie.

          Rook (ja-ja…daar’s baie ander slegter dinge as dit)

          Bek hou as ek eerder moet bek rek…

Ek wou vanaand iets anders gepost het…maar hierdie moet maar doen vir eers.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Vrees is ‘n scary emosie…

November 14, 2011 in Sonder kategorie

Soms weet jy voor jou siel sommige jou vrese is ongegrond en gewoon stupid. Maar dan neem ‘n sewende sintuig oor…een wat jou vertel dat selfs jou sesde sintuig (that tiny little voice) vir jou lieg. Dan is dit reeds te laat…

Twee weke gelede het een van die valse alarms wel ‘n vrees tot ‘n werklikheid verklaar.Uiteindelik het dit ‘n naam gekry. Dit was ‘n lae hou. Met daardie hou het meer as net vrees voor my voete uitgespil. Dit wat saam met daardie vrees uitgekom het…was niks lekker nie. Seker goed op mens se lewenspad pak mens sommer in daai special rooi suitcase genaamd – denial…ontkenning.

Môre is weer so dag…nog vrese…dalk nog werklikhede…wie weet? Maar hierdie keer is ek banger as wat nog ooit was… Laas Donderdag het ek gesukkel om te tik… (Okay, as dit so raak weet ek dis weer tyd vir die kat-naels om weer bietjie ingetrek en getrim te word.) Maar my ring vinger aan die regter kant het onheerlik begin bewe. Eers gedink dis seker die stutting van my elmboog en toe dalk die stutting van my hand palm wat ‘n senuwee of iets affekteer…maar dit hou toe nie op nie. Sporadies bewe daardie vinger buite beheer…en dit met geen pyn of met enige gevoel nie… Die hele naweek worry ek…die hele dag worry ek…en die vinger bly bewe.

Kom ek hoop dis net ‘n newe effek van die medikasie… Kom ek hoop dat hulle môre eerder daai rooi tassie langs die pad weggooi en nie vir my vra om dit uit te pak en stories oor elke item/gedagte daarin te vertel nie…

Ek’s so bitter moeg van bang wees.

Night.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wonder sommer so sonder die gom…

November 13, 2011 in Sonder kategorie

Respek is soms ‘n vreeslike lastige woord, net soveel as wat dit ‘n handige woord in enige debat kan wees…either you have too much of it, or you have a total lack thereof.

Hierdie eindelose haak en plak van oeroue comments wat opgedis word oor gesprekke wat lankal uit konteks getrek word, is teen die tyd effens irritating.

Geen twee mense is dieselfde nie, en geen twee gedagtes is dieseldfde nie, nie eers vanuit dieselfde persoon se denke nie. Dit is waar resprek so bietjie bal moet speel. As jy nie die social skills van hierdie soort van respek het nie, eindig dit presies waar Litnet blogs hul tans bevind.

Dit is nogal net sad…veral toe ek gister ‘n ex-blogger raakgeloop het…Hy’t gevra…gaan dit nog steeds soooo daar serdert hy weg is. (juiste in dieselfde blog omstandighede as tans) My antwoord…”Jy’t die ergste gemis” en “mis steeds niks” …en dit was nogal sad om so die waarheid oor te dra.

Geen amount of wondergom gaan weer hierdie blogs aanmekaar kan plak nie. Die ergste is, niemand weet regtig wat aangaan en hoekom mense baklei nie. Dit is nie eers nodig om so lang uitgerekte stories daarvan te maak en die blogs vir die res onplesierig te maak nie.

Sê net reguit;

Wie moet bly en wie moet gly.

Sodoende sal dit mos heel voor die handliggend wees wie is ‘n blogger en wie is ‘n troll en wie is ‘n drol.

Wat elke naweek begin en eindig in emotional torture vir diegene wat nie na ander se gedurige bekgevegte wil luister nie.

Dis al.

En.

Al.