Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dis eina vanaand

Oktober 30, 2011 in Sonder kategorie

So ploeter ons daagliks deur die klein dingetjies wat oor ons pad besaai word. Sommiges so klein dat dit eers ‘n ergenis veroorsaak as dit onder jou voetsool beland. Of as jy jou toon stamp. Of as iemand jou vinger in ‘n deur toeslaan.

Ons neem die dinge nooit erenstig op nie…dis maar net daar. Soos miere in die tuin…totdat dit eendag by jou suikerpot intrek neem, om dan eers notisie te neem is dikwels te laat en die probleem bietjie groter en het groter moeite nodig om dit teen te werk of gewoon net ‘n ondervinding te verwerk.

Een klein obstacle in jou pad laat my dink aan ‘n bottling fabriek…een bottel uit sy plek en honderde ander word in ry opgehou en as die kontrole sisteem dit nie in tyd stop nie, is daar ‘n kort voor lank ‘n crises on hand…

En so hoop die klein dingetjies op…en die probleem raak net groter en ruk handuit. Ek beoog altyd notisie te neem van die kleiner dinge en ignoreer die groter probleme. Min weetend dat notisie neem en ag slaan om aksie te neem, nou nie juis dieselfde is nie. En siedaar, al die klein dingetjies het nou groter as groot geword.

Vanaand is ek bekommerd oor my ouers. My moeder werk nagdiens by die hospitaal en sy is bekommerd oor my pa se gesondheid wat die afgelope twee weke drasties versleg het. Sy wil hom môre oggend dokter toe neem, en sy dink hy gaan opgeneem moet word. My ma is ‘n ongelooflike sterk vrou en na 50 jaar as ‘n gekwalifiseerde suster het sy al baie dinge deur die hospitaal deure sien kom en gaan…My ma is nie een vir baie praat nie, veral nie oor dinge na aan haar nie, ek dink ek het dit van haar geerf…praat gewoonlik net oor dinge oor die algemeen en so rondom issues wat haar emosioneel raak, maar direk oor haarself en wat sy voel en ervaar, baie, baie min…maar as sy my bel en sê sy is bekommerd…dan is daar geoeie rede.

Ek het gisteraand gedroom…en wakker geword met echo van die troetelnaam wat my pa my altyd genoem het…’buksie’ – en needless om te sê ek’t eers vanmiddag die verlore slaap ingehaal…

En nou dit…my ma se oproep. Ek is lam van vrees.

Die afgelope week was reeds bitter moeilik vir my gewees agv van duisend en een redes. En die volgende twee gaan nog moeiliker wees agv van nog ‘n duisend en twee redes wat nooit hier genoem sal of kan word nie. Die paniekaanvalle is erger as ooit en die medikasie blyk nie te werk nie.

En nou sit ek hier vasgevang in vrees…en wonder…en bid…en hoop…en glo… en voel so bitter alleen omdat ek nie daar by hulle kan wees nie…en omdat daar nog so baie onvergifnis van vele kante af is, en ek hoop van harte dat vrede sal wen…

Wat my nog meer eina maak is, ten spyte van alles, en alles waarmee ek moes deal die afgelope maand en die komende maand, ten spyte van die nuus oor onse pa…na al hierdie jare en jare en jare se geen huil…het ek steeds nie ‘n enkele traan om te stort nie…dit is seer. Nog seerder as mense sê jy’s gehard en gee nie om nie…en steeds kan die seer nie uit nie.

Maybe, just maybe I’m not human after-all.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wanneer praat nie help nie…

Oktober 29, 2011 in Sonder kategorie

Het jy al ‘n gebeurtenis, gedagte of selfs inligting van ander weerhou, bloot om hulle te beskerm OF dalk omdat jy presies kan voorspel wat hul reaskie/s sal wees?

Dan eendag as jy weens omstandighede gedwing word om te wel oor te dra, is dit presies hoe jy jouself voorgestel het…die een is oorbekommerd en peper jou met onnodige vrae en maak belaglike stellings…en die ander maak heeltyd spottende verwysings daarna sonder begrip wat die uitwerking van daardie reaksie het.

En dan staan jy maar weer alleen, soos jy altyd gedoen het, maar nou met ‘n verwyting teenoor jouself omdat jy wel gepraat het, en dan steeds alleen is. Dit is erger as om eerder nie te praat nie. Dit is soms baie beter vir die mense naaste aan jou…en meestal vir jou eie sanity.

Ek het nog altyd geweet praat help nie…na gisteraand weet ek dit vir ‘n feit.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Pretoria, o, Pretoria

Oktober 28, 2011 in Sonder kategorie

Is ’n wonderlike plek as daar dinge gebeur.

Eerstens: Busse in Kerksstraat het regtig net 60km/p gery…en nie 110 soos elke ander dag nie.

Tweedens: Elke liewe taxi wat dit gewaag het, het elke normale verkeersreël gehoorsaam. Hulle het hulle se geel liggies gebruik voor hulle wil draai. Stadiger as die res van die verkeer gery en geduldig in die lang rye gestaan en hulle beurt afgewag, jy weet, soos normale bestuurders.

Derdens: Ek het in my lewe nog nooit so baie blou-lig mense in my lewe op een slag in hierdie stad gesien nie! Tien jaar gelede kon hulle nie eers respond op ’n krises nie, want hulle het nie petrol of ’n voertuig gehad nie…vandag is ’n ander storie.

Vierdens: Verkeer is ’n nagmerrie in die stad…as jy nie reeds agter jou lessenaar sit met jou derde koffie nie…moet dan nie eers die moeite doen om te gaan werk nie…jy sal eers na lunch by die stad uitkom.

Vydens: As hulle nou-nou die ander strate blok, is ons omstrent ’n eiland…en as ek later kan kiekies neem soos hulle verby loop oppad huis-toe, blog ek dit later.

Sesdens: Word from the streets – Jungle drum rumble…bly eerder uit die CBD en Unie-gebou omgewing weg…you never know…

Maar ons glo hulle sal vreedsaam deur-beweeg en hulle saak in stilte afhandel – Hulle is pootuit gestap en hopelik te moeg vir moleste maak.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Powerless…

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

Howzit bra’ Mal-emmer?

Ag ekke wou maar net gou-gou skrywe en vra…hoe reël jy ‘n optog vir economic freedom as jy my economic freedom vir die volgende twee dae sopas moer toe gestuur het…want nou’t ekke geen manier om by myse werk uit te kom nie?

Wou maar net weet waar ekke my bankrekening details asook myse invoice te loss of income kan stuur…ek hoor julle het geld om vir damages te betaal…solank dit net nie een miljoen is nie.

Met moere dank

Die uwe

Voz Sola

Profile photo of VozSola

by VozSola

Con jou hier en corner jou daar…

Oktober 25, 2011 in Sonder kategorie

Ek’t laasweek my rug op ‘n persoon van ‘n welbekende maatskappy gedraai en weggeloop toe hy die mees belaglikste omkoop voorstel ooit na te vore gekom het… Ja, ons het die geleendheid laat verby gaan want sy voorstel was 250% hoër as die actual koste wat ons sou moes aangaan. Baie scary hoeveel geld en gratis dienste sulke mense elke liewe dag maak…met die attitude dat dit niks minder as hulle absolute reg is nie, want hulle 20-40k salaries per maand is a pittance and shame…fooitog!!! What a crying shame! (shoot, sorry, my mistake, they have no shame!)

Ek erken, ek vermy konflik. Ek haat konflik. Dis lelik. Dis sad as jy iemand ‘n ander sien con…net om die selfde persoon dan weer ge-corner te sien… Die laaste ding wat ek in myse vrye-relaxing tyd wil doen is om hier te kom lees hoe mense mekaar met woorde amper dood-donner. Goeie genade…is dit nie nou maar genoeg vir eers nie?

Asseblief tog

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blessings vir een en niks vir ‘n ander

Oktober 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek is soooooooo bly somer is hier!!! Ek het vandag elke uur of twee vir vyf minute buite gaan staan om dit te waardeer…tot ek gehoor oppad huistoe vanmiddag dis ‘n heatwave! Duh, dan is my temp-gauge seker regtig moer toe! (okay en kan nou verstaan hoekom my kollegas dink ek’s nie al te ‘lekke’ if you catch my drift…

mmm…en 85% en 88% vir die eerste twee assignments van ure se studie gekry… (okay, seker nie nodig om te brêgggg nie, maar na 21 jaar om weer ‘n leerboek op te neem…is ek sommer baie happy daaroor!)

…en dan na werk in die reeds te donker voor dooiemans garage by die huis beland…(electric garage deure is een van die k@kste idees ooit uitgevind, as jy geen ander sleutels of manier het om by jou eie huis in te breek nie) En wou ook nie gratis buurvrou straatmovies maak om heel onfatsoenlik oor myse eie heining te klim nie, want dit sou die groen dak liggie mense genooi het…om met blou liggie mense vervang te word…toe moes ek 20 minute wag vir ‘n manual oopmaker… eish… Eskom…it’s all about timing my ou! All about timing!

(was nogal verbaas hoeveel kunsmatige geraas daar regtig om mens is…van die bure se swembad pomp tot die ander se ‘skiet-skiet’ draad…tot daai blêddie silent fridge! Even die insekte was stil tot die tuin ligte aangekom het!)

En dan vir een of ander onverklaarbare wyse het die elektrisiteit sommer die huismense se moere gestrip en hulle tonge ingesluk…so ek sit (met die ligte aan uiteindelik) in stilte want die res sulk nog steeds…

So…toe dink ek nou so…’n Maandag aand se vroeg gaan slaap is seker ‘n beter manier om my eie geselskap te gaan opsoek, of hoe?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ray

Oktober 22, 2011 in Sonder kategorie

Teen hierdie tyd weet julle seker dat ek eerder tien boeke sal lees as om een fliek te gaan kyk. Movies is nie vir my gemaak nie. (Om movies toe te gaan is baie stressvol vir my, want die klank is te loud en mense wat heeltyd sit en fluister maak my nervous!)

Ek is baie selektief as dit by movies kom. Ja, op skool het ons hordes video’s gekyk. Elke liewe horror en thriller tot elke Bud Spencer movie (my Pa se keuse) Maar die afgelope twintig jaar of wat, bitter min. Selfs die op tv… Vanmiddag sit ek en flick deur die pvr recordings en onthou ek het “Ray” record… en kyk toe maar… Okay, seker nie in almal se smaak nie. Maar ek het nog altyd van sy musiek gehou en twee cd’s sit al ‘n hele paar jare in my versameling.

Wat ek so van hierdie movie waardeer het en ook baie goed begin verstaan het, was hoe sy ma hom in die begin toe hy begin blind word het, nooit behandel het of hy ‘n gebrek gehad het nie. Sy het hom die basics geleer maar die grootste les en wens was dat hy deur lewe moet gaan sonder dat iemand hom anders moet behandel…

Ek het soveel respek vir sulke soort van ouers met kinders wat ‘n gestremdheid het, om daardie kinders met emosionele waardigheid groot te maak…en hulle wense vir hul kinders niks anders is wat hul sou gehad het, as daardie kinders normaal in elke opsig was nie.

Ek het dieselfde respek vir my eie suster wat haar dogter op dieselfde wyse grootmaak. Sy het dalk nie beentjies van haar eie vlees en bloed nie…maar hel, sy is meer standvastig op prosthetics op alle gebiede in die lewe as wat baie ander normale tieners ooit oor kan droom…Nie omdat sy special of anders is nie, maar juis omdat sy is wie sy is!

Dit jammer dat ongeskonde mense nie ook daardie attitude kan aanleer nie… en dis jammer dat sielsgeskonde mense met daardie attitude nie verstaan word nie, bloot omdat hulle nie hul gebrek kan/mag ten toonstel nie.

Maybe we all have a ‘Georgia on our mind’…of maybe we are just on another ‘midnight train to Georgia’

Wie weet.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wat die oog nie sien nie…

Oktober 21, 2011 in Sonder kategorie

    

…maak die hart nie seer nie!

Nog nooit was hierdie uitdrukking so waar soos in vandag se tye nie. Maar dis nie omdat ons wil sien nie! O, nee, ons word so gebreinspoel met kiekies en video’s oor en oor en oor. As jy dalk een van die gelukkiges is wat reeds jou breinspoel sertifikaat met ’n goue seël gekry het wat jou as legally afgestomp verklaar het, well done! and good for you! Maar ek het nog nie.

Dit is afgryslik watter dinge hierdie week gewys was…daai tweejarige wat omgery is en 18 mense verby haar gery of geloop het en nie gehelp het nie…Dit was ongelooflik om daardie video te aanskou…(sy is vanoggend dood)

 Ou Gaddafi – ja, wel…ek staan verdeeld…maar moes hulle wys hoe sy liggaam geskop en getrek word…flip, hy’s mos klaar dood? Dit is disrespekvol van Muslims veral! (Dankie tog SABC het die mooier weergawe uitgesaai en nie die AJ (Aljazeera) weergawe nie…hulle saai sonder editing uit…dit is vreeslik!

Nevermind elke liewe koerant se opblaas foto!

 Ook was dit nie nodig om daardie 70 plus se lyke soos sardientjies op die wal uit te stal nie! Dit was nie ‘’n natural distaster soos in Japan of Phi-phi eiland nie…dit was onooglike moord!

 Net soos daardie aaklige footage van Hussein met galgtou om die nek…

  

Ek haat dit wat hulle doen vir die sensasie daarvan…vir die ekstra viewer, vir die ekstra koerantjie wat verkoop word…

 Ek haat dit wat dit aan onse kinders doen…Hulle kan nie meer die werklikheid van realiteit verstaan nie… hulle ontwikkeling is van so aard dat dit al normaal is… Maar dit is nie!

 Toe ek by die huis kom, was die familie salig onbewus van die dag se gebeure…en ons kyk uit gewoonte of AJ news of RT news (want ek’t ’n gly in CNN en BBC gekry) en toe kleinding die video grepe gekyk het, het hy omgedraai en verder ‘’n game gaan speel…min gepla oor wat hy gesien het. Dit het hom nie geaffekteer nie. En dis nie omdat hy gehard en onsensitief is nie…toe ek hom later uitvra of sulke dinge hom nie pla nie…sê hy: “Nope, I guess that’s life…” Uhmm…en ek wou skree “NO, Life is NOT SUPPOSE like that!”

Ja fine, maybe was dit net weer ekke wat nagmerries gehad het…en nie sulke goed kan handle nie…maar moral is…wanneer is genoeg genoeg…voor ons almal soos zombies ook oor ander se lyke gaan stap en trap en skree “God is Great!” soos wat hulle gedoen het! God would not maliciously murder his own children…but have given others the freedom to use the weapons to do so!

mmm…ek’s net bloedig bedonnerd.

Dis al.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dankie Moeder!

Oktober 20, 2011 in Sonder kategorie

Oppad huistoe vanmiddag bel my ma…’het jy die nuwe Sarie gekoop?’

“Nee Moeder, ma wee mos ekke lees nie mag’s nie”

“Gaan koop dan hierdie een…daar is iets in net vir jou…lees dit en bel my as jy dit raaklees”

Ja-ja, of course het ek daai Sarie gaan koop. Scan-scan so deur tot op bladsy 95. Eureka!

Hipersensitief! Dit is wat dit nog altyd was…(ten spyte van die angsversteuring) beskryf dit my presies… dit was ongelooflik om so iets wat geskrywe is so presies te ervaar…

Nou wonder ek of hipersensitiwiteit dalk ook ‘n invloed op panic disorder kan hê of dalk andersom?

Maar ek’s bly ek’t gelees.

Wow, thanks Moeder!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Signed, sealed and delivered to Charlene

Oktober 20, 2011 in Sonder kategorie

Charlene…het my ingebox…

Dus moet ek my lysie maar op my eie blog post…

1.      ‘n stil stem het dit aan my gefluister

2.      39 jaar, 5 maande en 9 dae

3.      My ma se dogter

4.      Aartappels, rys en vleis…(eet nie groente of vis nie)

5.      Ek glo met baie vrae en min antwoorde (en nee ek het nie nodig om redes te verskaf nie…hier’s mislike mense hierrond wat submarine Christene soos ek gaan uitbuit)

6.      Net myse eie honne…okay en ‘n paar ander…

7.      SA het nie politiek nie…eerder net polimiek…en galg-humor-walglik-komies.

8.      Shame, laat hulle maar praat…niemand anders luister tog nie…

9.      Ek glo nie aan egskeiding nie…

10. Ek was ‘n teenstander…totdat iemand na aan my dit gedoen het…nou staan ek verdeeld.

11. In the far East…(Pretoria)

12. Een 13 jarige laaitie

13. ‘n Groene met 4 wiele en net genoeg petrol tot by die huis vanmiddag…môre free en allie afdraendes tot by die naaste garage…

14. Een oggend elke twee weke.

15. Kook a’la carte vir die twee huismense…mens bespaar baie en mors niks…(ek kry vol breakfast en lunch by die werk, dus eet ek selde in die aand)

16. Ja,

17. Mmm…

18. Koffie.

19. Ek verafsku mense wat drank misbruik…

20. Dis ‘n baie baie lang sad uitgerekte en meestal onregverdige vereistes wat gestel word…en daai             kinders is al tieners wanneer die pleeg ouers regte ouers mag word…dis sad..

21. Ek praat nie oor seks nie…nie binne, buite of inni tuin of agter die muur nie…

22. Letterkundige werke

23. Klassiek

24. DSTV? Rede; Beter education as van ons huidige leerplanne…

25. Ag so what… so drie keer per week

26. Engels…

27. WTF? Nooit!

28. Wat is Skouspel?

29. Dat dit two tone is?

30. Nope

31. Sien antwoord 27.