Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Magies vol – ogies toe

Augustus 31, 2011 in Sonder kategorie

 

Engeland se parliament se mense moet moer arm wees, of net vreeslik honger! Hulle sit so kiertsregop dat ek skoon rugpyn kry! Hulle is op en wakker en be-aam alles wat wie ook al aan die woord voorstel. Vergaderings is vol lewe en interaktief.

 

Maar hier, oh wee…

 

Vertel my, is dit slegs die lekker opgestopte sitplekke wat so gerieflik is dat hulle tot diep op hul se stuitjie moet neersak…ken op die bors en ogies half toe?

 

Maar dalk nie…want dit word oral gedoen. Veral in vergaderings…daai selfde pose…ken op die bors en ogies heel verlep…

 

Dalkies is dit maar net ‘’n geval van magies vol en ogies toe…

 

Tensy die meerderheid ‘’n genetiese afwyking van rug en nekwerwels het as dit kom by stoel sit en stil sit…die ergste is dat hierdie soort van afwyking die gehoor (en hoor) ook aantas…

 

Hulle kan dalk hoogskop op ‘’n teerpad, maar flip weet, hulle kan darem baie laag sit…

 

Hierdie phenomena irreteer my grensloos!

 

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

To be or not to be(e)…

Augustus 28, 2011 in Sonder kategorie

Die bye is al weer op trek. Gelukkig hierdie keer uit ons tuin, na die elektrisiteit’s boks oorkant die straat (gelukkig ook nie ons s’n nie – want wie hoeveel ekstra nulle Tshwane se mense dan sal lees vir hulle se rekening) Nou kan onse honde net weer be…and not try to beat the bee… Kan iemand my dalk sê wat is dit met sekere honde se fasineering om bye te jaag? Hulle doen dit dan nie met vlieë nie. Hmmm?

Maar ja…bogenoemde bly steeds ‘n goeie vraag…en een wat wel êrens in hierdie week weer aan my deur gaan klop… en al verwag ek daardie klop…weet ek steeds nie wat my antwoord sal wees nie. Daar is reeds te min dinge in die lewe oor wat ‘n maklike antwoord kan opper. Hierdie is een van die meer moeilikes.

Daar staan ‘n paar veranderinge op die horison. Ongeag die uitkoms staan ek verdeeld. Op die ou einde gaan dit oor loyalties…maar gaan dit selfsugtig wees as dit hierdie eerder by myself gaan lê, as waar ander dit van my verwag ek moet dit gaan neerlê?

Ek weet nie…en soos ek vir iemand gesê het…ek wens ek was ‘n sif…groot genoeg vir die klippe op die pad om deur te val…en fyn genoeg om die waardevolle gold dust van die lewe agter te hou.

Miskien is dit tyd dat ek my fine tooth comb vir ‘n flippen yster-hark verruil.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Trifle…

Augustus 27, 2011 in Sonder kategorie

Okay, so almal weet trifle word gebêre vir dieSondag noenmaal na kerk. Maar die beste trifle maak mens sommer so op ‘n Saterdag…met bestandele spesiaal deur ‘n onsigbare hand uitgesoek…om presies in die regte kwantiteit en geur itensiteit saam op dieselfde tafel te beland en met ‘n goeie hand gemeng te word tot die bak oorloop van lekkerte. Versier met talle cherries on the top!

Dit was onse MOB-trifle.

Jip, ongelukkig (gelukkig) was dit slegs bitter-enders wat die laaste leksel uit die bak gelek het en die guest of honour is sommer met die leë bak en al huistoe. (skelmpies tot oorlopens vol met herinneringe gevul)

Die res ken darem nou die resep! (onthou elke resep het ‘n geheime bestandeel…hierdie een het vele!)

Thanks julle!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Monkey see…monkey do…then Monkey die.

Augustus 25, 2011 in Sonder kategorie

Ons is almal ‘n puppet op iemand anders se string…wie beheer vir wie? lees meer hieroor

Soms, net soms koek die hele spul en die puppet verloor sy kop en die master sy vinger…

Best quote of the day…via my sus se FB… 

” God gave man a penis and a brain, but not enough blood to use both at the same time – Robbie Williams.

 

Sien julle Saterdag by die MOB!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Disillusioned!

Augustus 24, 2011 in Sonder kategorie

Niks, maar niks is meer wat dit veronderstel is om te wees nie. Of wat geglo is nie.

Veral mense. Mense opsigself is sekerlik een van die grootste illusies wat bestaan. Een wat gesien kan word, maar steeds lieg…selfs hul refleksie in die spieël lieg. Beste is, hulle doen so voort, sonder die kommer dat ander sal sien…want die wonderwork van sulke mense is…al word hulle gesien…sien niemand dit nie…

Tot eendag…

En vandag het ek gesien! (meer as een keer…met meer as een)

En wat ek gesien het…is nie ‘n mirage nie…wat ek gesien het…was die illusie self. So helder dat dit ongelooflik blindend was…dit het seergemaak. Dit het geskok. En die laaste biejie geloof in mense het êrens diep van binne stukkend gebreek en na buite gesny.

Ek wens julle sal nooit voel hoe dit is om disillusioned te wees nie…

Nog minder wens ek julle die ondervinding om oplaas ‘n illusie of twee raak te sien.

Moet nooit dieper kyk as kyk nie. Moet liewers net nooit raaksien nie.

Punt.

Full Stop.

Streep.

(%$%&*(^$@!)

Ps…net omdat niemand (behalwe ‘n goeie paar) van my vorige post gehou het nie…

Plaas ek nog een… hierdie keer moet julle maar luister…om te hoor…en nie lees om te sien nie.

Kliek HIER

Profile photo of VozSola

by VozSola

sommer net vir so…

Augustus 23, 2011 in Sonder kategorie

Kliek HIER

Dit is nou vir my stunning…

Dry your eyes and take your song out, it's a newborn afternoon.
And if you can't recall the singer you can still recall the tune.
Dry your eyes and play it slowly like you're marching off to war;
sing it like you know he'd want it, like we sang it once before.
And from the center of the circle to the midst of the waiting crowd,
if it ever be forgotten sing it long and sing it loud and come dry your eyes.

And he taught us more about giving than we ever cared to know,but we came to find the secret and we never let it go.
And it was more than being holy and it was less than being free,
and if you can't recall the reason can you hear the people sing.
Right through the lightning and the thunder to the dark side of the moon,
to that distant falling angel that descended much too soon
and come dry your eyes.

Come dry your eyes.
Profile photo of VozSola

by VozSola

Storie (2)

Augustus 22, 2011 in Sonder kategorie

Kuiertjie by my ouerhuis op ‘n ou jaarsaand vyf jaar gelede. Vanwaar ek sit, kan ek die een kamer se hangkas sien. Die hangkas sleutelhouer – ‘n kruisie wat liggies flikker as mens ‘n knoppie druk. Ons het lank so gesit en kuier toe die kruisie in die donker kamer vanself begin flikker.

Sonder paniek vra ek my ma, waar het sy die kruisie gekry. By ouma (Ma se ma) Oh, sê ek. Ouma is hier by ons. Ja, sê my ma, sy kan ouma voel vir ‘n paar weke al. Toe stap ek die kamer binne en ruik haar 4711 parfuum. Jip, ouma is daar by ons.

Na die happy-happy van nuwe jaar, gaan slaap ons. Ons slaap in die einste kamer. Ouma kom na my toe in my droom. “Ag hene tog Santjie, jy moet help. Ek praat en praat en niemand luister nie. Niemand verstaan my nie. Neem die foto’s en maak transparencies daarvan. Plaas hulle oor mekaar en jy sal sien wat ek probeer sê” En toe’s sy weg en ek wakker.

Eers baklei ek met my ma omdat as sy geweet het ouma is daar…hoekom luister sy dan nie na haar nie? Hoekom vra sy nie wat ouma wil hê nie?

So vaar ek en my ma die foto albums in. Niks maak sin nie. Ons het nie meer tyd gehad nie en moes daardie oggend terug ry Pretoria toe. Wel, nog skaars stap ek die huis in, toe onthou ek…ek het Ouma se album gekry toe sy drie jaar tevore oorlede is. Te same met ‘n paar ander dinge, want ek is haar naamgenoot. Wel, ek het daardie album voor tot agter gekyk, agter na voor, middel na weerskante en kry geen foto’s wat eers remotely dieselfde is nie. Wat opmekaar kan pas nie.

Tussen ek en my ma, het ons almal in die familie gebel. Veral my een tannie wat geseënd is met additional insig. Niemand weet nie. So gaan dit die hele January en February. Uit desperaatheid neem ek weer die album…en siedaar! Daar is dit! Daar is ‘n foto van hulle plaashuis jare gelede…en dan is daar ‘n foto van ‘n geverfde skildery van die einste foto van die plaashuis. Die enigste verskil is my een tannie se naam, geteken in die hoek, na sy die skildery voltooi het.

Ek gil oor die foon, want dit voel nie of my ma na my luister nie. Bel daardie tannie. Stuur iemand om te gaan kyk wat by haar aangaan… ‘n Week later het een van my tannies daar uitgekom. Die skok van die waarheid van omstandighede was te veel vir ons. Meeste het kans gekry om haar te groet… ek nie. ‘n Week later is sy oorlede. Sy is op my ma se verjaardag begrawe.

Ek is so bly ek het na Ouma geluister toe sy met my kom praat het. Ja, die familie het my vergewe vir die totale chaos en irretasie en persistence waarmee ek so hard probeer het om Ouma se boodskap te probeer onsyfer. Insluitend daai tannie wat telefonies steeds voorgehou het dat daar niks verkeerd is nie.

Dankie Ouma,

En ja, ek mis ouma.

En Ma mis ouma meer.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wie se murg in watter pype?

Augustus 21, 2011 in Sonder kategorie

My arme kleinding het oornag ryk geword. Nee, ek verwys nou nie na Vrydag se Entrepreneur’s Fair by die skool nie. Alhoewel hy in sy twee ure se ‘trade’ met ‘n kapitaal uitleg van R50.00 ‘n skoon profyt van R540.00 gemaak het met sy “Coke Fishing”. (Kan julle nou meer, die kind wat die meeste geld gemaak het, was met ‘n doodgewone kussing-geveg!) Ek is seker enige Graad 7 onnie hierrond sal weet hoeveel hierdie “fair” vir die kinders beteken…nie inaggenome dat dit vir punte vir EMS is nie, maar daardie ingenome gesigte wat sommer stilweg moerse hard skree; “I’ve done it!”

Nee, ek praat hier van kulturele rykdom. Oormôre moet hy an oral presentation oor Kultuur doen. Nou nie enige een nie. Elke kind oor sy/haar eie kultuur. Dit is ‘n wonderlike geleendheid vir die kinders. Ja, sy Xhosa maatjies, sy Tswana maatjies, ‘n paar Zulu maatjies, ‘n Engelse maatjie hier en daar en ‘n verlore Afrikaanse maatjie tussen in, het geen probleem nie.

Nou-nou sit ons en dink ‘n naam vir sy kultuur uit. Ons besluit toe op Latin-Angli-kaans. Soos hy dit stel…Hy is Engels, afkomstig van ‘n Afrikaanse moeder en ‘n Latin-American vader. Sy nickname is juis “Foreigner” by die skool. (die ander buitelanders kan geëien word as Portugees, British etc. ) Hy kan nie. Nie eers sy aksent is herkenbaar nie. Meer kere as nie, moet ek hom vra om stadiger en duideliker te praat, want soms verstaan ek hom ook nie.

Hy wil glad nie sy presentation aan my voordra nie…en ek wens ek kon ‘n vlieg teen die muur wees om te hoor wat hy alles oor sy kultuur gaan kwytraak… want sy kultuur is nie heeltemal myne nie, ook nie sy pa s’n nie, nog minder ‘n Suid-Afrikaanse een…

Eens op ‘n tyd was ek effens bekommerd omdat ek ‘n kind gaan grootmaak sonder ‘n standvastige kultuur en die kennis van sy herkoms…maar ek dink hy het lankal reeds sy eie een gevorm.

(Ek weet daar is heelwat mense wat nie met my gaan saamstem nie, as as die ‘moeder’ wat met ‘n ‘moederstaal’ moes onderrig het…(en soos met meeste van ons met ‘n Calvinistiese gewete grootgemaak is) moes sy prmêre verwysingsraamwerk dus ook Afrikaans gewees het) – Weet ek vandag wat ek gedoen het, dalk ‘n blessing van blessings vir hom is.

Ek dink die arme kind het homself sopas ryk gemaak met ‘n mengelmoes van die beste uit vele kulture…

Aan die anderkant sit ek nou en wonder…is dit kultuur wat die murg in jou pype sit…of is dit die bene waarin die murg sit wat jou kultuur vorm? Is kultuur regtig die ultimate van menswees om jou die reg tot ‘n sekere groep toe te laat? Watter aspek van kultuur opsigself bepaal jou reg tot menswees of om minder mens as ‘n ander te wees, juis as gevolg van jou kultuur? Watter aspek van kultuur maak insake tot jou kennis van menswees? (Ek wil nou nie ‘n Graham Hancock debat begin nie) maar hoe dieper ek hieroor nadink…hoe meer gaan ek terug na dieselfde gedagte…”once, we were indeed all the same…” dus maak dit alles regtig saak, of is ek nou verkeerd?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tussen wou en sou is nou nooit gewees

Augustus 20, 2011 in Sonder kategorie

Ja-ja, van uitstel kom afstel…en van afstel kom daar net nog ‘n uitstel.

Eerstens; “ekskuus” aan;

Andrè – ek wou nog by jou kom toffie-fudge het…maar het aan die kuier geraak en toe ons weer sien…toe is dit al lank na drie… nou sit ek fudgeloos en droom oor daardie mooi ‘pakkies’ wat ek by jouse stalletjie gesien het!

Varkie – ek wou nog terugkom vir die boksie stilte en ‘n behoorlike kuier…maar so bogenoemde geval…toe ons weer sien…is julle weg!

Thomas – Duidelik het ek en jy nie by dieselfde stand koffie gekoop nie!! Anders was jouse koffie op my! 😉

Ten minste het ek myse Zaksaties gekry…!

En aan my Turkse vriend was kom hallo sê het, by ‘n Food Market gedurende Ramadan…? Duh, kon nie verstaan hoekom a fasting Muslim na ‘n kosmark wou kom nie! Well done om so die kos uit ander se borde te staar!

Ps. Nee, ek voel nie skuldig omdat ek sosaties, Jaffel, Chocolate koek, chocolate croissants, Hotdog en tonne koffie gehad by die mark gehad het nie…en gaan nou-nou Kerrie en rys warm maak.

Nou ja, van uitstel kom afstel…so ek het van die begin fluitjie tot nou-nou gesit en studeer! Ja, op ‘n Saterdag middag/aand gedurende daai eier-bal kaskanades nogal. Ten minste het my skuldgevoelens heelwat bedaar!

Ek het gedink ek weet wat in my boekrak is, maar duidelik doen ek nie. Ek sien toevallig “The Sunburnt Queen”   van Hazel Crampton raak… (weet nie hoe die boek in my rak beland het nie) Het enige van julle al die boek gelees…?

So ‘n boek het nou weer my brein reg binne daai guilt-trip-trap ingestuur…want ek weet sommer dit gaan ‘n laatnag word…van lees en dan moet ek môre weer leer om myself te pacify anders gaan dit ‘n baie lang week van uitstel en afstel word.

Wat is vir julle ‘n guilt-trip-trap?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Storie (1)

Augustus 18, 2011 in Sonder kategorie

Pas veertien geword. Laatnag nog gelê en lees. Die telefoon lui… ‘toemaar, ek sal dit kry’ Dis Ouma wat bel. (Pa se Ma) Sy het lank met my gesels oor sommer alles. Bietjie oor dit en bietjie oor dat. Toe raak sy tranerig. Ek vra wat is verkeerd. Sy sê ek moet nie kommer oor haar nie. Alles is reg. Sy is net baie hartseer oor die dinge wat haar pla. Ek vra, ‘wat pla?’ Sy sê, dinge wat ek nog sal leer. Sy sê sy kan nou nie langer praat nie, want dit is al baie laat en tyd raak min. Ek moet vir almal groete stuur. Spesiale groete.

Die foon neergesit en terug kamer toe geloop…terug geklim in die bed en lig afgesit.

Net weer aan die slaap geraak, toe lui dit foon weer…deur die slaap sê ek my Ma, moenie worry nie, dis net weer Ouma om baai te sê. Sy’t klaar vir my gegroet.

Ek raak toe weer aan die slaap.

My Ma kom maak my wakker. Ouma is dood. En haar ongeloof en verbasing was eindeloos oor HOE het ek GEWEET? Ek bly sê, Ouma het my dan gebel om baai te sê…wat verstaan sy nie daarvan nie? “Maar hoe het jy geweet en hoekom het jy gesê dis Ouma wat bel om baai te sê, nog voor ek die foon geantwoord het?” “Ma, het ma dan nie die foon hoor lui nie? Het Ma my nie gehoor praat met ouma nie? Ek’t dan sooo lank met haar gepraat?” Nee. Die foon het nie gelui nie. Jy’t gelê en boek lees en so aan die slaap geraak…”

Ons is al die pad Hartswater toe vir die begrafnis. Dit was super aaklig. (since daai dag weier ek om na enige begrafnis te gaan) Alles was okay…tot by die begrafplaas. Daar het ek siek geword. Ek het koors gekry. Naar geword. Die bloed het teen my bene in my skoene ingeloop…iemand het my hospitaal toe geneem terwyl die begrafnis nog aan die gang was. Ek het uitgepass en eers laataand by my tannie se huis wakker geword. (Welcome to the world of womanhood!)

Iets vreesliks het daardie dag in my mind verander. Vir altyd. ‘n Type of knowning…something and yet nothing. Niks was ooit weer dieselfde nie.

Sowat twee weke na die begrafnis kry ons die foto’s in die pos. (Hoekom ou-mense altyd kiekies van ‘n oop graf moet neem, is way beyond my comprehension!)

Waar ek gestaan het, was ‘n swart kol in die rooi grond sigbaar.

Op die hoop grond, Aan ouma se kop kant…was ‘n donker kol.

Toe was daar an odd-one-out foto van ‘n ou-grafsteen….

Gebore 24 December…25 December…Een ou daggie oud. Skaars 24 uur oud… êrens tussen ‘n gister en ‘n vandag… sommer so… lê my eie boetie.

Iemand ‘slim’ soos in mmm….John Edward se tipe van slim – het eendag vir my vertel (sonder die persoon se kennis van enige iets) presies wat my my gebeur het. Van die oproep tot met die klein graffie…en dis hoekom ek is wat ek is…en hoekom dit altyd so sal wees.

Sy was ‘n wrede vrou, sy is steeds.

Dis al wat ek kan sê.