Profile photo of VozSola

by

En die doel is dus?

Julie 16, 2011 in Sonder kategorie

Baie kere wonder ek…nee, dit jok ek nou…ek wonder altyd en heeltyd, wat is ek veronderstel om op hierdie aarde te doen. Elkeen van ons is sekerlik met ‘n doel hier geplaas, op hierdie tyd, tussen hierdie mense…en en en en…julle ken mos almal hierdie vraag, of hoe?

Miskien moet ons dit dalk anders stel en vra, wat is dit wat ek veronderstel is om te doen in hierdie situasie, in daardie geselskap, met gister se denke en môre se drome?

Maar, sulke antwoorde kom nooit soos ons dit graag wil hoor nie. Eintlik hoor ons dit nooit. Miskien as hindsight vind ons toevallig uit dat ons toevallig op die regte plek op toevallig die regte tyd was en het toevallig die regte dinge ervaar het wat vandag as toevallige antwoord op ‘n sekere situasie sou dien.

Maar dan is toeval dalk toevallig te groot!

Steeds ken ek nie die antwoord nie. As ek dood eerlik en opreg moet wees en die spieël blinkvryf…moet ek bieg en sê, ek het nog nie een keer ervaar hoe dit voel om ‘useful’ vir iemand anders te wees nie. Om te mag erken dat ek iets vir iemand êrens beteken het nie. (ek praat nie hier van familie en eie gesin nie) Dat ek al ooits iets gesê het wat iemand se lewe verander het nie. Dat net een van myse griffels (hier en op my gedigte blog) iemand laat dink het nie. Dat net een van my actions al ooit iets vir ‘n ander beteken het nie…

Nee, moet dit nou nie Sòòòòò lees, asof ek komplimente vis of voel iemand êrens skuld my iets nie! Wat ek sê is soms voel mens so doelloos. So hopelessly useless!

Ander kere dink ek ons word as ‘n rubric cube gebore. Die lewe speel heeltyd met ons. Draai ons hierdie kant en daardie kant…skommel ons deurmekaar en slegs as die lewe dit regkry om ons weer in perfeksie te draai…kom speel iemand anders weer met ons.

Ek was bevoorreg om hierdie week twee boeke te lees, al twee van Francine Rivers. Een is “The last Sin Eater” en die ander “The Atonement Child”

“Sjoe, Wow”, is al wat ek kan sê!

Laasgenoemde wat ek in die klein van die nag klaar gemaak het, is net ongelooflik, is soveel opsigte…dit is ‘n moet lees vir elke vrou…veral diegene wat deur aborsie in hul lewens geraak is, hetsy hul eie, hetsy iemand in die familie, hetsy deur jou of iemand wat jy ken se werk… maar dit is ook ‘n moet lees vir elke man…wat dalk êrens in hul lewens daardeur geraak is.

Hierdie storie het my al heeldag aan die dink…nie net die morele aspek van die saak nie…maar ook die emosionele kant van soveel partye wat by so ‘n besluit betrokke is…maar ook oor die feit dat deur aborsies wettig te verklaar, dit slegs beteken dat dit in controlled environment kan plaasvind deur professionele mense…maar dit vertel niks van die feite nie, en sulke feite word ook nooit aan hierdie hartseer ‘don’t wanna-be mothers’ gedeel nie. Die feit dat navorsing ‘n bewys het dat aborsies skokkende hoë presentasie verhoging van borskanker in hul lewens bevorder….as een van die nagevolge daarvan.

As jy baie nuuskierig is…hierdie girl was verkrag…en gaan lees maar self verder…

Dit het my werklik baie diep geraak…want iemand baie na aan my is daardeur…en ek was nie daar vir haar nie…sy het my nie eers gesê nie…en hoe ek uitgevind het…was swaarder as die daad self…en steeds blameer ek myself omdat ek soos aan die begin genoem, steeds doelloos en useless voel omdat ek haar kon gehelp het…as was dit net om haar ‘n drukkie op toevallig die regte tyd te kon gegee het…en al die drukkies daarna, sal nooit kan opmaak vir daardie een wat ek kon gegee het, sou ek geweet het…

Oeps, iemand is al weer besig om my cube te draai…hierdie keer is dit kleinding wat tee en koekies soek vir ‘n midnight snack!

18 antwoorde op En die doel is dus?

  1. Ientjie het gesê op Julie 16, 2011

    Francine Rivers se boeke is almal regtig baie diep en tog maklik om te lees.
    Vrede in n mens se hart help baie om die minderwaardigheid van menswees te versag

  2. loudavisi het gesê op Julie 17, 2011

    Ek het eens op ‘n tyd al haar boeke gelees. Sal beslis ‘n plan maak om hierdie ook in die hande te kry.
    Soms moet mens net daar wees, dan help dit al.
    xx

  3. TS het gesê op Julie 17, 2011

    Dankie vir die lekkerlees blog…

    Ons moet telkens maar waarde toevoeg tot ander se lewens?

  4. avega het gesê op Julie 17, 2011

    Jy dink diep so laat in die nag. Hier op aarde ken ons ten dele, ek hoop ons gaan aangenaam verras wees, eendag as ons ten volle ken.

  5. DallaSePa het gesê op Julie 17, 2011

    JyISslim …

  6. frikve het gesê op Julie 17, 2011

    Hi, Die idee dat alles en almal ‘n doel het, kom uit mense se gelowe. ‘n “Skepper” skep mos niks wat nie ‘n doel het nie nê?
    Niks het egter ‘n doel nie en mens leef jou lewe en doen wat jy wil doen en die geleenthede om goed (of sleg) te doen, kom vanself. Jou blog is baie goed en inspirerend en jy kan daardie veertjie maar gerus in jou hoed sit. Die feit dat jy dink oor hierdie goed openbaar jou mooi gesindheid en sinvolle lewe.

  7. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    Hey Kel, Ek dink nie ons is veronderstel om die groot prentjie te sien nie…

  8. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    Baie dankie…Ek waardeer jou woorde (en antwoord) opreg.
    🙂

  9. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    🙂
    (bloos-bloos)

  10. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    Jy’s reg…eendag….maar intussen dink ons maar voort…
    (Thanks vir die inloer)

  11. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    Nee – ek sê dankie vir jou saamlees!
    Jy’s reg…ons moet.

  12. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    Hi Lou,
    Jy moet dit lees, maar die ander een ook; The last Sin Eater… dit is ‘n ander diep storie daai…
    Jy’s reg…”daar wees” beteken baie…en ek voel skuldig omdat ek nie “daar” was nie.
    XXX

  13. VozSola het gesê op Julie 17, 2011

    ja, Haar boeke opper baie dieper gedagtes op, lank nadat jy dit gelees het…
    “Vrede”… minderwaardigheid van menswees…
    Nou slaan jy die spyker baie hard!

  14. bloukaap het gesê op Julie 18, 2011

    die groot prentjie is ook ‘bysiende’ ………

  15. The only constant is change. Soms sien mens self nie die tye raak wanneer jy iets vir iemand beteken nie. Dit is sulke klein “onbenullige” gebeurtenisse wat sonder fan-fare opgeblaas word, wat saak maak.

  16. VozSola het gesê op Julie 24, 2011

    Jy is baie gelukkig om die antwoord te ken en daardie soort vryheid te kan ervaar….
    🙂

  17. VozSola het gesê op Julie 24, 2011

    …net soos die kleiner prentjie ‘vêrsiende’ is….

  18. VozSola het gesê op Julie 24, 2011

    Jy praat waar….baie waar…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.