Jy blaai in die argief vir 2011 Julie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blokkie vir blokkie

Julie 31, 2011 in Sonder kategorie

Soms sien ons dinge ook maar net blokkie vir blokkie…

elke blokkie het ‘n uitsig van sy eie…

Mag jou blokkies hierdie week groot wees!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tik-tik-tik…quack-quack-quack…

Julie 24, 2011 in Sonder kategorie

Na die week/ naweek se nuusgebeure…asook dinge wat ek deur die week ervaar het, het ek besluit daar is deesdae net twee soorte mense op aarde. Nee, ek praat nie van ras, politieke oorweeging of selfs geloof nie. Ook is ek nie sexist genoeg om tussen man en vrou te eien nie…ook tussen jonk en oud nie…ook trek ek nie grense oor lande heen nie…

Ek sluit ieder en elk wat ‘n asem het om lewe hierby in. Ongeag omstandighede, jy is een van die twee…en jy kan nie daarvan af wegkom nie…

…of ‘n ticking time-bomb of ‘n sitting duck…

Dink daaroor…

Dis.

Al.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Daaaaaai dinge….

Julie 22, 2011 in Sonder kategorie

wat mens altyd leer as dit amper te laat is om te ken…

die moral van my week is dus.

TALK IS CHEAP…IT’S THE LISTENING THAT’S EXPENSIVE…

Ja-Nee

Profile photo of VozSola

by VozSola

En die doel is dus?

Julie 16, 2011 in Sonder kategorie

Baie kere wonder ek…nee, dit jok ek nou…ek wonder altyd en heeltyd, wat is ek veronderstel om op hierdie aarde te doen. Elkeen van ons is sekerlik met ‘n doel hier geplaas, op hierdie tyd, tussen hierdie mense…en en en en…julle ken mos almal hierdie vraag, of hoe?

Miskien moet ons dit dalk anders stel en vra, wat is dit wat ek veronderstel is om te doen in hierdie situasie, in daardie geselskap, met gister se denke en môre se drome?

Maar, sulke antwoorde kom nooit soos ons dit graag wil hoor nie. Eintlik hoor ons dit nooit. Miskien as hindsight vind ons toevallig uit dat ons toevallig op die regte plek op toevallig die regte tyd was en het toevallig die regte dinge ervaar het wat vandag as toevallige antwoord op ‘n sekere situasie sou dien.

Maar dan is toeval dalk toevallig te groot!

Steeds ken ek nie die antwoord nie. As ek dood eerlik en opreg moet wees en die spieël blinkvryf…moet ek bieg en sê, ek het nog nie een keer ervaar hoe dit voel om ‘useful’ vir iemand anders te wees nie. Om te mag erken dat ek iets vir iemand êrens beteken het nie. (ek praat nie hier van familie en eie gesin nie) Dat ek al ooits iets gesê het wat iemand se lewe verander het nie. Dat net een van myse griffels (hier en op my gedigte blog) iemand laat dink het nie. Dat net een van my actions al ooit iets vir ‘n ander beteken het nie…

Nee, moet dit nou nie Sòòòòò lees, asof ek komplimente vis of voel iemand êrens skuld my iets nie! Wat ek sê is soms voel mens so doelloos. So hopelessly useless!

Ander kere dink ek ons word as ‘n rubric cube gebore. Die lewe speel heeltyd met ons. Draai ons hierdie kant en daardie kant…skommel ons deurmekaar en slegs as die lewe dit regkry om ons weer in perfeksie te draai…kom speel iemand anders weer met ons.

Ek was bevoorreg om hierdie week twee boeke te lees, al twee van Francine Rivers. Een is “The last Sin Eater” en die ander “The Atonement Child”

“Sjoe, Wow”, is al wat ek kan sê!

Laasgenoemde wat ek in die klein van die nag klaar gemaak het, is net ongelooflik, is soveel opsigte…dit is ‘n moet lees vir elke vrou…veral diegene wat deur aborsie in hul lewens geraak is, hetsy hul eie, hetsy iemand in die familie, hetsy deur jou of iemand wat jy ken se werk… maar dit is ook ‘n moet lees vir elke man…wat dalk êrens in hul lewens daardeur geraak is.

Hierdie storie het my al heeldag aan die dink…nie net die morele aspek van die saak nie…maar ook die emosionele kant van soveel partye wat by so ‘n besluit betrokke is…maar ook oor die feit dat deur aborsies wettig te verklaar, dit slegs beteken dat dit in controlled environment kan plaasvind deur professionele mense…maar dit vertel niks van die feite nie, en sulke feite word ook nooit aan hierdie hartseer ‘don’t wanna-be mothers’ gedeel nie. Die feit dat navorsing ‘n bewys het dat aborsies skokkende hoë presentasie verhoging van borskanker in hul lewens bevorder….as een van die nagevolge daarvan.

As jy baie nuuskierig is…hierdie girl was verkrag…en gaan lees maar self verder…

Dit het my werklik baie diep geraak…want iemand baie na aan my is daardeur…en ek was nie daar vir haar nie…sy het my nie eers gesê nie…en hoe ek uitgevind het…was swaarder as die daad self…en steeds blameer ek myself omdat ek soos aan die begin genoem, steeds doelloos en useless voel omdat ek haar kon gehelp het…as was dit net om haar ‘n drukkie op toevallig die regte tyd te kon gegee het…en al die drukkies daarna, sal nooit kan opmaak vir daardie een wat ek kon gegee het, sou ek geweet het…

Oeps, iemand is al weer besig om my cube te draai…hierdie keer is dit kleinding wat tee en koekies soek vir ‘n midnight snack!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wou net sê…

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

…ek is nog hier…

hou maar net die laaste paar weke bietjie asem op…

wie weet wat nog alles in hierdie jaar moet gebeur…

…hoop die volgende gebeurtenis is ‘n goeie een…

dis al.