Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

by VozSola

“The men in black” – ’n Pretoria weergawe

Mei 4, 2011 in Sonder kategorie

  

05h40 – Helfde van die straatligte werk soos gewoonlik nie. Daar is donker-donker skadu-kolle wat elk byna-byna soos ’n boom, ’n plain of ’n trein wil lyk Soos ’n skim uit die nag, verskyn daar skielik ’n figuur, millimeters van my voorste bumper af… en ja, ek pomp nog rem en kan dus nie brag dat my abs werk nie, maar die vet weet, my voete werk beter!

“Fine” vloek ek skelm vir myself…

Nie lank nie, toe is daar drie van hulle. Swart skadu-goeters voor my in die middel van die pad. Hulle beweeg teen

’n spoed van 60 km per uur.

So saam-saam draai ons in Duncan straat in. Ek hou regs, maar hulle ook. Nou beweeg hulle saam-saam oor die strek van twee bane. Ek kan nie links verby en ook nie regs verby.

Hulle beweeg oor die rooi verkeerslig van Schoeman Straat. Maar moes stop by Pretorius, net-net voor hulle onder ander voertuie te beland…

“Snak” haal ek skielik weer asem…

Maar hulle beweeg reguit in ’n draai-baan in Kerkstraat en die hoeters blaas…en die remme skree…en die skimme met hikke en nukke beweeg verder… in die middel baan…netjies langs mekaar, nie eers soos eentjies in ’n ry nie!

“Fine” vloek en skelm en heel uitasem…

Kan ek asseblief aan hierdie ‘men in black” fietsryers vra om asb dalk ’n liggie te kry, dalk shiny-shoes en ’n geel hempie dalk? …sodat ons nie môre in die koerant hoef te lees oor fietsryers wat dit nie gemaak het nie.

Ek ag hierdie drie manne in hulle swart-tight-pakkies bitter gelukkig dat hulle nie ’n statistic of drie geword het nie.

by VozSola

…as we forgive those…

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

Moet mens diegene vergewe wat nie ander kan vergewe nie?

Ek ken ‘n paar sulke persone wat die lewe vir ander bitter moeilik maak. Hulle is hard-core angry mense. Tot in die siel kwaad vir almal om hulle. Situasies om hulle. Hulle vloek en skel die arme agter-die-till-tannie tot die petrol joggie. Hulle skel en kla oor die regering, die rugby, die nuus, die koerante, die Muslims en die Christene. Hulle is sielskwaad vir hulle families en hulle kollegas. Hulle curse die wêreld om hulle…en vergewe niemand niks. Nie eers hulle eie ouers nie. Dan het hulle nog die ‘reg’ om te kla en te vra en smeek “Hoekom gebeur al hierdie dinge met my? Hoekom doen my besigheid so sleg? Hoekom kan ek nie ook die lotto wen nie, want ander verdien dit nie soveel soos ek nie? Ai, hoekom het die sterre teen my gedraai?”

Ek wil so graag vir hierdie mense skree: “Hou tog net f-ing op! Dit gaan so…want die wiel draai…wat jy saai sal jy maai… Elke curse wat jy spreek, kom vermenigvuldig terug na jou.” Die een keer wat ek dit wel gewaag het, het ek dit amper nie gemaak nie… nou sê ek liewers niks meer nie…maar sal graag steeds wil weet…

Moet mens dan diegene vergewe wat nie ander kan vergewe nie?

Of, is daar dalk ‘n logiese manier waarop hierdie tipe woede-mense gehanteer moet word, sonder dat dit jou as persoon affekteer…sonder dat hulle jou siel droogsuig? Ek probeer hierdie spesifieke persone vermy…maar dit is ongelukkig nie moontlik nie, want ek werk elke dag saam met hulle…en dit maak my moeg.