by

Die swart woefie het kleintjies gekry

Mei 9, 2011 in Sonder kategorie

Die huismense snork. Die honde blaf. Een buurman en sy kinders doen off-road-stunts in die straat. Die ander se garden-vaccum raas soos gewoonlik op ’n Sondag oggend stiptelik om 07h30. Die hadidas kom groet die wêreld en ek lê grootoog en staar na die plafion.

Toe diè nie meer vir my bekoring inhou nie, staan ek maar op en gaan maak ’n single cuppa…en later ’n tweede een…met genoeg geraas om die snorkendes te kenne te gee, dis tyd vir opstaan. Helaas, by die derde koppie en ’n halwe pakkie eat-some-more’s is daar steeds geen teken van real-world activities by hulle nie.

Tien oor elf hoor ek die eerste beweging van lewe…en toe ’n tweede…

Teen vieruur die middag daag daar ’n verlore pakkie chocolates op. Helaas, met daardie pakkie het die swart hondjie tien kleintjies gekraam…

Oornag, het die kleintjies ook elk tien ander gekraam. Wonder of daar vandag vir my ’n spesiale stil hoekie in die wegkruipwêreld is…

14 antwoorde op Die swart woefie het kleintjies gekry

  1. TS het gesê op Mei 9, 2011

    Weet jou huismense nie dat ma op moedersdag nie mag koffie maak nie. Geluk met die hondjies – sjoe 10 is baie!

  2. Modigliani het gesê op Mei 9, 2011

    Hoop jy kry bietjie rus en vrede vir daai siel.
    x

  3. HeavyHenry het gesê op Mei 9, 2011

    Moer daai honne almal dood – hulle issie goed vir jou nie.

  4. Maankind2 het gesê op Mei 9, 2011

    Pleks jy vroegoggend al die swart hond gevat het aan sy stert, en onder hulle neuse gaan swaai het en gesê het, hey waar is my moedersdag koffie? Sou hulle gemaak het as jy gevra het?

  5. lora2me het gesê op Mei 9, 2011

    Waar’s daardie huismense dat ek hulle vir hulle die reëls en leviete kan voorlees?! Ek moet darem erken dat die beste swart ding wat ek ken, ‘n koppie koffie is…die beste wit ding is beslis ‘n Eet-sum-mor. Moenie wegkruip nie, sit oorbelle in, lipstiek aan, handsak in die hand en laat waai na die winkels of koffieplekke!

  6. chiloglanis het gesê op Mei 9, 2011

    Jy was lanklaas oppie mark!?

  7. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    ag, duidelik het laataand tv hulle moeg gemaak…
    ps…jy wil nie die groot swartgallige hond se babies hê nie, glo my!

  8. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    …ek sien daai hoekies is ook maar deesdae bietjie beknop met die toeloop van die crowds…

  9. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    dankie.
    xxx

  10. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    kon darem een van die tien vandag bykom!

  11. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    ek het later…maar dit het nie gebeur nie…

  12. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    ek stuur hulle onmiddelik na jou toe…kry solank die koekroller reg!

  13. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    Ek weet…en jy weet.

  14. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2011

    Good!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.