by

Springmielies in ’n Teflon pan

Mei 5, 2011 in Sonder kategorie

Is hier dalk ’n CI fundi wat die US of A se stelling van “DNA toetse het bewys dat dit regtig Sin-Bin was” aan my kan verduidelik. Sien, sover my skottelgoed was en stryk kennis strek, kan jy net appels met appels vergelyk om te bepaal dat dit wel ’n appel is.

Nou vra my Sunlight-liquid brain, het hulle dan 4000 dae agter hom aangetrek en baardhare opgetel om die appels met appels te vergelyk…want as hulle het, dan het hulle mos voorheen geweet waar hy was?

Of, dalk nog erger…kan jy jouself indink dat hulle dat al vir etlike jare slimmer as Oom Snorretjie was, en lankal DNA gecollect het, sommer by geboorte al…van almal anders as hulle heilige self? Scary!!!

Nou ja, hierdie hele gedoente klink vir my soos springmielies maak in ’n Teflon pan…

En steeds is dit slegs ’n man wat vermoor is, steeds ’n gewone man vir ’n vrou of tien, ’n gewone pa van kinders en steeds ’n gewone kind vir sy ouers…ens.

Maar nou ja, soos hulle sê; Nothing sticks to Teflon, then how do they get Teflon to stick to the pan? Maklik – Made in the US of A.

13 antwoorde op Springmielies in ’n Teflon pan

  1. zephur het gesê op Mei 5, 2011

    Hul het die DNA gekry van hom net voordat hul hom doodgemaak het en sien daar bewys DNA toetse dis hy…want dit was sy hare op die kussing

  2. Modigliani het gesê op Mei 5, 2011

    Ek het self daaroor gewonder.

  3. Modigliani het gesê op Mei 5, 2011

    Die DNA, nie die Teflon nie 🙂

  4. bernster het gesê op Mei 5, 2011

    Oom Barack het gepraat!

  5. Neander het gesê op Mei 5, 2011

    Die DNS is vergelyk met familie lede wat in Florida woon.

    Weet jy dat die Pentagon miljoene elektroniese boodskappe, e pos, internet, en selfone, gelyktydig onderskep en ontleed en dit het die komms tussen terrs en terreurgroepe onmoontlik gemaak.
    OBL se huis het geen telefoon of I net gehad nie.

  6. lora2me het gesê op Mei 5, 2011

    Touche, Zeppie! (Jammer het al weer my ASCII-teken vir die aksent vergeet.)

  7. VozSola het gesê op Mei 5, 2011

    dus is bloed regtig dikker as water…
    thnx vir jou antwoord.

  8. VozSola het gesê op Mei 5, 2011

    ja-nee.

  9. lora2me het gesê op Mei 5, 2011

    Ek het ook gewonder, maar jy weet, Superman, the Incredible Hulk en, natuurlik, die nimlike Obama wat soms op water loop, kom ook van die US of A.

  10. VozSola het gesê op Mei 5, 2011

    lol!

  11. VozSola het gesê op Mei 5, 2011

    super skerp…!

  12. VozSola het gesê op Mei 5, 2011

    Chuck Norris ook!!!
    🙂

  13. Skerp!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.