Jy blaai in die argief vir 2011 Maart.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Why I hate Mondays en ander dinge

Maart 28, 2011 in Sonder kategorie

Maak nie saak hoe hard jy op Vrydag gewerk het om jou week se werk op datum te bring nie…presies sodat Maandag oggend op ‘n Maandag oggend kan begin…hene, dit werk net nooit! Ek was selfs op die heilige Sondag middag daar, om ‘n belangrike kontrak klaar te maak…steeds voel dit of my Maandag op ‘n Donderdag begin het…!!!

Nog meer is die ontydige ‘happy-weekend-chats’ wat op jou afstorm juis wanneer jy op jou besigste is…en mens wil mos nou nie ongeskik wees nie… Op die ou-einde van die dag, sit jy teen ses uur saans, alleen op kantoor, om al die dag se werk in te haal…maar steeds wil mens mos nie ongeskik wees en sê; ‘kan ons dalk later chat, want ek is op die oomblik besig.’

Maar nou ja, ek staan seker weer alleen in hierdie opsig, so ekke gaan nie verder moan nie, want ek weet julle wil ook nie ongeskik wees, en sê; ‘ag whatever…’ nie!!!Sealed

My ouers vier Sondag hulle 47ste huweliks herdenking. Vrydag aand kom hulle kuier. Saterdag aand gaan ek en Moeder Neil Diamond kyk. Sondag ry hulle weer terug. Kan nie meer wag nie! Ek sien my ouers baie min…werk en distansie is ‘n probleem.

Hoe kan twee mense so lank getroud wees? Mmm…ek het hulle gevra, maar hulle weet ook nie…dit het maar net so in die jare aangeloop, sonder die daaglikse besef hoe lank dit is! Sjoe, ek kan nie eers so ver dink nie…skrikwekkend as my sou vra!

Miskien werk so ‘n lang huwelik soos die denkproses… Jou siel hunker gedurig…na dinge wat jou hart voel…maar sodra jou siel ervaar wat jou hart voel, bly die eggo draal…en as die eggo weerklink, het die siel ervaar en is uiteindelik vir ‘n wyle tevrede… Ek dink hul siel is tevrede. Dit is wat ek dink…

Aan die anderkant, dink ek dalk te veel…miskien is ons hart en siel meeste van die tyd nie op dieselfde stasie nie…en sal ewig soekend bly…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Anha het gesê ek moet ook so maak…

Maart 25, 2011 in Sonder kategorie

Here goes….’n maklike een…

As jy voorentoe kyk is dit reg…

As jy agtertoe kyk is die verkeerd…

As jy twee het is reg verkeerd en verkeerd weer reg.

Maar onder sal nooit bo wees kan wees nie…

Wat kan dit tog wees?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Bullie beef vs. a tossed salad

Maart 23, 2011 in Sonder kategorie

Hoekom voel dit asof daar soms net die bogenoemde op die menu is? As jy nie krag het vir die een nie, moet jy noodgedwonge die ander neem, anders vrek jy van die honger. Sommige mense het ook geen skaamte nie, en eet sommer van beide, elke dag. Ander het nie ‘n keuse nie, en raak ongesond vet en sukkel-sukkel die lewe reg met ‘n Rennie!

Maar geen Rennie werk die sooibrand van emosionele bullies en saai slaai mense nie teen nie.

Tensy julle ‘n anderste soort van medisyne ken wat die effek van sulke ongesonde daaglikse spyse kan tee werk…want die vet weet, ek kan nie meer sulke mense verstaan nie. Dit is meestal mense saam met wie jy daagliks professioneel mee moet omgaan, dus kan mens nie anders om dankie te sê en swaar te sluk aan wat voor jou geplaas word nie. Ek kan nie die spyskaart verander nie, maar sekerlik kan ek dit meer verteerbaar maak…maar hoe?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Stilte

Maart 22, 2011 in Sonder kategorie

Die wêreld het oornag mal geword.

Die mense hardloop soos ‘n rabies honde rond, en byt almal van agter aan die hakskeen.

As jy eers gebyt is, kan jy nie anders om ‘n ander te byt nie.

En een van die dae bly niemand oor nie…

Eers dan sal die stilte oor ons neerdaal.

As jy intussen die stilte hoor, begin worry, want dalk is jy dan heel alleen…

passop vir die skuimdruppende honde…hulle skuil oral,

in die skool, in jou kerk, in jou politieke party, in jou sportspanne, in jou regering,

in jou leiers, in jou gemeenskap, in jou koerante, binne jou tv en pc, en dalk selfs

in jou familie… 

Aanvaar almal but trust no-one!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Ode aan gedagtes

Maart 21, 2011 in Sonder kategorie

Die kreukelballe met

hul snip-snip woorde

speel ring a ring o roses om

die pote van

die aanskryftafel nes

die sneeubal sneespapier

met opkladtrane wat

die boksie vul;

die einde van

‘n geesgenoot se blomtyd word

verewig tussen ons

tot halwe bladsy of

dalk tien gepars

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

All in a day’s work…plesiere volg later…

Maart 18, 2011 in Sonder kategorie

 

06h15 tot 17h30…Mon-Fri…

 

 

17h45…en oggend koerant nog nie gelees…

 

 

Soms is werk lekker…

 

 

Huistoe kom tyd…lang-lang dag…

 

 

Kleinding hou van Jugi-teken…(hy trace nie!)

 

 

Die bietjie van baie…wat ek lees.

Dinge wat kinders lees…

 

 

Tiener stress-relief? Dogfights.

Aan die einde van die dag voel ek soos die middel een…doof gehoor!

Profile photo of VozSola

by VozSola

O toggie, wat nou?

Maart 16, 2011 in Sonder kategorie

Sowat ‘n maand of wat gelede was alles nog fine…

Vanaand toe ek van die werk af kom, my skoene uitskop en kleinding (ingeplug op ‘n ander tiener kanaal) my kom groet, sien ek daar is ‘n probleem. Sommer ‘n groot een!

Ek roep hom kamer toe. Maak hom voor die spieël staande. Ek staan effe agter hom. Toe langs hom, toe voor hom…maak nie saak hoe ekke probeer nie, hy bly langer as ek. Wanneer het dit gebeur?

Kleinding het oornag groot geword. Dertien jaar het verby gevlieg. Sommer so. Stemmetjie breek hier en daar as hy opgewonde raak… en ek besef (met trots natuurlik, maar steeds met ‘n traan wat êrens agter die oog vassteek) dat ek nie meer kleinding se ma is nie…maar ‘n moeder van ‘n wonderwerk.

Sowaar!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Why don’t we all just get stoned…

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

Wee nie wie Zillertal se dinge kan onthou nie. Toe ekke hier aangekom het, het dit gebrand…

 

maar daar’s ‘n ou lp in my garage…en Tommy Dell het die Beer drinking song live daar gerecord… Dis nou een song waarby mens kan name van mense en plekke kan verander…en steeds is die song timeless…en waar…

 

Wie’s lus om ‘n paar name hier in te gooi?

 

 

 

Why Don’t We All Just Get Stoned
Performed by Mac Davis

Why don’t we all just get stoned,
Get drunk and sing beer-drinking songs.
Between Brezhnev and Begin,
Khomeini and Reagan,
We might as well all just get stoned.

Ya can’t even look at the T.V. these days,
Without gettin’ scared half to death.
The eyewitness news leaves me used and abused,
And I find myself gasping for breath.
There’s strikes and inflation,
And strife between nations,
The world’s in a hell of a mess.
No matter who’s hurtin’,
There’s one thing for certain,
The whole world will blame the U.S.

Why don’t we all just get stoned,
Get drunk and sing beer-drinking songs.
Between Brezhnev and Begin,
Khomeini and Reagan,
We might as well all just get stoned.

The Russians don’t like us,
And we don’t like them.
The Israelis hate the Ay-rabs.
Iran and Iraq are on each other’s back,
And El Salvador’s still up for grabs.
I wish they’d take Idi Amin and Khomeini
And Ghadafi and all of the rest,
Tie’em all up to a chair,
And make’em stair at Yasser Arafat,
‘Til he uglies the whole bunch to death.

Why don’t we all just get stoned,
Get drunk and sing beer-drinking songs.
Between Brezhnev and Begin,
Khomeini and Reagan,
We might as well all just get stoned.

There’s mass unemployment,
And crime in the streets,
Inflation gets worse everyday,
They’re taxin’ us maximum,
And Congress ain’t axin’em.
They take most my paycheck away.
Now Social Security
Has become an obscurity,
Where the hell’s all the money we paid?
Lord, if the Commie’s don’t take us,
Reaganomics will break us,
We ain’t got a chance either way.

Why don’t we all just get stoned,
Get drunk and sing beer-drinking songs.
Between Brezhnev and Begin,
Khomeini and Reagan,
We might as well all just get stoned.

Profile photo of VozSola

by VozSola

mmm…

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

Ek het ‘n week laas hier gedraai…is terug by die werk na sewe weke siek verlof, dus, is dit weer net werk, werk, werk, werk…maar nou ja. So moet ons mos mos swoeg vir onse almoese…en soms wonder jy of dit regtig die moeite werd is… Ek is dankbaar date k ten minste ‘n werk het. Glo my, ek is. Maar as jy dag na dag twaalf ure ‘n dag werk…en aan die einde van die maand, steeds op jouse overdraft sonder kleingeld te moet oorleef, dan wonder mens.

Ek sien julle speel nou slim speletjies. En die res van blogland staan darem nog. Dis goed om te weet.

Die beste nuus kanaal tans op DSTV is RT – Russia TV. (net so by the way)

Gister se match, top nou die beste match van die CWC (Tweede is steeds IND vs ENG)

Ons moet werklik soms stilstaan en dankie sê dat ons in ‘n land bly wat byna nooit deur natuurrampe geteister word nie..al staan ons steeds weerbaar teenoor die natuur, want die wêreld is eintlik maar donner klein in hierdie heelal.

Nou ja. Ek het kom hallo sê, en nou moet ek gou ‘n paar stukkies verlore werk van laasweek inhaal…om my Maandag op ‘n skoon bladsy te kan begin.

Skoon blaaie vir julle week ook! (net nie julle blogblaaie nie!)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wat gebeur as gedagtes wil treinry?

Maart 7, 2011 in Sonder kategorie

1.   Koop DADELIK ‘n kaartjie.

2.   Beste is die Return to nowhere roete.

3.   Maak seker jy het alles wat nodig is ingepak. (En nog meer)

4.   Maak seker jy het ‘n back-up van gedates in jou handbagasie.

5.   Wees altyd vyftien minute voor die vertrek tyd by die stasie.

6.   Moet nooit wonder of jy alles ingepak het nie…wat jy vergeet het, word soms in oormaat aan jou deur die loop van die 

      reis beskikbaar gestel.

7.   Moet nooit baklei vir die beste sitplek nie, maar juis vir die mees ongeleë sitplek…dis maklik om daardie sitplek te eien…

     dit is die laaste sitplek wat oop is…en dit is ALTYD die beste sitplek vir jou reis.

8.   Sit terug and enjoy the ride.

9.   Met aankoms, maak seker om onmiddelik jou gedagteplakboek met woorde te beplak.

10.  Fluit-fluit…nog ‘n trein staan gereed…

…wie van julle wil met hierdie een saamry?

Ps…die enigste gevaar op hierdie roete is: die gevaar om slaap-slaap saam te ry…en jou gedagtes tussen die spore agter te laat. Dit is baie hartseer as dit gebeur…en tog dit gebeur so gereeld…

En nog belangriker…moet nooit-ooit die trein terug verpas nie!