Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blogs toe en nou.

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Ek’t begin blog omdat SêNet nie meer lekker geselskap was nie. Ek’t begin blog omdat ek baie terleurgesteld was in ‘n ander forum, waar click-click-clan’s ons as buitestaanders belieg het. Mense wat nie was wie hul voorgee om te wees nie. Mans wat hulle as vroue voordoen. Oh, ek kan baie stories daaroor plaas…Double personalities…met foon nommers, foto’s, families, adresse…en al. Skrikwekkende vreemde dinge het daar gebeur…

Toe ek hier begin blog het, was dit vir my lekker. Ek kon wees wie ek is. Ek was skrikkerig vir ander bloggers…en selfs nou, vind ek dit bitter moeilik om kommentaar op ander se blogs te lewer. Miskien is ek bang vir oordeel. As ek nie saamstem nie, ignoreer ek sulke inskrywings, soms, as ek regtig wil, sal ek so sê, sonder om die persoon aan te vat.

Wat my sad maak is die fly-by-night-blog-accounts, slegs daar om mense seer te maak. Dit herinner my aan slegte dae op daai forum…en ek weet wat sulke woorde aan mense doen, al sal sommige van hulle dit nooit sê nie. Hierdie soort van blogging is deur mense wat ‘n backlog van onverwerkte emosies van verwerping in hul dra.

Gegewe ‘n baie hartseer stel wat ek en ‘n paar ander op die ander forum afgetrap het, is ek bitter versigtig…maar hier was dit anders. Die bloggers hier op Litnet is baie anders as elders. Hier is super nice mense wat tussen die lyne dwaal. Regte egte mense!

Ek is bevoorreg om te mag sê ek het al ‘n hele paar bloggers ontmoet. (Nee, gaan nie namedropping doen nie, hulle kan dit self doen, as hulle wil) En ja, ek het nog ‘n lysie van bloggers wat ek graag wil ontmoet…

Intussen, lees ek, geniet ek, ignoreer dit wat my nie aanstaan nie. Dit is totaal onnodig om persoonlik te raak met mense met wie jy nie saamstem nie. Veral, as jy die persoon nie ken nie…en indien wel, sou mens sekerlik meer subtiele ‘agree to disagree’ opsie neem en steeds sukselvol kan debateer. Respek vir ander se opinies, soos wat joune gerespekteer word. Dit is eintlik eenvoudig maklik.

ps…dink ‘n paar jaar terug…voor e-mails, internet forums en blogs… Was jy in jou lewe al met soveel mense (kennisse en vreemdelinge) op een slag in kontak? Nee…voor blogging het slegs ‘n handjievol mense van jou bestaan geweet. Vandag, vandag lees honderde vreemde mense jou elke woordelikse denke…

Amazingly scary as jy my sou vra.

Profile photo of VozSola

by VozSola

A thousand splendid suns….

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Deur Khaled Hosseini….en van die beste boeke wat ek in ‘n lang tyd gelees het . (thanks Maankind, jy was reg)

Hoe dankbaar moet ons vroue in die western world nie wees nie… Ons sou nie eers twee dae as ‘n Afgan-vrou oorleef nie…alhoewel ek ‘n paar ken, wat net so wel daar kon gebly het, net soos hulle hier lewe.

Hierdie storie gaan my gedagtes nog lank besig hou. Nie net die storie nie, maar die innerlike krag van ‘n vrou…die uithouvermoeë, die geloof in hulle hoop…daar is altyd hoop in hul drome in die slegste van die slegste omstandighede, en altyd die dankbaarheid vir small mercies, al is die meestal totaal onbelangrik vir ander.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Dankie, maar nee dankie,

Februarie 27, 2011 in Sonder kategorie

Beste Rapport.

Ek gaan van volgende Sondag af eerder petrol ingooi as om k.k te lees. Om te dink dat iemand se onderonsie met ‘n huishoudster as Hoofnuus kwalifiseer, wys nie net op die totale minagting vir jul lesers se intelligensie nie, maar op die misplasing van julle eie intelligensie om veral die Afrikaner op hoogte van landsake en wêreldnuus te hou. As dit wat julle in vandag se Rapport geplaas het, werklik van landsbelang is, is dit vandag is swart dag, soos die swartsmeer van julle drukkers ink.

Die wêreld staan op die punt van ‘n oorlog. ‘n Ander land tel nog sy stukke op. En julle dink Uncle Bob se verjaardag is ‘n feesviering?

As ek vier Sondae se geld spaar, kan ek vir vier dae werk toe ry. Of ‘n tweedehandse lekker storie boek koop. ‘n Lekker stew maak. Wacky Wednesday’s geniet. Spaar vir ‘n krismas bederf van ter waarde van R572.00 wat presies my water en elektrisiteits rekening vir die maand kan dek.

Dankie, Rapport…maar nee dankie.

Die uwe

x-leser.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kinders, moenie met die water mors nie…!

Februarie 26, 2011 in Sonder kategorie

grootmense ook nie!

Profile photo of VozSola

by VozSola

I wonder who broke the moon.

Februarie 25, 2011 in Sonder kategorie

As jy lank genoeg stil sit, sal die mos op jou kom groei? Sal jou gedagtes vrugbaar genoeg wees om die kombers welig sag en groen te hou?

Almal dra swaar aan die jas so om hul siel. Dit is koud daarbuite en dodelik vir ‘n naakte siel. As die wind koud by die gate inwaai en jy sielsverkoue kry…is jy verseker dat ander ver van jou sal sit, asof dit hoogs aansteeklik is, en die dood hulle in die donker sal inwag soos ‘n onsigbare kiem wat jag maak op mense wat knoesig voor hul lewenskaggel ingesluimer het.

In die somer…versmoor ons van die hitte en steeds weier ons om naak en weerbaar te wees. Is ons skaam? Skaam vir wat ons op ons mou dra? Skaam vir wat ons onder ons vel dra? Skaam om letsels te wys en die donker kolle van selfverderf bloot te stel? Skaam vir jouself? Skaam om ander se waarheid te sien? Bang dat jaloerse merke sigbaar sal wees?

Hoekom is ons so blind gebore? Hoekom is ons so doof gebore? Hoekom is ons sonder tong gebore? Wie het ons gevoel gesteel? Hoekom neem dit ‘n leeftyd en ‘n half om bevoorreg genoeg te wees om te mag sien, hoor, praat en voel?

Maar daar is sommige mense wat perfek die lewe inkom, lewe en weer uitgaan. Hulle is spesiaal en geskape om ons te leer. Maar ons kan doodeenvoudig nie leer nie. Ons kan nie bloot aanvaar dat daar so iets so perfeksie is nie. Ons kan dan nie eers aanvaar dat ons perfek is soos wat ons geskape is nie, want dit klink gans te ongelooflik om waar te wees.

Ons bedink en betwyfel alles, selfs die waarheid. Selfs die waarheid is ongelooflik in baie opsigte. Dat die beginsels van liefde nie altyd mooi kan wees nie. Dat die beginsels van hoop soms kan vervaag? Dat geloof soms so ongeloofwaardig waar kan wees?

Die song se woorde dartel in my gedagtes; …”I don’t believe in if anymore…if’s an illusion…if I knew then what I know now (I thought I did you know somehow)…If only, Lord, if only…” en ek wonder wie het die maan vanaand middeldeur gebreek…

…en of die mos ooit sal groei…?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Profile photo of VozSola

by VozSola

Drank dink dom

Februarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Om drankvrkope op Sondae te stuit, gaan nie die probleem oplos nie…Om so te dink is dom.

Kinders koop ook nie drank by winkels nie…hulle kry dit verniet vanuit hulle ouerhuise. Dus om te sê hulle gaan strenger wetgewing op drankwinkels toepas teenoor verkope aan kinders. Om so te dink is dom.

Ek sou eerder graag poliseering by huispartytjies doen. Dit is skokkend om te sien hoeveel kinders het house-parties, met ‘n oorvloed van drank, meeste met “ouer” toesig. Jong kinders op bikes – en student karre – dronker as dronk agter die stuur.

Ek sou eerder graag wou sien dat ‘bars’ en restaurante ook ‘n nugter verantwoordelikheid vir hulle kliënte neem, en te verseker dat hulle nie oor die limit drink nie. Dit sou heerlik wees as hierdie establishments gemonitor word en verantwoordelik gehou word.

Een oggend hierdie week gaan ons vir ontbyt so 9 uur se koers. Net gesit toe twee ou tannies die tafel newens ons intrek neem. Hulle is ver oor die sewentig. Hulle bestel ‘n bottel Graca. Ons eet ons brekkie en neem ons tyd met die koffie en elk ‘n koerant. Nie lank nie, en die tannies is so load, ons kon nie eers gesels nie…en die tweede bottle word aangedra. Ons is intussen die supermark in. Toe ons uitkom, slinger die twee tannies ook uit. Ons het onderlangs geloer…en die een tannie het meer as tien minute geneem om uit haar parkeerpasie te kom. Beste is, daar was geen motors langs haar parkeer nie. Dit was skandelik. Dit is iemand se ma, iemand se ouma wat voor elf in die oggend so dronk bestuur het!

Om nie eers te noem hoe dit in plekke soos in Hatfield gaan waar dwelms gewoonlik saam met drank geneem word nie…

Nader aan die been, My pa was ‘n alcoholic voor hy met my ma getroud was. Het opgehou drink tot ons uit die huis is…weer begin…en nou weer opgehou.

My tannie is dood…die tweede oudste van sewe sussies. Drank het haar lewer verdrink. Nou drink die res uit respek glad nie meer nie.

Ek haat nie drank nie. Ek geniet ook so nou en dan ‘n glas goeie rooi…en miskien ‘n koue Peroni. Ek haat wat drank aan goeie mense doen. En wat dit doen, is nie goed nie.

Finish en klaar.

Drank vernietig mense. Drank vernietig lewens. Drank vernietig die mooi in die lewe. Drank lieg. Drank lieg altyd. Altyd.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Boekhemel terwyl die krake wys

Februarie 22, 2011 in Sonder kategorie

Die wêreld val uitmekaar. Christchurch is besig om stukke op te tel. Libya is besig om bomme op te tel. Ander lande is besig om krake te wys, terwyl SA hard besig is om tender-craters toe te stop met wondergom van denial. (jammer hulle kom nie by die potholes uit nie, ook nie by George Mukhari Hospitaal waar ape, katte en rotte (regtig) die pasiënte se kos uit hul borde steel nie…)

Maar terwyl ons vanoggend gaan koffie drink het, het ek ‘n boekhemel ontdek. Tweedehandse boekwinkel…rustig, groot, mooi uitgestal en volgens temas ingedeel…Sjoe…gelukkig het ek nie geld nie…anders het ek die winkel gekoop, nevermind die boeke. Wel, ek is daar weg met “ A thousand splendid suns” deur Khaled Hosseini…

Maar, ek wil eers die krieket klaar kyk voor ek begin lees. Gedink ag, Engeland vs Nederland…boring…maar dit is toe nie. Spectator rule number One: It ain’t over until the fat lady sings… Moet nooit nooit dink iemand gaan ooglopend wen nie…tot met die laaste bal nie. Dit irreteer my grensloos om te sien hoe twee ex-Suid Afrikaners so skaamteloos die aanvangskolwers vir die ….. Engelse is! …en daar is nie eers krake op daai pitch nie!

Maar, ek gaan nou eers myse eie krake met koffie en koekies vul. Julle is welkom om my te join. Sit die ketel aan, haal die koekies uit. Maak seker jy is op kanaal 171 (beter kwaliteit), sit terug en geniet.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wanneer woorde oorbodig is

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Super mooi weergawe van a stunning song.

Dan is daar…

‘n Song met baie betekenis en net so ‘n mooi weergawe.

Lees die ware storie oor haar.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sielsherwinnings projek

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Hoe kan iets mooi in die lewe so lelik word, en as die lelik weggekwyn het, weer mooi word?

Hoe kan lelike gebeure later vergete raak dat slegs die mooi herinneringe agterbly? (Ek wonder wie het daai een uitgedink?)

Hoekom is vergifenis ‘n uitveër wat so skaars en so duur is? Dan as jy gelukkig is om een te kry, dat jy geen idée het hoe dit werk nie, hoe meer jy probeer, hoe meer van ‘n gemors maak jy? Op die ou-einde het jy die hele uitveër opgebruik, sonder dat jy dit doeltreffend aangewend het.

Hoekom moet voel dit of ons deesdae deel is van ‘n herwinnings kultuur wat denke, doen en late elk ‘n drom gegee is en ons slegs daarvolgens ons lewe moet indeel. So ook jou siel, liggaam en gees, asof dit nie meer aanvaarbaar is om al drie tesame in een te boks nie… Asof dit nie meer reg is om ‘n hele mens te mag wees nie, maar apart te moet funksioneer. Mense oordeel jou aan jou fisiese voorkoms, nog voor jy gehoor word. Slim mense oordeel jou siel – nog voor jy gesien word. Geestelikes en veral lekepredikers verdoem jou toekoms, nog lank voor jy ‘n bekentenis mag doen.

Ek wonder vanaand hoekom ons altyd eers die teenoorgestelde moet ervaar voordat ons die werklikheid van die ander kant kan aanvaar? As jy nie weet wat haat is nie, kan jy onmoontlik nie liefde ervaar nie. As jy nie hartseer ken nie, sal jy nooit vreugde ken nie. As jy nie weet van die duiwel nie, sal jy nie weet van God nie. As jy sleg ken nie, kan jy nie ten geode oordeel nie.

Indien dit alles waar is, wat van mense wat net die een kant ken? Hoe sou hulle ooit weet wat dit nie-is-nie? As jy nie weet van verkeerd nie, is dit mos ook ontmoonlik om te weet wat goed is? En so kan die vraag herhaal word.

Lank terug het ek “The death of a Guru” gelees. ‘n Hindoe guru wat later ‘n christen geword het. Dit was uiters insiggewend en eye-opening, net soos “Conversations with God” – maar soos met alles in die lewe, moes ek daardeur sif…wat is belangrik en wat nie…maar nie volgens ander nie, maar volgens wat EK op daardie tydstip nodig gehad het om te hoor, sien, leer en ervaar.

Steeds word elke ondervinding in ons lewe, herwin, en op een of ander stadium kom hierdie dinge terug na ons, soms in dieselfde ervaring, soms nuutverpak so dat ons dit nie onmiddelik kan erken nie, totdat die ervaring daaruit ons weer herinner.

Indien dit waar is, sou ons dan nie teen nou al geleer het om al hierdie dinge te hanteer en te ken nie? Hoekom jok ons dan so vir ons self? Hoekom al gebeur sekere dinge oor en oor en oor, kan ons dit steeds nie sien kom, en sodoende voorbrand maak teen die sielsgeskroei van die ondervindings nie?

Is dit nie veronderstel om voor die hand liggend te wees nie? As die son jou vandag verbrand het, gaan jy immers môre in die koelte sit?

Hierdie oeroue herwinnings proses laat die siels ondervinding soms vir ‘n wyle leeg. Tyd is tydloos. Die minder goeie dinge voel veel langer om te proseseer as die opwindende mooi dinge. So asof hulle ‘goed’ nie meer so goed herwin nie.

Ek dink iemand by daardie herwinningsaanleg is nie genoegsaam opgelei om die werk te doen nie…wie weet dalk is die hele aanleg under siege…the forces of evil are against us…

Of is dit gewoon deur ons eie onkunde dat ons van die begin af onse sielsafval in die verkeerde drom gegooi het?