Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blog maniere of giere?

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek wonder nou…

daar is soveel mense wat onse blogs lees. Die enigste ding is net… Wie is die mense wat ons blogs lees? Diegene wat sommer so stil-stil lees en weer weggaan? Die wat nie eers ‘n voetspoor van ‘n halwe gedagte agterlaat nie…

Maar ek dink blogmense het baie goeie maniere. Veral diegene wat my vorige inskrywing gelees het, en verby laat gaan het.  

Ek is effens hartseer omdat daar nie eers een persoon in hierdie hele wye blog is wat van ou Blues hou nie…

Sug,

En dit ter wille van goeie maniere dalk?

J

(Ons is amper oppad)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die blou van Blues

Desember 27, 2010 in Sonder kategorie

Blues val nou wel nie in almal se kleurskema nie. Maar omdat almal hier nou op die bandwagon ry, wil ek vir

‘n wyle ook saamry.

Sonny Terry en Brownie McGhee het as duo gedurende 1940 tot 1970 opgetree.

Waarskuwing, hierdie links moet nie deur mense oopgemaak word wat geen waardering het vir die

ware opregte rou klanke van blues nie. (onthou, sonder stereo, sonder ‘kom ons dokter die klanke reg’ tegnologie)

Hierdie is so na aan die originals as wat jy ooit sal kry.

Geniet dit vir die wat dit sal waardeer.

My GUNSTELING!

http://www.youtube.com/watch?v=88A-x2Qk9T0

God and Man

http://www.youtube.com/watch?v=M0kjUW5T_qE&feature=related

Sonny Terry & Brownie McGhee

http://www.youtube.com/watch?v=CgWhxB5EkmQ&NR=1

Walk on

Profile photo of VozSola

by VozSola

Om tuis te kom.

Desember 27, 2010 in Sonder kategorie

Om twee jaar te wag vir verskeie omstandighede om vir ‘n slag in harmonie op dieselfde tyd in dieselfde rigting te trek is sowaar ‘n lang tyd.

Maar uiteindelik het dit so uitgewerk dat ons weereens môre middag die N4 pad na die ooste aandurf…hierdie keer draai ons by Machado af, ry Badplaas net-net mis en neem die bergpas na onder…Barberton.

Ek kan al my Ma se kombuis ruik. Skaapboud in die oond. Die lekkerruik badkamer en snoesige bed. My Pa se aftershave. Lekker giggel oor ‘n Wimpy koffie. Lang-ou-stories van my Pa se jongdae.

Laeveld lug in asem. Paragliders met die verkyker dophou. Deur die ou dorp te stap. Miskien ‘n ou bekende of twee raakloop.

Kleinding my ou laer en hoërskool gaan wys. Ons ou speelplekke en as dit veilig genoeg is, die tonnel gaan wys. Die twee spookhuise. (een waarin ons gebly het)

My menswees fondasies lê steeds in Barberton.

Dit sal altyd ‘home’ wees.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wie sou kon dink…

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

dat die Queen ‘n closest sport fanatic is. Dat die Pope so amper aan die slaap ‘n vreeslike ongeesdriftige kersboodskap sou lewer. Dat alle krieket kapteine en hulle afrigters hulle naels kou net as live tv in zoom.

Dat die grootste aardbewings gedurende Desember en Maart jaarliks plaasvind, die grootste vloede, meeste reën en gehardste droogte ook net in hierdie tyd plaas vind.

Die meeste moorde word in die tyd gepleeg. Die meeste selfmoorde vind gedurende Desember en Maart plaas. Die geboorte van geldmaakskemas vind jaarliks ook in hierdie tyd plaas.

Ek wens soms dat Afrika net ‘n dag in die UK kon wees…as daar een lyk gevind word…word dit onmiddelik wêreldnuus. As een kind vermis word, word dit wêreldnuus…Van begin tot einde. In Afrika gee hulle nie meer om vir nog ‘n vermiste kind of ‘n lyk in ‘n dam nie. Miskien wel genoeg vir ‘n one-liner in ‘n vergete nuusberig. Dis al.

Die enigste verskil is dat slegs in Desember neem ons werklik notisie van gebeure…en onthou dit vir ‘n rukkie…dan vergeet ons weer. Hoekom? Nie omdat dit in die krismas spirit van dinge is nie of enige ander ‘ek gee skielik om’ brainshift nice…dit is bloot omdat meer mense op dieselfde tyd wêreldwyd met verlof is.

Maar, ek wonder of dit net ek is…en met die kort vakansie en die laataand terugkeer op ou-kersaand dat ek êrens die krismas spirit verlê het. Die tradisionele ou-kersaand ete het bestaan uit ‘n koffie en toebroodjie by ‘n N4 garage-piepie-stop oppad huistoe. Kersfees ete het bestaan uit wat ookal Woolies by die Engen garage oor gehad het om te koop…

My cellphone het net vier xmas sms gehad. Een van ‘n SêNetter. Een van ‘n blogfamilie (dankie julle!!) en twee van vriende. Dis al. Maybe I’ve been naughty and not so nice…

Ons kersboom was maar vaal sonder die gekleurde papier pakkies. (Ons het ‘n duur familie geskenk voor xmas aangeskaf en was mos met vakansie)

Reported Missing:

As iemand my xmas spirit sien rond dwaal…gee hom asb my address sodat hy nie volgende jaar my weer in die steek laat nie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

My Kersverhaal

Desember 25, 2010 in Sonder kategorie

Foto’s vanuit ons baie kort Vakansie album.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gedagtes op wiele

Desember 23, 2010 in Sonder kategorie

Stilte doen snaakse goed aan mens. Baie snaakse goed. Vreemde plekke ook…dit veroorsaak vreemde drome in donker plekke soos die volmaan agter die wolke skuil.

As die mooiste perfekte mooi ook die hartseerste kan lyk…verstaan ek nie. Hoekom my oë agter die lens van hierdie foto nat geword het, sal net somber gedagtes alleen weet.

  

Maar een ding is seker…daar is altyd iemand wat jou sien…al dink jy nie so nie. Die lewe en die se mense sal altyd spy vs spy speel…soos kleinding hier met my gedoen het.

Weet een ding, dat in hierdie moderne tye, in die jaar 2010 is daar soms steeds gedagtes op wiele wat die lewe aan die draai hou.

Ps. Hierdie foto is “for real” by Lower Sabie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Blogsfights se vuurvliegie

Desember 22, 2010 in Sonder kategorie

Bestemming is bereik.

Dis nie die groot goeters nie….

Ook nie die klein goeters nie….

Mooier dinge gebeur as die vuurvliegies uitkom om te speel…

Happy holidays…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Holiday versus Vacation

Desember 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek gaan elke jaar met holiday…maar hierdie jaar vir die eerste keer in nege jaar met vacation.

Ons ry môre oggend Kruger Park toe. Gaan tot Vrydag by Lower Sabie uitspan.

Tot dan…Happy holiday vir julle…en geniet die vacation vir sommige ander.

…ek wonder tog of oë gedagtes kan verraai…?

…veral as mens diep ingedagte sit en boek lees soos Kleinding hier doen…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kaalvoet oor die wit blad

Desember 19, 2010 in Sonder kategorie

(nie vir almal se oge nie…en soms word mooi wit bladsye met dorings besaai)

Die koerante moet aangekla word van deforestation. Dit is ‘n moerse mors van goeie bome om kak op te druk. Hierdie stelling geld vir Sondag koerante en enige gedrukte baldsy met Steve en Joost en hul se gades en se kinders. Regtig waar! Die Huisgenoot is heel bo aan die lys. Ek dink hulle behoort 50% van hulle se inkomste aan die Amazon te skenk!

Ek sal graag met Steve ‘n koppie koffie drink. Ek wil aan hom vra, wie de moer is dood en het hom as spokesperson aangestel om sommer namems Afrikaners te praat. Jammer, Maar hy stel my as Afrikaner vrou in die verleentheid met sommige van sy stellings. Sy sienswyse is nie myne nie, maar omdat hy toevallig wit is, ‘n middeljarige man is…en saam met Zuma vleisbraai en agteraf kak praat, maak nice van hom ‘n hero of verlosser van die nuwe-agter-die-gordyn-struggle nie. Toevallig is ek ook van die opinie dat hy nie regtig nice kan sing nie. Skryf…ja wel…deesdae kan enige iemand skryf…net soos ons Blog-fundi’s hier op Litnet!

As ek geld, mag, en contacts gehad het, sou ek vandag baie ryk gewees het. Sien, die mens het behalwe kos en water, net twee ander dinge nodig vir oorlewing in hierdie dom-dom wêreld van ons. Twee dinge wat die wêreld ‘n baie beter plek vir almal maak, ongeag, wêreldwyd.

1. Geduld.

2. TLC.

Jammer, ek sukkel nog met die registrasie van die patent, die inhoud, die verpakking, verspreiding en bemarking daarvan.

Ons het ‘n lekker bui reën gehad vanmiddag. Kleinding het met onse nuwe toy gespeel en trots self hierdie mooie foto geneem. Dit was slegs sy 3de foto met die kamera. Ek dink hy is beter as ons. Kinders word deesdae met super SD memory cards instead van brains gebore. Maak nie saak hoe ons probeer nie, hulle het nog nie ‘n plug and play vir onse brains gemaak nie…juis hoekom ons so sukkel met tegnologie…

Ps….as ek nog eenmaal Jingle bells in ‘n winkel hoor, gaan ek myself aan ‘n deurklokkie ophang… en ek dink dit is sonde om Silent Night in ‘n winkel te speel wat geld maak uit onse swakheid vir wêreldsgoed…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Los veters

Desember 17, 2010 in Sonder kategorie

So ek was ‘n rukkie stil. Nie dat ek gemis was nie. Ek was ‘n bietjie te besig, het nie eers kans gehad om myself te mis nie.

Hoe op dees aarde beplan jy ‘n jaar lank aan ‘n belangrike internasionale byeenkoms, maar ‘n dag voor die besoekers arriveer, soek ju haastig na akkommodasie en vervoer vir 15000 plus mense? Geen wonder hulle kla oor rye vir kos en geen volledige programme om van te praat nie. MAAR… hierdie kort-kennisgewewing besigheid, het vele kleiner besighede van ‘n swart xmas gered. Vir sommige was dit sowaar ‘n blessing wat hulle van ondergang gered het. Ek weet persoonlik van 17 mense wat hierdie jaar wel ‘n geskenk of twee onder die kersboom kan plaas…wat tien dae gelede nie eers ‘n moonlikheid was nie. Hiermee is regtig werk geskep. Ongeag media berugte oor vermorsing van Lotto en taks gelde…het die NYDA seker gemaak dit word onder die regte mense verdeel. Dit is jammer dat niemand dit raaksien nie.

Vandag was ek bevoorreg om weereens ‘n draai te maak by ‘n Staatsdiens instelling. Nasionale Argiewe in Pretoria. Ons werk met heelwat departemente, maar om privaat van hulle dienste gebruik te maak, het my heel verbaas en verras. Uiteindelik ‘n Department wat werk en goeie diens lewer. Alhoewel ek vriendlik gegroet was, gewaarsku is oor effense stadiger diens as gewoonlik, en byvoorbaat verskoning daarvoor aangebied is, met ‘n opsie, wil jy wag of wil jy in die nuwe jaar terug kom? Ek het my kans gewaag om te wag. Ek het my lys nommers ingehandig en rustig gaan sit en wag. Skaars tien minute later kom my trollie met bestelling daaraan. Kon darem kry waarna ons gesoek het. Sommige van die ouer documente (154 jaar plus) is effens broos, maar die res is uiters goed bewaar.

Nou ja, ek is uiteindelik ook met verlof. Dit was ‘n lang jaar gewees. ‘n Harde jaar gewees. ‘n Moeilike jaar gewees…’n Hartseer jaar gewees. Ek is dankbaar hierdie jaar staan einde toe. Alhoewel ek weet die enigste ding wat hierdie jaar met volgende jaar gaan vervang, is nie ‘n sonopkoms nie, ‘n bottle bubbly nie, een uur na die volgende nie, een minuut na ‘n volgende nie. Al wat 2010 van 2011 sal skei…’n slegs ‘n tik van een enkele sekonde…

Gaan daardie sekonde ‘n verskil maak…nee, ek glo nie…want selfs nou tik-tik die sekondes af…en tyd het nie ‘n nuwe jaar nodig om ‘n lewe te verander nie…dit neem net ‘n skuif van nog ‘n sekonde in tyd.