Jy blaai in die argief vir 2010 November.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Gister se vandag maak van eergister ’n droom

November 30, 2010 in Sonder kategorie

  

Om in gister se kop te klim en die sleutel van binne soos Briekaandraai se vastrap

onder die balk wegsteek, en stof weer voor jou deur kom lê. Die huis se kykers het

met een oog jou beloer terwyl die ander nog by gister sloer, ‘wyle niksheid

tussen skoorsteenroet volle dust bunnies soos orbs in son wil dans…tot dan bly

gister net so waar.

 

 

Dis al wat ek vandag te sê het.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Donderweer mense

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Ken jy ook sulke mense? Daai wat broei en broei en dan draai en terugdraai en dan skielik uit die bloute met blitse en donder oor jou kom reën? Snaaks genoeg, moes jy dit verwag het, want die weerberug het tog mos 20% kans op verspreide buie voorspel…tog voel dit of dit eerder die 80% van geen kans, spesiaal vir jou oorgehou het.

So lees ek toevallig die volgende vanoggend raak terwyl ek skuil-skuil van kamer tot stoep onder ‘n broeiende storm probeer uitvlug.

“Have you ever felt bad or depressed for no apparent reason, almost as if affected by the weather of wind? … but it is now believed that mood changes are caused by changes in the ions during storms.” …ions are individual atoms that have either lost of gained an electron. Positive ions are the ones that make us feel bad, as they are ions that have lost electrons, while negative ions make us feel good. “ Scotly Valadao – Animal Talk magazine – December edition

 

Toe die vreemde storm sy eerste blits in my rigting slaan, vlug ek uit die omgewing. Ek was nog maar altyd bang vir swaar weer.

Ry vir ‘n wyle rond, verby daardie ‘ag voel jammer vir my kinders’ by die verkeersligte. Maar toe hy wou vra en sien my trane is meer eg as syne, seg hy; “sorry miesies” en loop verby.

Met ‘n paar koppie koffies, onder die sinkdak (want die weer broei en wolke raak donker en ek gaan dan liewers nie onder my boom sit nie – bang vir weerlig) en raak verlore in;

“Slegs die onmisbare is voorhande _ ‘n tafel, ‘n paar stoele, bedde, ‘n rusbank en wakiste, waarin die beste klere en kosbaarhede gehou word. Klere is uiters eenvoudig. Leer word self gelooi en skoene hieruit vervaardig. Die voedsel is volop, maar eentonig. Vleis, met brood, stampmielies en melk is die stapelspyse. Groente word selde gebruik, maar die nasionale drank, koffie, daarenteen die hele dag deur geniet.”

 

“Elkeen van die oorspronklike emigrante kry twee plase, later aankomelinge een plaas vry. Die grense van plase word vasgestel deur vier uur te perd op ‘n vinnige stap in ‘n vierkant te ry _ ‘n subjektiewe grondslaf wat tot oneindig veel buretwis lei. So ‘n plaas het ‘n omvang van ongeveer 3,000 morge…”

 

“Reeds in 1855 stel die Volksraad ‘n bedrag van £50 beskikbaar vir die bou van ‘n pad van Harrismith tot aan die Drakensberg.   …Daar die vebetering van die verkeersweë hoofsaaklik tot voordeel van die Natalse handelaars strek, beskou die regering van die Vrystaat dit billik om hulle met instandhouding van die weë te belas. Belastings word op die gebruik van die ponte gehef en tolhuise word op geskikte plekke opgerig. In die begin was die gelde hoog en willekeurig, maar met verloop van tyd is vaste tariewe ingestel…”

Uit: Geskiedenis van Suid-Afrika (Deel II) Tweede druk – 1955

 

Daar sit ek en wonder, wie op dees aarde ons skuldig moet bevind aan die ideologie van tolpaaie, as ‘n stowwerige wapad in 1855 reeds daaruit munt gelsaan het. Die Vrystaaters natuurlik!!

Dan ook moet jy nou ten duurste betaal vir ‘Your acre of Africa” in die wildtuin, en nog twee arms en bene vir een om jouse huisie te bou, nervermind ‘n perd aan te hou, – een wat nie vier ure mag harloop in ‘n vierkant wat jou plaas afmerk nie, maar eerder ‘n poedelhond wat vier by vier meter heen en weer voor jou heining tevrede moet wees.

So met die denke en prentjies van die verlede, sien ek die wolk het my gevolg. Ek probeer hard om met ‘n grappie of twee die lug te suiwer, maar die wolk skiet steeds blitse in my rigting. En belsuit dan om huiswaarts te keer.

Ek ry met ‘n petrol liggie en genade terug in Atterbury, tot by my petrol stasie (creature of habit, gaan staan eerder as om by enige ander garage petrol in te gooi) – Maar R34.28 en hulle pompe is droog. Mmm…dis die onweer in die lug.

Ry maar gou om ‘n paar dingetjies by die Spar te koop. Kom terug by die huis. Die weer draai alweer. Die wind waai en ek gaan slaap. Slaap maak alles vir ‘n wyle stil. Toe ek wakker word is dit steeds bewolk, maar die storm het genadelik aanbeweeg.

Ek vind dit so moeilik om donderweer mense te konfronteer. Dis amper soos om onder die hoogste boom gedurende ‘n storm te gaan staan…en hoop jy word nie getref nie.

Ek vlug of gaan slaap eerder. Ek is nie een vir “face your demons” gedurende ‘n storm nie…hulle sê dan juis bly weg van spieëls gedurende ‘n storm. Miskien slaan weerlig wel twee keer in sy eie refleksie?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sielsonde

November 27, 2010 in Sonder kategorie

 

Litnet se godsdiens debat ken geen einde. Woorde is soms magtig, soms weer so onmagtig as dit by onderwerpe soos aborsies kom. Woorde, het ek altyd gedink, is een van die magtigste dinge wat die mens ontwerp het. Dit kan moord pleeg, seer maak, bly maak en beloftes maak.

 

Maar vandag is ek sad om te erken…woorde is soms onvanpas in situasies. Woorde kan soms nie alles sê nie. Daar is ook nie genoegsame woorde om sekere emosies verbaal te verklaar nie. Veral nie op iets so ‘onpersoonlik’ soos blogs nie. (al wil meeste van ons dalk anders glo) Vandag mag ek dalk nie regte woordkeuses gemaak het nie. Vandag het ek dalk nie eers woorde om te sê wat ek wil nie.

 

Ek wil graag ‘n woord fluister oor die geboorte van godsdiens in jou brein. Hierdie debat gaan nou al ‘n week of twee al in die ronte.

 

Ek wonder nou wat maak die Christelike geloof so ‘ongelooflik’ wonderlik. Omdat dit een van die min gelowe is aan ‘n God wat nie letterlik sigbaar is nie. Dit opsigself is ongelooflik wonderlik om soveel geloof sonder werklike sigbare bewyse te dien nie. Lw. Ek sê dit uit die oogpunt van ‘n ongelowige soos iemand dit ander dag aan my genome het. Dit het my aan die dink gesit. Hoe meer ek probeer verduidelik het…hoe meer het ek my vasgeloop aan ‘sigbare bewyse’.

 

Behalwe vir die mensontwepte Christelike tekens soos die kruis, Maria, Jesus…is daar steeds teken of gesig van God nie.

 

Meeste ander gelowe dien sigbare gode, veral die Hindoes. Waar laat dit die Christene om te preek oor die aanbidding van gode? Is Maria ook nie maar ‘n mensgemaakte standbeeld van ‘n mens nie. Is Jesus ook nie maar net ‘n gesig van ‘n mens nie? So ook Krishna, Buddah en vele ander. Insluitend heilige diere soos koeie? Aanbid die Christene ook nie maar soos die ander waarteen hulle preek, ook maar net menslike gode nie?

 

Wat maak Christenskap dan vir ons tasbaar en aanvaarbaar? Geloof alleenlik? Miskien is dit dan juis die probleem waarop Christene teenoor mekaar staan, bou?

 

Net soos Satanisme en ander donker okultiese bewegings, maak hulle dinge vir hulle self tasbaar, en deur dit te doen, is bemagtiging en sien is glo. En glo my, hulle doen dit. Dit is ongelooflik, ‘believable’ en soos ander dag berig is, is daar ‘n groot te kort aan exorcists. As dit dan nie ‘real’ is nie, hoekom dan hierdie groot probleem om geeste uit te dryf?

 

Daar is letterlik honderde verskillende gelowe en bewegings, sommige van hulle donker en vreemd, sommige dieselfde, ander nie. Maar niemand van hulle baklei soveel onder medegelowiges soos Christene nie, vreemd genoeg, is die Afrikaners die hardste fighters van almal.

 

Ek hou my asem op vir ‘n geloofsoorlog. ‘n Derde wêreld oorlog… waar Christene skielik sal besef dat geloof alleen nie genoeg sal wees nie, maar gesamelike geloof eerder meer magtiger sal wees om die stryd te kan oorwin.

 

Maar steeds laat dit my wonder. As mense ‘n gesig aan Maria kon gee, aan Jesus kon gee, hoekom het niemand nog nie ‘n gesig aan God gegee nie? Uit respek? Uit vrees?

 

Hoe lyk God vir jou?

Ek verklaar myself nou woordloos gestrem. 

 

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Toegooidoekies.

November 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek het lank gesoek na ’n beskrywende woord vir die ongelooflike vôkaapies wat met ons land en die wêreld aan die gebeur is.

Ons hanteer elke ding deesdae soos ’n borsvoedende moeder. As jy diskreet jou aksies onder die toegooidoekie doen, gaap almal jou aan en sê dis nie reg om so iets in die publiek te doen nie – dis offensive.

Aan die ander kant, loop die res van bushalte tot ’n ander stop en borsvoed met lekkende tepels en almal dink dis okay…maar trek hulle neuse op vir die spoegdoek op die skouer.

Ek dink dis is hoogtyd dat die regering en wêreldleiers hulle eie nappies change en dat die grootvaders na benede sal daal om hulle se neulende winde uit te vrywe…

Want hierdie ge-burp op die nuusblaaie is regtig ’n verleendheid vir kinders (jeug) wat reeds aanvaar het dat hul ouers (leiers) geen maniere het nie.

Sies vir jou, Suid Afrika.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Profile photo of VozSola

by VozSola

Issues met Tissues

November 25, 2010 in Sonder kategorie

Haai Foeitog

Profile photo of VozSola

by VozSola

Sjo!

November 24, 2010 in Sonder kategorie

Best Laugh Ever
Best Laugh Ever

LOL!!!!!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die drie-been-spinnekop

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Die invasion van hierdie spinnekop is geheel en al bestand teen enige denkbare manier van uitwissing. Waar hulle voorheen net in super-blink hoë geboue voorgekom het, is dit nou so uitgebrei dat dit selfs in gratis parker areas voorkom.

1)Waar kom hierdie spinnekoppe vandaan?

– Hulle het hul ontstaan so saam met die mens gehad. Een van die oudste soort gediertes wat tussen en saam met alle mense lewe.

2) Hoe lyk hulle?

– Onmiskenbaar soos ‘n spinnekop. Maar met drie bene. Hulle kry duisende kleintjies per dag…skrikwekkende spoed hoe hulle oornag kan aanteel.

3) Is hulle giftig?

– Vir die normale voortbestaan van die ‘lewe’ soos ons dit ken, is dit uiters giftig.

4) Kom dit net in SA voor?

– Nee, hulle kom wêreldwyd voor. Maar het die afgelope twintig jaar goed gevestig in Suid-Afrika en vermeenigvuldig teen ‘n duisterse spoed.

5) Hoe raak mens van hulle ontslae?

– Kennis, Insig en ware feite.

6) Is daar enige spesialiste om hulle te verwyder?
– Tans? Nee, die spesialiste is nie immune as hulle per ongeluk gebyt word nie. Die infeksie is uiters aansteeklik.

7) Wat moet jy liefs nie doen as jy op jy afkom nie?

– Vir mense vertel waar hulle wegkruip nie.

8) Wat moet jy doen as jy per ongeluk op so ‘n nes afkom?

– Stil-stil omdraai en net wegloop.

9) Watter emosionele skade het vrees vir hierdie spinnekoppe op ‘n mens?

– Slaaplose nagte. Angstige dae. Mistrust in mense. Afsondering. Oor die skouer loer bangheid.

10)Watter fisiese skade kan hierdie spinnekoppe aan mens aanrig?

– Dit kan jou dood veroorsaak.

Drie-been-Spinnekop

Been Een:           Mag

Been Twee:        Geld

Been Drie:           Oneerlikheid

Ek het vandag op ‘n hele paar afgekom…en as ek iets sou sê; sal nommer 9 & 10 ook vir my ‘n werklikheid word.

Dit is ongelooflik, skrikwekkend en vreeslik maklik om gebyt en aangesteek te word. Ons is net te dom om te sien hoe infected selfs die skoonste huise deesdae is. Ek is skaam en bitter bang om te sê ek weet van ‘n hele paar broeiplekke…maar is gelukkig moreel daarteen beskerm.

Hierdie spinnekop word in koerante en op die nuus as “korrupsie en bedrog” verwys.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Moerbypot

November 21, 2010 in Sonder kategorie

Nee, nie die soort wat jy sorgvuldig teen die laaste twee dae voor maandeinde uit die yskas bymekaar maak en die spens raid nie. Ook nie daai van die laaste aartappels ekstra fyn sny om die meer te maak met gerasperde wortel nie. Ook nie rys (is dit nie amazing as daar niks meer oor is nie, dat daar altyd rys is nie!) Nee wat, ek praat hier van die moerbypot wat omstandighede aan jou uitdeel. Nie bietjie vir bietjie, sorgvuldig in bythappies gesny nie, maar sommer die hele sak patats net so uit die grond! Die hele Fruits & Veg shop op in een dag. En die enigste manier om daardeur te werk, is een aartappel op ‘n slag, een patat op ‘n slag.

Hierdie week was dit al weer my beurt vir die moerbypot. Ek vra so mooi, gee my kans om twee jaar gelede se moerbypot deur te werk…ek kan nie nog een hanteer nie! Die ander een is nog nie eers halfpad klaar verwerk nie!

Daar is niks erger as om twee keer ‘n dag bloedtoetse te moet ondergaan nie, en na drie dae steeds nie te weet wat fout is nie. Om van een dokter na ‘n ander verwys te word, elk met sy eie reeks toetse en bevindings nie. Om te sien hoe iemand vir vyf dae niks eet en voor jou wegkwyn nie. Om ‘n persoon te forseer om water te drink, nevermind die medikasie te neem. Om te sien hoe ‘n persoon vir ure lank hallucinate en drogbeelde in alle werklikheid ervaar.

Maar dan het ek ervaar date en van die beter privaat hospitale in Pretoria se dokterskamers se deure nie vir rolstoele ingerig is nie. Hulle ramps is gemaak vir skateboard toertjies maar nie vir geleende rolstoel onervare persone nie.

Dat apteke mense rip-off sonder om skaam te wees. Ek handig die voorskrif in en wag. Neem ‘n blik poeier van die rak en sit dit op die toonbank neer. Kry die medisyne en betaal. By die huis sien ek hulle het sowaar ‘n hele R24.95 bygesit vir die blik wat R60,49 kos. Toe ek bel en uitvra sê hulle dit is hoe hulle werk. Alhoewel hierdie blik voedingspoeier nie deel van die voorskrif was nie, is dit hoe dit is. Toe ek vra, as ek daardie kaartjie, boksie sjokolade of inskleurboek ook geneem het, sou hulle dan ook “dis hoe hulle werk” as bybetaling laai…word ek afgesny. Moral is, moenie voorskrifte of enige iets anders by Hospitaal apteke koop nie.

Net soos die labs. Ons is skaars weg by die dokter en die lab bel en sê hulle kan nie die toetse uitvoer voor die eerste toetse betaal is nie. Dus, na elke toets moes ek terug ry na die lab en die betalings gaan doen.

Maar ek het ook fantastiese engele gehad. Die girl by die xtrale wat so besorgd was. Die ander wat ‘n kombers aangedra het met nog ‘n aanval van kouekoors. Die swart suster wat geweier het dat ek alleen moes regkom en my streng beveel het om ‘n koffie te gaan drink terwyl sy by hom gewag het vir die xtrale. Die vreemde vrou saam met haar moeder wat uit die bloute vir my gesê het; ‘jy sal okay wees’

Nou ja, met die pasiënt gaan dit sommer beter. Hy eet en drink nou… het nog nie al sy kragte en energie terug nie, maar dit gaan darem tyd neem. Ten spyte van longontsteking (wie weet waar dit oornag vandaan gekom het?) infeksie wat hulle nog nie uitgevind het waar dit geleë is, of die oorsprong daarvan is nie, en die suiker wat wie weet waar vandaan kom (ook sommer so oornag) Ek hoop dinge gaan hierdie week rustiger gaan, want ek is uitgeput…daai soort van uitputting waarvoor geloof en pilletjies nie kan help nie.

Goeie nuus. Na die dood van myse Babetjie verlede maand…is ek nou weer die trotse eienaar van ‘n SPCA aangenome sewe maande oue Dash-hound, nuut gedoop “Shadow” Sy is gietswart met ‘n wit pootjie…en ‘n sagte gees. Miskien is sy op my pad gestuur en nie ek op hare nie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Heartbreaking…nee, gewoon net donners f…ken sad.

November 15, 2010 in Sonder kategorie

die cut and paste weergawe van ‘n volledige Maandag.

moord

bedrog

verkragting

nog bedrog

verskuilde hoop

silly season hunting

toerisme bemarking?

onwettige geluk?

En dit alles op die tuis voorblad om 17h00 op Maandag, 15 November 2010.

…en gee jou hart aan SA…

waar iemand anders se liggie weldra op jou voorstoep sal skyn…