Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Profile photo of VozSola

by VozSola

somebody nobody knows

Oktober 15, 2010 in Sonder kategorie

Profile photo of VozSola

by VozSola

Flink-dink

Oktober 15, 2010 in Sonder kategorie

Profile photo of VozSola

by VozSola

Reinventing the wheel?

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

Jy huil nie hard nie.

Jy lag nie sag nie.

Jy kla waar niemand wil hoor nie.

Vra nie hulp van die wat luister nie.

Die lewe is ongenaakbaar hard.

Die gees ondenkbaar sag met ’n siel wat diep spore laat.

Ons droom deur die dag oor dit wat ons wil hê.

Vergeet die nagdrome oor wat ons reeds het.

Maar die wiel draai steeds.

Soms te vinnig om saam te ry.

Meestal te stadig vir die wat vinnig loop.

Onregverdigheid lê nie in die kondisie van die pad nie,

Maar in die werking van die wiel.

Gladde bande gly dalk moeiteloos oor die oppervlak –

Maar dit is in die stop – waar die meestal faal.

Dis geen wonder dat ek steeds kruip nie.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Tussen blou se drome

Oktober 12, 2010 in Sonder kategorie

Vleg vir my ‘n storie

van ougoud geluk met

silwer strepe vol verlange

blink gestrik

onopgesmuk

Verf vir my ‘n prentjie

‘n Van Gogh in soveel woorde

klaar geskryf in kleure

sorgelose drome

wasigheid se heil behoud

Vang vir my ‘n engel

wyd geseënde vlerke

delikate bloeisel blare

sagkuns dou se trane

met ‘n glimlag te vervang

©

Profile photo of VozSola

by VozSola

In die leesmandjie

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

Mense is snaakse goed op beste van tye. Een van my gunsteling dinge om te doen, is om vir mense te kyk. Net soos mense dae lank in die wildtuin sal rondry om diere te ‘kyk’ – sal ek rustig êrens gaan sit en mense ‘kyk’. Ons is sowaar creatures van ’n ander aard.

Party mense lees so maklik soos ’n prentjie boek. Ander is so funny soos ’n comic book wat nooit oud word nie. Sommige se letters is soooo groot gedruk, jy kan hulle ’n myl vêr lees. Ander is gewoon in fynskrif, waarvan daar geen official standard font size beskikbaar is nie.

Party se boeke lees soos ’n wetboek se jargon. Sommige soos ‘’n digbundel, en ander soos die Huisgenoot agter die deur. Die meeste wil lees soos die Bybel – maar nie almal verstaan dit soos dit geskryf is nie.

Daar is mooi versierde boeke met leë bladsye. Ou boeke met omgekrulde opgelese bladsye. Boeke met missing blaaie. Boeke met delicate en geskeurde bladsye. Boeke sonder buiteblad.

Dan is daar lekker lees boeke. Sommer net boeke. Happy en sad boeke.

Maar elkeen het êrens ’n geparste blom as boekmerk. Al het die kleur vervaag, bly die bladsye met geur gemerk.

(ag ekskuusie tog vir die Anglikaans – letter-freeze)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Vlerkloos vrye dagboek

Oktober 10, 2010 in Sonder kategorie

Maandag tot Vrydag – Blur van te veel mense, onproduktiewe vergraderings, goeters wat nie werk nie, mense sonder gewetes en swak bewoorde koerant opskrifte met sad, sad stories.

Vrydag aand –agt uur al in droomland.

Saterdag – Oggend mark. Son sit, koerant lees, te veel koffie en fun geselskap.

Middag – die trotse eienaar van ‘n Neil Diamond konsert kaartjie – 3 de ry van voor, centre stage. (oh, en nog een vir my Moeder!)

Laat middag slapie en boek lees.

Sondag – Lunch by die teetuin.

                Middag slapie.

                Speel (kom ons leer iets op die internet)

                Hierdie inskrywing.

                Slaap.

Voel ek skuldig?

          Nee, net vlerkloos vry.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Klein…baie klein…

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

01h57 is die tyd wat die skerm op my foon aandui, toe die lig in die kamer aan geskakel word. Nie net die kamer lig nie, maar onse huis lyk soos die oase van eternal light source in die stikdonker nag. Halfpad deur die u-turn van my droom staar ek na die man in die kamer. Opgerolde sokkies in die hand bekruip hy die muur.

Ek weet ek droom nie, want ek het nog nooit hardop gelag in my droom nie. Teen hierdie tyd is almal wakker, honde ook, bure se honne ook sommer. Wou WTF vra, maar hy wys met vinger op die mond om niks te sê of te doen nie. Steeds kruip hy nader aan die muur. Gooi met ‘n harde hand daai bolletjie sokkies teen die muur.

Teen hierdie tyd kon ek nie anders om te lag nie…en toe…moes ek maar net sug met die besef, muskiet-hunting-season has officially been declared open!

En die ergste van alles, ek word geblameer vir daai muskiet. Dit is my skuld. Net omdat muskiete niks van my hou nie, veroorsaak ‘n overfeed aan die anderkant van die bed.

Haai shame, nê!

Het enige van julle raad – maar s’blief geen gif, spuite, sproeie, roompies of plug-in goeters nie. Al wat ek wil doen is slaap. Muskiete pla my nie. Maar hulle pla ander wat om die beurt my pla.

Ps. Dink julle slegs snorkende mense trek muskiete aan?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Waar gaan jy wees…

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

…op 02 April 2011?

 

Ek gaan daar wees!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Kyk gou hier!

Oktober 6, 2010 in Sonder kategorie

Bron

Profile photo of VozSola

by VozSola

Goue ringe & Silwer lakens

Oktober 5, 2010 in Sonder kategorie

Ek het menige slagspreuke ingestuur na Litnet se aanvraag – want ek glo aan media vryheid want ek glo ek het die reg tot inligting.

Maar…

Wat ek nie wil weet nie is wat openbare/bekende mense tussen hulle goue ringe en wit lakens doen. Nog minder oor hul vuil wasgoed wat oor die bure se draad hang. Ook stel ek nie belang wie wat waar koop nie. Ek gee regtig ook nie ‘n moer om vir hulle se skelmpies en kinders nie. Ek is dus nie ‘n “Mense tydskrif” leser nie. Skindertonge en die se stories is net nie vir my genoegsame belangrike inligting om ‘n veranderlike impak op my lewe te maak nie. Maar dit verander, breek en so nou en dan verbeter dit iemand se lewe…tot hulle dit weer breek. Punt.

Maar…

Die druk en beeld materiaal van slagoffers – bloed bevlek en skoenloos – of die kolle van ‘n nagedagte van ‘n slagoffer is nie vir my aanvaarbaar nie. Dit is teen my morele beginsels van menswees om lyke af te neem, te druk of om beeldsaai. Hierdie nuwe wending om silwer laken mense af te neem – dag na dag is iets wat prikkelde letsels op my gemoed laat. As dit hulle doel is, is dit niks anders as ‘n skrikbewind op die mensegees nie! Dit is onmenslik.

International Media-Moral-van-die-storie: Daar is geen respek vir lewe of dood in die media nie.