Profile photo of VozSola

by

Eina self het alweer die tjank afgetrap

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

Vrydag, een of ander tyd gedurende die helder sonskyn dag het die engele vir Babetjie kom haal. Haar ou-lady honde lyfie stokstyf onder die boom teen die heining agtergelaat. Vyftien mensjare het sy met ons gedeel. Maar eina het alweer my tjank kom steel. Daar is geen trane nie.

Ek haat vir “eina”! Keer op keer as hartseer, ongeag die verlies, naby my kom staan, kom steel eina die trane. Net so, soms helder oor dag, voor almal. Agteraf hoor ek die fluisters van ‘sy’s ‘n geharde mens met geen hart, gevoelloos, emosiesloos en sommer so sonder mens-mens wees’

Hoe verduidelik ek aan ander dat eina my trane steel?

3 antwoorde op Eina self het alweer die tjank afgetrap

  1. Dis jammer Voz!
    Ek verstaan ook van eina wat trane steel.
    Ek het nou nog nie ‘n traan gestort oor Liewe Lizzie se afsterwe nie, maar my hart bloei.

  2. Jy hoef niks aan niemand te verduidelik nie.
    Maar soek eina se bang. As jy kan kry waarvoor eina so bang is sal eina jou trane vir jou moet teruggee.

  3. zephur het gesê op November 1, 2010

    Deel van die gesin is ons troeteldiere

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.