Profile photo of VozSola

by

Net nogge leë klingeling ommi nek.

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

 

 

 

Ek verstaan die Huis, paleis, pandok beginsel. Ek verstaan die integrasie van mense in hierdie vasgestelde ‘onsigbare’ grense.

 

Vryheid is ook soms ’n meulsteun. Hoe meer groei, hoe meer geld, hoe meer keuses, hoe meer korrupsie.

 

Demokrasie kom geseënd met al sewe soorte sondes verskuil as nuwe vooropgestelde geloftes. Dat mens skeel na die lewe moet kyk, anders sien jy te veel raak.

 

Stilbly is soms die beste antwoord maar dat vele stemme tesame ’n veel groter geraas maak.

 

Hulle mors miljoene op nuwe hotelkamer-tronke om die sondiges gerieflik te huisves, wyle die ander wat lewenslank moes sit, binnekort vrygelaat gaan word.

 

Moord is deesdae goedkoper as bankroof.. Verkragting is goedkoper as ’n ingevoerde prostituut. Bier is goedkoper as koue tee en pere het lankal nie meer ’n appel se prys nie. Ingevoerde water in ’n bottel is ’n noodsaaklikheid. Varkvleis is duurder as buurman se hond, hulle tv ook sommer saam met die kleinjies se toys. Lakens op ‘n wasgoeddraad word oordag ’n ander se venster gordyn.

 

Miljoene maal miljoene rande wordop ‘procedures to investigate the previous procedures to reinstate the old procedures’ spandeer…Audit van verlede jaar neem ses jaar om te ‘investigate, bloot om iemand skramsweg oor die vingers te tik en ‘’n “ja-ekskuus” briefie te teken. Rande het deesdae meer as die genoegsame nulle om die “extra”nul op die kontrak te emphasize.

 

Polisie vermoor mense. Kinders vermoor ouers. Ouers vermoor hulself.

 

En ons, ons lag darem nog vir onsself omdat ons te stupid is om die snelweg te wil neem in onse stadige tien jaar oue afbetaalde kar en dan kla omdat ons so baie mis van die vinnige lewe hier op die agterpaaie van moraliteit en pothole van uitgeteerde waardes!

 

Die wiel draai altyd… so sê die slim mense…

 

Maar ek hou my veel eerder dom en vra…wie de f*k het die wiel vir hierdie kind gedraai?

 

Foto Bron

4 antwoorde op Net nogge leë klingeling ommi nek.

  1. Oi-yoi-yoi. Maar dis altyd die kinders wat suffer vanweë die grootmense se kak.

  2. bloukaap het gesê op Oktober 29, 2010

    eina eina eina

  3. bloukaap het gesê op Oktober 29, 2010

    eina eina eina

  4. Wat is die probleem – as dit ‘n Suid Afrikaanse kind is, dan het sy ouers die reg op ‘n huis, en ‘n kindertoelaag, en opvoeding vir hom, en noodlenigingshulp, en opvoeding, en…

    Die blote feit dat sy pa die energie bymekaar geskraap het om sy ma te spyker, gee hulle al die goeie regte. Moet tog net nie vra dat die pa iets moet bydra nie – dit sou onmenslik wees.

    Fok. Ek gaan Murphy vra of ek haar stomp byl kan leen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.