Profile photo of VozSola

by

True Emotions in woorde (vir Maankind)

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

 

 

 

Afguns:

“Wat myne is, is myne – Wat joune is, is ook myne”

(the green-eyed monsters’ paper on marriage in community of property!)

 

 

Woede:

As die totaliteit van onverwerkte ware emosies saamsmelt in die pot van mosaiëk besaaide stukkies onvergifnis en die oorverhit en die wêreld besaai met harde woorde en harde stampe bloot omdat hierdie drukpot nie ’n gepaste deksel kon kry om die lewe van woede te bevry.

 

 

Vrees:

As die koue vingers van die sigbare onbekende jou hart omklem en jou longe se lug uitdruk sodat jy snakasem geen relevante in jou realiteit meer beleef. Is dan wanneer die vrees vir vrees keer op keer herleef, met elke herlewing groei die monster van vrees tot vrees die elende van bestaan saam-saam verby snel.

 

 

 

Hartseer:

As die suur kol-kol brand agter oë wat nie meer kan traan en salpetersuur voete wandelpaaie deur jou siel se moeras trap tot waar die vlaktes van niks voor jou gees kom lê, sodat heinneringe soos koue wind jou van agter dryf en die warm son oor die horison jou lewe brandend van voor keer. Is dan wanneer geen meer sterre vir jou verskiet.

 

 

Liefde:

“…en die grootste hiervan is die liefde.”

 

3 antwoorde op True Emotions in woorde (vir Maankind)

  1. TS het gesê op Oktober 27, 2010

    Sjoe ja! Ek hou hiervan

  2. Druktyd het gesê op Oktober 27, 2010

    SO goed geskryf!!! Ek hou baie hiervan!

  3. Baie mooi gestel Voz!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.